02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

342

maak van by-wette ten opsigte van kindersorg, fasiliteite, of die privatisering

van sleuteldienste, soos vullisverwydering, soos gelewer deur die

munisipaliteite.

Die grootste deel van munisipale werk word wel in PAJA se definisie van

administratiewe handeling ingesluit. Hierby word ingesluit die uitvoering van

nasionale, provinsiale en plaaslike wetgewing. Die besluite van munisipale

administrateurs ten opsigte van Deel B van plaaslike regeringsfunksies en die

implementering van wetgewing word in die definisie van administratiewe

handeling ingesluit.

4.8.4 DIE WETGEWENDE FUNKSIES VAN DIE PARLEMENT, ʼn PROVINSIALE

WETGEWER OF ʼn MUNISIPALE RAAD (MUNISIPALITEIT)

Die rede vir hierdie uitsluiting kan gevind word in die leerstuk van die skeiding

van magte. Die wetgewende funksies en administratiewe prosesse hieraan

verwant, kan die regering aanbetref, uitgesonder word, aangesien dit aan

verskeie ander kontrolemeganismes onderworpe is. Die administratiewe

geregtigheidsklousule se hoofoogmerk is om te dien as ʼn

kontrolemeganisme vir handelinge verrig deur amptenary, maar by

wetmakende handelinge is dit die definisie van administratiewe handeling

uitgesluit.

In die Fedsure-saak hierbo genoem, het die Konstitusionele Hof beslis dat

begrotingsbesluite geneem deur ʼn munisipale raad ʼn wetgewende handeling

daargestel het en nie ʼn administratiewe handeling soos deur Artikel 24 van

die Interim-Grondwet voorgeskryf nie. Die rede vir dié besluit word gevind in

die feit dat dit geneem is deur ʼn verkose wetgewende liggaam, wat self deur

die Grondwet in die lewe geroep is. Die administratiewe

geregtigheidsklousule was nie hier van toepassing nie, aangesien dit

oorspronklike en nie gedelegeerde wetgewing was wat ter sprake gekom het.

Die Fedsure-saak tref ʼn duidelike onderskeid tussen daardie besluite wat

wetgewend van aard is, en beraadslaging verg van die wetgewer soos deur

die Grondwet opgelê en die besluite wat nie hieronder tuisgebring word nie.

Dieselfde redenasie is in die Ed-U-College-saak gevolg, waar

begrotingswetgewing die lig gesien het, wat bepaal het hoe publieke fondse

toegeken en verdeel moes word. Die handeling is as wetgewend van aard

gesien en het derhalwe nie onder die definisie van administratiewe handeling

geval nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!