Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

327 Mureinik715 wys daarop dat die Suid-Afrikaanse Administratiefreg dekades lank gehuiwer het tussen die ontnemingsteorie van natuurlike geregtigheid en die vasstellingsteorie. 716 In die ontwikkeling van die leerstuk van regmatige (geregverdigde) verwagting het die howe daarin geslaag om die middeweg te vind, “(by attaching) the right to be heard not only to decisions which deprive one of a legal right, but also to those which deprive one of an expectation resembling a legal right”. Die leerstuk van regmatige verwagting aanvaar die kernidee van die ontnemingsteorie, waarvolgens die reg om deel te hê aan ʼn besluit verleen moet word aan dié wat die gevaar loop om deur die besluit van iets ontneem te word. Die leerstuk brei egter die klas belange wat teen ontneming beskerm word, uit van “strictly legal rules to the near rights that the doctrine recognizes as legitimate expectations” - dit wil sê, die leerstuk brei deelname uit na diegene wat die gevaar loop om van hulle “near rights” ontneem te word. Daar word aan die hand gedoen dat indien die betekenis van “regte nadelig raak” beperk word tot die ontnemingsteorie, ʼn aansienlike aantal administratiewe aktiwiteite van administratiewe optrede, soos omskryf, en die toepassing van Artikel 33 van die Grondwet uitgesluit sal wees. ʼn Persoon wat byvoorbeeld vir die eerste maal om ʼn lisensie, permit, konsessie of ander voordeel aansoek doen, sal dan nie deur die beginsels van administratiewe geregtigheid beskerm word nie, aangesien sy/haar regte dan nog nie gevestig of vasgestel is nie. So, byvoorbeeld, is die toestaan van ʼn tender ʼn administratiewe handeling en moet die beginsels van prosedurele billikheid ook hier toegepas word. Artikel 33(1) van die Grondwet verwys nie na óf die ontnemingsteorie óf die vasstellingsteorie nie - dit sê bloot dat elkeen die reg het op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is. Artikel 33(2) bepaal egter dat elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede, die reg op die verskaffing van skriftelike redes het. Daar kan dus geredeneer word dat die feit dat Artikel 33(1) nie spesifiek van “administratiewe optrede wat regte nadelig raak” melding maak nie, beteken dat ʼn breë benadering gevolg moet word. Sowel die vasstellings- as die ontnemingsteorie moet ingesluit word. Dit wil egter voorkom of die ontnemingsteorie op Artikel 33(2) van toepassing is. Daar kan dalk geredeneer word dat administratiewe optrede tot die ontnemingsteorie beperk behoort te word deur jou op Artikel 33(3)(c) te beroep. Die 715 Mureinik, 1993:35. 716 Die ontnemingsteorie was te eng gewees om geregtigheid in die hand te werk : dit het uitgebreide administratiewe besluitneming toegelaat sonder enige vorm van deelneming aan die besluitnemingsproses en sonder die openbaarmaking van die saak waarop die teenparty hom/haar moet verweer. Hierteenoor is die vasstellingsteorie letterlik te wyd toegepas en sou dit prosedurele beperkings bewerkstellig, wat op sy beurt effektiewe regering in die wiele sou ry.

328 Artikel bepaal dat nasionale wetgewing wat verorden word om aan die reg op administratiewe geregtigheid gevolg te gee, doeltreffende administrasie moet bevorder. Daar kan verder geredeneer word dat die hersiening van administratiewe optrede (waarvoor Artikel 33(3)(a) voorsiening maak) beperk moet word tot gevalle waar regte weggeneem of nadelig geraak is en dat die bevordering van ʼn doeltreffende administrasie slegs kan geskied deur die hersiening van aangeleenthede wat binne die vasstellingsteorie val, uit te sluit. Daar word aan die hand gedoen dat die howe nie hierdie benadering met betrekking tot prosedurele billikheid sal aanvaar nie, omdat die leerstuk van regmatige verwagting nou ʼn aanvaarde regsnorm in die administratiefreg geword het. 717 Artikel 3 van PAJA, wat handel oor prosedurele billikheid ten opsigte van individue, bepaal spesifiek dat administratiewe optrede wat die regte of regmatige verwagting van enige persoon wesenlik en nadelig raak, prosedureel billik moet wees. Hierdie Artikel maak prosedurele billikheid op meer as net regte van toepassing, sodat dit regmatige verwagtings insluit - die vasstellingsteorie. Die vasstellingsteorie het egter sy eie probleemareas. Daar is diegene wat van mening is dat die teorie te wyd strek en daarvolgens ʼn groot las plaas op die regeringsinstansies. Die regering sal sukkel om die beginsel van redelikheid en billikheid van toepassing te maak op alle administratiewe optrede. Dit is verder moeilik om te stry met die waarheid van bogemelde standpunt. Ettienne Mureinik was ʼn sterk voorstander van die vasstellingsteorie, maar hy het ook gou uitgewys dat die howe perke moes stel om te verhoed dat die teorie te wyd toegepas word. 4.6 REGTE In 1994 het Mureinik718 die gedagte geopper dat die Interim Grondwet ʼn brug daargestel het van ʼn gesagskultuur na ʼn regverdigingskultuur, waar daar verwag word dat elke uitoefening van mag geregverdig moet word. 719 Hy wys daarop dat die Handves van Menseregte die regte standaarde van regverdiging verorden - “standards against which to measure the justification of the decision challenged under them.” Die debat oor regte in die administratiefreg word gewoonlik gekoppel aan die teorieë van ontneming en vasstelling. Soos gesien, is die ontnemingsteorie feitlik selfverklarend - regte word nadelig geraak eers wanneer ʼn persoon die een of ander bestaande voordeel of reg ontneem word. Die gevolg van die vasstellingsteorie is 717 Sien in die verband Jenkins v Government of the Republic of South Africa 1996(3) SA 1083 (TK). 718 Mureinik, 1994:31. 719 Hy het die volgende gesê: “If the Constitution is to be a bridge in this direction, it is plain that the Bill of Rights, must be its chief strut. A Bill of Rights is a compendium of values empowering citizens affected by laws or decisions to demand justification. If it is ineffective in requiring governors to account to people governed by their decisions, the remainder of the Constitution is unlikely to be very successful. The point of the Bill of Rights is consequently to spearhead the effort to bring about a culture of justification.”

328

Artikel bepaal dat nasionale wetgewing wat verorden word om aan die reg op

administratiewe geregtigheid gevolg te gee, doeltreffende administrasie moet

bevorder. Daar kan verder geredeneer word dat die hersiening van administratiewe

optrede (waarvoor Artikel 33(3)(a) voorsiening maak) beperk moet word tot gevalle

waar regte weggeneem of nadelig geraak is en dat die bevordering van ʼn

doeltreffende administrasie slegs kan geskied deur die hersiening van

aangeleenthede wat binne die vasstellingsteorie val, uit te sluit. Daar word aan die

hand gedoen dat die howe nie hierdie benadering met betrekking tot prosedurele

billikheid sal aanvaar nie, omdat die leerstuk van regmatige verwagting nou ʼn

aanvaarde regsnorm in die administratiefreg geword het. 717

Artikel 3 van PAJA, wat handel oor prosedurele billikheid ten opsigte van individue,

bepaal spesifiek dat administratiewe optrede wat die regte of regmatige verwagting

van enige persoon wesenlik en nadelig raak, prosedureel billik moet wees. Hierdie

Artikel maak prosedurele billikheid op meer as net regte van toepassing, sodat dit

regmatige verwagtings insluit - die vasstellingsteorie.

Die vasstellingsteorie het egter sy eie probleemareas. Daar is diegene wat van

mening is dat die teorie te wyd strek en daarvolgens ʼn groot las plaas op die

regeringsinstansies. Die regering sal sukkel om die beginsel van redelikheid en

billikheid van toepassing te maak op alle administratiewe optrede. Dit is verder

moeilik om te stry met die waarheid van bogemelde standpunt. Ettienne Mureinik

was ʼn sterk voorstander van die vasstellingsteorie, maar hy het ook gou uitgewys

dat die howe perke moes stel om te verhoed dat die teorie te wyd toegepas word.

4.6 REGTE

In 1994 het Mureinik718 die gedagte geopper dat die Interim Grondwet ʼn brug

daargestel het van ʼn gesagskultuur na ʼn regverdigingskultuur, waar daar verwag

word dat elke uitoefening van mag geregverdig moet word. 719 Hy wys daarop dat

die Handves van Menseregte die regte standaarde van regverdiging verorden -

“standards against which to measure the justification of the decision challenged

under them.”

Die debat oor regte in die administratiefreg word gewoonlik gekoppel aan die teorieë

van ontneming en vasstelling. Soos gesien, is die ontnemingsteorie feitlik

selfverklarend - regte word nadelig geraak eers wanneer ʼn persoon die een of ander

bestaande voordeel of reg ontneem word. Die gevolg van die vasstellingsteorie is

717 Sien in die verband Jenkins v Government of the Republic of South Africa 1996(3) SA 1083 (TK).

718 Mureinik, 1994:31.

719 Hy het die volgende gesê: “If the Constitution is to be a bridge in this direction, it is plain that the Bill of Rights, must be its chief strut. A Bill of Rights is a

compendium of values empowering citizens affected by laws or decisions to demand justification. If it is ineffective in requiring governors to account to

people governed by their decisions, the remainder of the Constitution is unlikely to be very successful. The point of the Bill of Rights is consequently to

spearhead the effort to bring about a culture of justification.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!