Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

739 1994(1) SA 387 (C). 345 Hoewel die besluite geneem deur die Nasionale Vervolgingsgesag nie onderhewig is aan administratiewe geregtigheid nie, is die nodige kontrolemaatreëls wel ingevolge Artikel 179(2) – (5) deur die Grondwet ingebou. Hierdie artikel omskryf verskeie reëls en prosedures vir die uitoefening van die vervolgingsfunksie en kan tereg beskou word as ʼn alternatiewe bron van grondwetlike verantwoordbaarheid in verhouding met die reg op administratiewe geregtigheid. Besluite om te vervolg is dus nie geheel en al buite die bestek van hersiening geplaas nie. Daar is aparte wetgewing wat hierdie hersieningsproses hanteer. Die National Prosecuting Authority Act, 32 of 1998 verleen ʼn hersienbare diskresie aan aanklaers. Dit word duidelik toegelig deur die saak van Highstead Entertainment (Pty) Limited t/a “The Club” v Minister of Law and Order. Die hof beslis : “It is not, however, a discretion which is beyond the jurisdiction of the Court. Thus, if the Attorney-General has exercised his discretion in a way which would be regarded, in terms of Shidiack v Union Government (Minister of Interior) 1912 AD 642, as improper, that exercise of discretion is assailable in the Supreme Court.” 739 Beslissings deur aanklaers kan wel vir legaliteit hersien word as ʼn direkte grondwetlike aangeleentheid, eerder as ʼn aangeleentheid ingevolge PAJA. Die hoofoogmerk was nie om besluite van aanklaers om te vervolg onhersienbaar te maak nie, maar om dit wel nie aan hersiening ingevolge PAJA bloot te stel nie. 4.8.7 ʼn BESLUIT MET BETREKKING TOT ENIGE ASPEK VAN DIE AANSTELLING VAN ʼn REGTERLIKE BEAMPTE DEUR DIE REGTERLIKE DIENSTEKOMMISSIE Dit is onseker hoekom hierdie uitsluiting voorkom. Dit kan dalk wees dat die besluit gemotiveer was, omdat besluite wat deur die beamptes geneem sal word, naby aan judisiële bevoegdheid grens. Dit is slegs maar ʼn onoortuigende bespiegeling. Die Regterlike Dienstekommissie is ʼn staatsorgaan, wat sy bevoegdhede aan wetgewing ontleen. Sommige van hierdie kommissielede is wel regters, maar hierdie kommissie vervul nie judisiële funksies nie. Kritiek kan uitgespreek word oor hierdie besluit. Regterlikedienskommissiebesluite is wel administratiewe optrede, ingevolge Artikel 33 van die Grondwet

346 en die blatante uitsluiting daarvan in PAJA vernou die omvang van administratiewe geregtigheid. Hierdie uitsluiting moet so ver as moontlik beperkend uitgelê word. Terwyl die beraadslagingsproses van hierdie kommissie beskerm moet word en onderhewig gestel word aan die beveiliging van legaliteit soos verskaf in die Grondwet, moet ander handelinge van die kommissie wel onderhewig gestel word aan die reg tot administratiewe geregtigheid. Indien die uitsluiting slegs van toepassing is op die aanstelling van regters, kan daarmee saamgeleef word. Besluite van die Regterlike Dienstekommissie, ingevolge Artikel 177 van die Grondwet rakende die gedrag en onvermoë van regters, sal sekerlik aan PAJA onderhewig wees. 4.8.8 ʼn BESLUIT GENEEM, OF VERSUIM OM ʼn BESLUIT TE NEEM, KRAGTENS ʼn BEPALING VAN DIE PROMOTION OF ACCESS TO INFORMATION ACT, 2000 (WET NO 2 VAN 2000) Hierdie uitsluiting spreek egter vanself. Besluite ingevolge die Promotion of Access to Information Act geneem, is nie ingevolge PAJA hersienbaar nie. Dié Wet bevat sy eie hersieningsmeganismes, vereistes vir die verskaffing van redes en prosedures vir die oorweging van besluite om inligting te verskaf. Besluite ingevolge hierdie Wet geneem, moet voldoen aan regmatigheid, redelikheid en prosedurele billikheid en hoef dus ingevolge PAJA nie hersienbaar te wees nie. Daar word ingevolge Artikel 32 van die Grondwet apart gehandel met die verskaffing van inligting. Die Wet kan onafhanklik staan, en die hersienbaarheid van besluite, soos PAJA, hanteer. 4.8.9 ʼn BESLUIT GENEEM, OF VERSUIM OM ʼn BESLUIT TE NEEM KRAGTENS ARTIKEL 4(1) VAN DIE WET (PAJA) Artikel 4(1) van PAJA gee aan amptenary ʼn diskresie om te besluit welke prosedure gevolg moet word, wanneer ʼn besluit geneem word wat nadelig vir die publiek mag wees. Hierdie uitsluiting is gemik om hersienings van die besluite oor prosedures te beperk. Die uitsluiting van Artikel 4(1) van PAJA se definisie van administratiewe handeling vrywaar nie die amptenary van die grondwetlike verpligting wat hulle opgelê word om wel ʼn besluit te neem welke prosedure gevolg gaan word nie. Die uitsluiting beteken slegs dat daar nie ʼn hersieningsremedie beskikbaar is deur PAJA aan verontriefde partye ingevolge besluite geneem in terme van Artikel 4(1) nie, of om aan hulle redes vir sodanige besluite te verskaf nie.

346

en die blatante uitsluiting daarvan in PAJA vernou die omvang van

administratiewe geregtigheid. Hierdie uitsluiting moet so ver as moontlik

beperkend uitgelê word. Terwyl die beraadslagingsproses van hierdie

kommissie beskerm moet word en onderhewig gestel word aan die

beveiliging van legaliteit soos verskaf in die Grondwet, moet ander handelinge

van die kommissie wel onderhewig gestel word aan die reg tot

administratiewe geregtigheid.

Indien die uitsluiting slegs van toepassing is op die aanstelling van regters,

kan daarmee saamgeleef word. Besluite van die Regterlike

Dienstekommissie, ingevolge Artikel 177 van die Grondwet rakende die

gedrag en onvermoë van regters, sal sekerlik aan PAJA onderhewig wees.

4.8.8 ʼn BESLUIT GENEEM, OF VERSUIM OM ʼn BESLUIT TE NEEM,

KRAGTENS ʼn BEPALING VAN DIE PROMOTION OF ACCESS TO

INFORMATION ACT, 2000 (WET NO 2 VAN 2000)

Hierdie uitsluiting spreek egter vanself. Besluite ingevolge die Promotion of

Access to Information Act geneem, is nie ingevolge PAJA hersienbaar nie.

Dié Wet bevat sy eie hersieningsmeganismes, vereistes vir die verskaffing

van redes en prosedures vir die oorweging van besluite om inligting te

verskaf. Besluite ingevolge hierdie Wet geneem, moet voldoen aan

regmatigheid, redelikheid en prosedurele billikheid en hoef dus ingevolge

PAJA nie hersienbaar te wees nie.

Daar word ingevolge Artikel 32 van die Grondwet apart gehandel met die

verskaffing van inligting. Die Wet kan onafhanklik staan, en die

hersienbaarheid van besluite, soos PAJA, hanteer.

4.8.9 ʼn BESLUIT GENEEM, OF VERSUIM OM ʼn BESLUIT TE NEEM

KRAGTENS ARTIKEL 4(1) VAN DIE WET (PAJA)

Artikel 4(1) van PAJA gee aan amptenary ʼn diskresie om te besluit welke

prosedure gevolg moet word, wanneer ʼn besluit geneem word wat nadelig vir

die publiek mag wees. Hierdie uitsluiting is gemik om hersienings van die

besluite oor prosedures te beperk.

Die uitsluiting van Artikel 4(1) van PAJA se definisie van administratiewe

handeling vrywaar nie die amptenary van die grondwetlike verpligting wat

hulle opgelê word om wel ʼn besluit te neem welke prosedure gevolg gaan

word nie. Die uitsluiting beteken slegs dat daar nie ʼn hersieningsremedie

beskikbaar is deur PAJA aan verontriefde partye ingevolge besluite geneem

in terme van Artikel 4(1) nie, of om aan hulle redes vir sodanige besluite te

verskaf nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!