02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

sou werk. Laasgenoemde geval mag selfs verband hou met die reël van uitleg dat waar

daar twyfel is, die mees begunstigde uitleg gevolg moet word.

In verskeie hofbeslissings word ruimskoots verwys na algemene oorwegings van

regverdigheid en billikheid, byvoorbeeld met betrekking tot die uitleg van prosedure-reëls. 44

So ook, in die toonaangewende saak vir kontraktuele terugtreding, Nel v Cloete45 , verwys

Appèlregter Wessels na die “inherente billikheid en praktiese nut van ʼn regsreël wat ʼn

terugtredingsreg aan ʼn skuldeiser verleen waar onredelike vertraging in die vervulling van

ʼn belangrike kontraktuele verpligting plaasvind”. 46

Uit bogemelde is dit duidelik dat die begrippe “billikheid”, “equity” en “aequitas” ʼn

belangrike rol speel in die Suid-Afrikaanse Reg en regspleging, hetsy alleenstaande, of in

samehang met verwante begrippe soos “regverdigheid”, “geregtigheid” of “redelikheid”.

Billikheid of billikheidsoorwegings speel ʼn rol waar daar eerstens leemtes of lacunae in die

bestaande reg is wat aangevul moet word en tweedens, die betrokke regsreël of beginsel

ʼn regsmiddel sou toelaat wat onbillike gevolge in die hand sou werk. In laasgenoemde

geval is die vermoede dat die wetgewer nie onbillike regsgevolge beoog nie, van

toepassing in die geval van wetgewing, terwyl dit as algemene oorweging geld waar dit nie

om wetsuitleg as sodanig gaan nie.

Hoewel morele, etiese en humanitêre oorwegings noodwendig ʼn rol speel by die

omskrywing van wat presies onder die omstandighede billik is, beteken dit nie dat

bestaande reg of wetgewing telkens getoets moet word om te probeer vasstel of dit aan

die regter se begrip van billikheid voldoen nie. Hy mag sekerlik de lege ferenda kritiek

teenoor onbillike reg of wetgewing uitspreek, maar die regter het nie die bevoegdheid om

dit te wysig deur middel van uitleg of aanvulling nie. Die hantering van die begrip

“billikheid” deur regters in hofsake sal later in meer besonderhede aandag geniet, met

spesifieke verwysing na administratiewe geregtigheid en die toepassing daarvan.

Die Suid-Afrikaanse Reg is op die Romeins-Hollandse en die Engelse Reg gebaseer.

Volgens die Romeins-Hollandse tradisie, met sy aanvanklike beïnvloeding deur die

Kanonieke Reg, is die Suid-Afrikaanse Regstelsel ook op grond van billikheid aangepas en

uitgebrei.

Die Engelsregtelike “equity”-sisteem het ʼn aansienlike invloed op die Suid-Afrikaanse

Administratiefreg uitgeoefen. Die administratiefreg is hoofsaaklik Engelsregterlik van

oorsprong. In administratiewe verhore en besluitneming speel billikheid ʼn belangrike rol.

Die hof kan byvoorbeeld uit billikheidsoorwegings die regskrag van ʼn administratiewe

handeling opskort, sonder om eers die geldigheid daarvan te oorweeg.

44 Highfield Milling Co (Pty) Limited v A E Wormald and Sons 1966(2) SA 463 (E) by 465 G-H; De Wet v Western Bank Limited 1979(2) SA 1031 (A) by

1042 G-1043A; Western Credit Bank Limited v Kajee 1967(4) SA 386 (N) by 391 A-B.

45 1972(2) SA 150 (A).

46 Aangaande die Publiekregtelike relevansie, sien Afdeling D, Hoofstuk 6.

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!