Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

307 Verskeie Konstitusionele Hofbeslissings het die afgelope tyd die lig gesien. Hy bevind in SA Metal Machinery Company Limited v Transnet Limited660 dat die tenderprosedure in die onderhawige geval nie administratiewe optrede daarstel nie. In die Aquafund Pty Limited v Premier of the Western Cape-saak661 en die ABBM Printing and Publishing (Pty) Limited v Transnet Limited-saak662 huldig die Hof egter telkens die standpunt dat die tenderprosedure wel as administratiewe optrede beskou moet word. Daar kan saamgestem word daarmee dat regsekerheid nie in die hand gewerk word waar die Konstitusionele Hof teenstrydige interpretasies aan die begrip administratiewe optrede toedig nie. Of sal daar aangevoer kan word dat die feite van bogemelde sake so drasties van mekaar verskil het, dat dit verskillende interpretasies geregverdig het? In die Claude Neon Limited v Germiston City Council-saak663 het die Hof weer bepaal dat die oorweging van die meriete van ʼn tender deur die stadsraad ʼn “purely administrative function” was. In Bushbuck Ridge Border Committee v Government of the Northern Province664 is die Hof van mening dat politieke partye nie aan die reëls van administratiewe geregtigheid gebonde is nie en dus by implikasie nie ʼn administratiewe handeling verrig nie. Daar word egter aan die hand gedoen dat daar in so ʼn geval vasgestel sal moet word wat die politieke en beleidsinhoud van die betrokke optrede is. Die howe is normaalweg nie geneë om met politieke beleidsformulering in te meng nie. Thornton665 meen dat die aard van die reg op regverdige administratiewe optrede afhanklik is van die betekenis van administratiewe optrede. Sy stel voor dat die begrip verbreed moet word om sowel openbare as private administratiewe optrede in te sluit. Volgens haar maak die aard van administratiewe optrede daarvoor voorsiening dat die reg ook teenoor politieke partye afdwingbaar is. Hierdie standpunt kom ooreen met die definisie van administratiewe optrede in die Promotion of Administrative Justice Act wat uitdruklik bepaal dat ook ʼn regspersoon wat nie ʼn staatsorgaan is nie, administratiewe optrede kan verrig. In Premier, Mpumalanga v Executive Committee, Association of State-Aided Schools, Eastern Transvaal666 het die hof beslis dat die besluit van ʼn provinsiale lid van die Uitvoerende Komitee om beurse van staatsondersteunde skole te onttrek, op administratiewe optrede neerkom. In Janse van Rensburg NO and Another v Minister of Trade and Industry NNO NO and Another667 het die hof beslis dat die bevoegdhede wat deur die Consumer Affairs Act, 71 van 1988 aan die Minister van Handel en Nywerheid verleen word om die aktiwiteite van ʼn 660 1999(1) BCLR 58 (W) 65J-66D. 661 1997(7) BCLR 907 (C) 915H-915I. 662 1997(10) BCLR 1429 (W) 1436E-1436G. 663 1995(3) SA 710 (W) 720I-721A. 664 1999(2) BCLR 193 (T). 665 Thornton, 1999:356. 666 1999(2) SA 91 (CC) paragraaf 38. 667 2001(1) SA 29 (CC) paragraaf 24.

308 maatskappy op te skort om sy bates te vries, onderhewig is aan die bepalings van Artikel 33. Sodoende is dit indirek as administratiewe handelinge geklassifiseer. In Permanent Secretary, Department of Education and Welfare, Eastern Cape v Ed-U- College (PE) (Section 21) Inc668 het die hof beslis dat ʼn provinsiale lid van die Uitvoerende Komitee se besluit om ʼn subsidieformule vir onafhanklike skole en ʼn formule hoe die subsidie toegestaan moet word aan te neem, inderdaad administratiewe optrede was. In hierdie saak het regter O’Regan geredeneer dat die toekenning van ʼn bedrag geld aan onderwys deur die provinsie wel ʼn wetgewende handeling was, soos uitgevoer ingevolge die Provincial Appropriation Act 4 van 1997. Die toekenning van ʼn kleiner bedrag (binne die groter bedrag) aan onafhanklike skole was ook wetgewende optrede. Maar die vasstelling van ʼn bepaalde formule hoe die geld toegeken moes word, was natuurlik nie ʼn wetgewende handeling nie. Dit was nie ʼn aangeleentheid wat deur die wetgewer oorweeg of gedebatteer is nie, en het ook nie voortgespruit uit die wetgewing self nie. Dit was ʼn diskresionêre bevoegdheid wat ingevolge wetgewing aan die LUK verleen was. In hierdie hofsaak het die Konstitusionele Hof weer eens sy onderskeid tussen naby verwante besluite met die formulering van besluite (wat nie gewone administratiewe optrede is nie) en besluite wat verwant is aan die uitvoering van wetgewing, herbevestig. Verwysende na die faktore wat in die SARFU-saak oorweeg is, tref regter O’Regan die onderskeid soos volg : “Policy may be formulated by the Executive outside of legislative framework. For example, the Executive may determine a policy on road and rail transportation or on tertiary education. The formulation of such policy involves a political decision and will generally not constitute administrative action. However, policy may also be formulated in a narrower sense where a member of the Executive is implementing legislation. The formulation of policy in the exercise of such powers may often constitute administrative action.” 669 Die besluit van die LUK in hierdie saak het op beleidsformulering in die eng sin neergekom, oftewel binne die raamwerk van wetgewing. Dit was derhalwe administratiewe optrede binne die kader van die Konstitusie. Dit is duidelik dat die Konstitusionele Hof en die Hoër Howe steeds besig is met die definiëring van die begrip “administratiewe optrede”. Dit is veral duidelik, indien daar gekyk word na elke maand se Suid-Afrikaanse Hofverslae. Meer tyd word deur die howe gespandeer om administratiewe optrede te bepaal, as om aandag te skenk aan die begrip “administratiewe geregtigheid”. Kritiek word ook gelewer ten opsigte van die proses 668 2001(2) SA 1 (CC) paragraaf 21 669 2001(2) SA 1 (CC) Paragraaf 18.

307

Verskeie Konstitusionele Hofbeslissings het die afgelope tyd die lig gesien. Hy bevind in

SA Metal Machinery Company Limited v Transnet Limited660 dat die tenderprosedure in die

onderhawige geval nie administratiewe optrede daarstel nie. In die Aquafund Pty Limited v

Premier of the Western Cape-saak661 en die ABBM Printing and Publishing (Pty) Limited v

Transnet Limited-saak662 huldig die Hof egter telkens die standpunt dat die

tenderprosedure wel as administratiewe optrede beskou moet word.

Daar kan saamgestem word daarmee dat regsekerheid nie in die hand gewerk word waar

die Konstitusionele Hof teenstrydige interpretasies aan die begrip administratiewe optrede

toedig nie. Of sal daar aangevoer kan word dat die feite van bogemelde sake so drasties

van mekaar verskil het, dat dit verskillende interpretasies geregverdig het?

In die Claude Neon Limited v Germiston City Council-saak663 het die Hof weer bepaal dat

die oorweging van die meriete van ʼn tender deur die stadsraad ʼn “purely administrative

function” was. In Bushbuck Ridge Border Committee v Government of the Northern

Province664 is die Hof van mening dat politieke partye nie aan die reëls van administratiewe

geregtigheid gebonde is nie en dus by implikasie nie ʼn administratiewe handeling verrig

nie. Daar word egter aan die hand gedoen dat daar in so ʼn geval vasgestel sal moet word

wat die politieke en beleidsinhoud van die betrokke optrede is. Die howe is normaalweg

nie geneë om met politieke beleidsformulering in te meng nie.

Thornton665 meen dat die aard van die reg op regverdige administratiewe optrede afhanklik

is van die betekenis van administratiewe optrede. Sy stel voor dat die begrip verbreed

moet word om sowel openbare as private administratiewe optrede in te sluit. Volgens haar

maak die aard van administratiewe optrede daarvoor voorsiening dat die reg ook teenoor

politieke partye afdwingbaar is. Hierdie standpunt kom ooreen met die definisie van

administratiewe optrede in die Promotion of Administrative Justice Act wat uitdruklik bepaal

dat ook ʼn regspersoon wat nie ʼn staatsorgaan is nie, administratiewe optrede kan verrig.

In Premier, Mpumalanga v Executive Committee, Association of State-Aided Schools,

Eastern Transvaal666 het die hof beslis dat die besluit van ʼn provinsiale lid van die

Uitvoerende Komitee om beurse van staatsondersteunde skole te onttrek, op

administratiewe optrede neerkom.

In Janse van Rensburg NO and Another v Minister of Trade and Industry NNO NO and

Another667 het die hof beslis dat die bevoegdhede wat deur die Consumer Affairs Act, 71

van 1988 aan die Minister van Handel en Nywerheid verleen word om die aktiwiteite van ʼn

660 1999(1) BCLR 58 (W) 65J-66D.

661 1997(7) BCLR 907 (C) 915H-915I.

662 1997(10) BCLR 1429 (W) 1436E-1436G.

663 1995(3) SA 710 (W) 720I-721A.

664 1999(2) BCLR 193 (T).

665 Thornton, 1999:356.

666 1999(2) SA 91 (CC) paragraaf 38.

667 2001(1) SA 29 (CC) paragraaf 24.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!