Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

323 4.4 GEMAAK DEUR ʼn STAATSORGAAN OF DEUR ʼn PRIVAAT PERSOON/ENTITEIT IN DIE UITVOERING VAN STAATSMAGTE Wanneer administratiewe optrede ontleed word, moet daar eerstens bepaal word welke entiteite bevoeg is om administratiewe optrede uit te voer. Daar moet op hierdie element van die definisie gelet word, aangesien dit verwys na die persoon wat die administratiewe optrede uitvoer, en nie na die aard van die administratiewe optrede, of na die gevolge of effek daarvan nie. 710 Dit is verder ʼn oorvereenvoudiging om te sê dat administratiewe optrede die handeling van die publieke administrasie is. Administratiewe optrede kan ook deur persone/entiteite geleë buite die kader van ʼn publieke orgaan of publieke administrasie uitgevoer word. Dit is egter duidelik dat administratiewe optrede nagekom moet word deur ʼn staatsorgaan, of ʼn natuurlike juridiese persoon in die uitvoering van publieke magte of die nakoming van publieke funksies. In die gemenereg kan ʼn aantal vrae gevra word om te bepaal of ʼn liggaam of orgaan as ʼn staatsorgaan geklassifiseer kan word, en sluit byvoorbeeld die volgende vrae in : Ontleen die liggaam sy bevoegdhede aan wetgewing? Is die liggaam of orgaan deel van ʼn staatsdepartement, soos byvoorbeeld die Departement van Finansies of Onderwys? Verrig die liggaam of orgaan openbare pligte en funksies? Het die liggaam of orgaan die bevoegdheid om hierdie openbare pligte en funksies te verrig? Die probleme wat uit die gebruik van verskillende terme ten opsigte van “staatsorgaan” voortspruit, is grotendeels deur Artikel 239 van die Finale-Grondwet uit die weg geruim. Hierdie omskrywing lui soos volg : “Staatsorgaan beteken - (a) enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer, of (b) enige ander funksionaris of instelling - (i) wat ingevolge die Grondwet of ʼn provinsiale Grondwet ʼn bevoegdheid uitoefen of ʼn funksie verrig, of 710 Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid definieer “administratiewe optrede” soos volg: “any decision … by (a) an organ of state, when - (i) exercising a power in terms of the Constitution or a provincial constitution, or (ii) exercising a public power or performing a public function in terms of any legislation; or (b) a natural or juristic person, other than an organ of state, when exercising a public power or performing a public function”.

324 (ii) wat ingevolge wetgewing ʼn openbare bevoegdheid uitoefen of openbare funksie verrig, maar nie ook ʼn hof of ʼn regterlike beampte nie.” Die volgende word gevind wanneer Artikel 239 van die Finale-Grondwet ontleed word : • Paragraaf (a) van die omskrywing verskaf geen probleme nie. Op nasionale vlak dek dit departemente soos die Departement van Landbou, die Departement van Justisie en ander staatsdepartemente. In die provinsiale sfeer sluit dit ʼn owerheidsdepartement in wat gemoeid is met provinsiale beplanning, provinsiale kultuuraangeleenthede, provinsiale sport en dergelike meer. In die sfeer van plaaslike owerhede sal staatsorgane die beamptes, organe of liggame insluit wat gemoeid is met die sake van plaaslike owerhede soos die regulering van munisipale parke en ontspanningsfasiliteite, verkeer en parkering, die verkoop van sterk drank aan die publiek, ens. • Die President is ʼn staatsorgaan wanneer hy of sy administratiewe handelinge verrig - sien Artikel 84(2)(e). • Die premier van ʼn provinsie, as hoof van die uitvoerende gesag van die provinsie, is ook ʼn “staatshoof”. • Die term “staatsorgaan” kan na ʼn hele departement of slegs na een beampte verwys. • Die terme “funksionaris” en “instelling” in Artikel 239(b) bedoel, word geklassifiseer in dié sin dat die bevoegdheid of funksie ʼn grondwetlike of wetsoorsprong moet hê. Hierdie twee liggame moet dus óf • ingevolge die Grondwet of ʼn provinsiale Grondwet ʼn bevoegdheid uitoefen of ʼn funksie verrig, óf • ingevolge wetgewing ʼn openbare bevoegdheid uitoefen, of ʼn openbare funksie verrig. Die PAJA bevestig dat ʼn staatsorgaan die betekenis het wat in Artikel 239 van die Grondwet daaraan toegeken is. Die Wet omskryf ook “administrateur” as ʼn staatsorgaan of enige natuurlike of regspersoon, wat administratiewe handelinge verrig. Die kabinet (wat deel is van die uitvoerende regeringstak) is ʼn staatsorgaan. Die handelinge van die Kabinet word tradisioneel nie as administratiewe optrede beskou nie en val nog altyd buite die omvang van die administratiefreg. Hierdie tradisionele benadering is behou, deurdat die werksaamhede van die Kabinet spesifiek van die trefwydte van administratiewe optrede uitgesluit word. Hoekom is dit so belangrik om te bepaal of ʼn persoon, liggaam, organisasie of instansie ʼn staatsorgaan is?

323

4.4 GEMAAK DEUR ʼn STAATSORGAAN OF DEUR ʼn PRIVAAT

PERSOON/ENTITEIT IN DIE UITVOERING VAN STAATSMAGTE

Wanneer administratiewe optrede ontleed word, moet daar eerstens bepaal word

welke entiteite bevoeg is om administratiewe optrede uit te voer.

Daar moet op hierdie element van die definisie gelet word, aangesien dit verwys na

die persoon wat die administratiewe optrede uitvoer, en nie na die aard van die

administratiewe optrede, of na die gevolge of effek daarvan nie. 710

Dit is verder ʼn oorvereenvoudiging om te sê dat administratiewe optrede die

handeling van die publieke administrasie is. Administratiewe optrede kan ook deur

persone/entiteite geleë buite die kader van ʼn publieke orgaan of publieke

administrasie uitgevoer word. Dit is egter duidelik dat administratiewe optrede

nagekom moet word deur ʼn staatsorgaan, of ʼn natuurlike juridiese persoon in die

uitvoering van publieke magte of die nakoming van publieke funksies.

In die gemenereg kan ʼn aantal vrae gevra word om te bepaal of ʼn liggaam of

orgaan as ʼn staatsorgaan geklassifiseer kan word, en sluit byvoorbeeld die

volgende vrae in :

Ontleen die liggaam sy bevoegdhede aan wetgewing?

Is die liggaam of orgaan deel van ʼn staatsdepartement, soos byvoorbeeld die

Departement van Finansies of Onderwys?

Verrig die liggaam of orgaan openbare pligte en funksies?

Het die liggaam of orgaan die bevoegdheid om hierdie openbare pligte en

funksies te verrig?

Die probleme wat uit die gebruik van verskillende terme ten opsigte van

“staatsorgaan” voortspruit, is grotendeels deur Artikel 239 van die Finale-Grondwet

uit die weg geruim.

Hierdie omskrywing lui soos volg :

“Staatsorgaan beteken -

(a) enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of

plaaslike regeringsfeer, of

(b) enige ander funksionaris of instelling -

(i) wat ingevolge die Grondwet of ʼn provinsiale Grondwet ʼn

bevoegdheid uitoefen of ʼn funksie verrig, of

710 Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid definieer “administratiewe optrede” soos volg: “any decision … by (a) an organ of state,

when - (i) exercising a power in terms of the Constitution or a provincial constitution, or (ii) exercising a public power or performing a public function in terms

of any legislation; or (b) a natural or juristic person, other than an organ of state, when exercising a public power or performing a public function”.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!