Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

303 In die gemenereg is daar ʼn wyer interpretasie verleen aan die begrip “administratiewe handeling”. Die gemenereg het die klem laat val op die orgaan wat die handeling uitgevoer het. Indien dit nie ʼn administratiewe orgaan was nie, is daar ondersoek ingestel of die handeling wat die liggaam uitgevoer het, nie juis aan hersiening blootgestel moes word nie. Dit het veral plaasgevind in die dissiplinêre proses van veral sportliggame. Wat die gemenereg aanbetref, sou enige van die volgende handelinge daarop dui dat ʼn owerheidsorgaan die handeling uitgevoer het en dat dit aan hersiening deur die howe onderwerp moes word : • Word die liggaam in die lewe geroep en beheer deur middel van wetgewing? • Voer die liggaam wetgewende handelinge uit? • Is publieke befondsing een van die bronne van die liggaam? • Hoort die liggaam tuis onder die beheer van ʼn erkende openbare gesag? • Rus daar ʼn verpligting op die liggaam om in publieke belang op te tree? Dit is derhalwe duidelik dat die gemenereg ʼn wye betekenis aan die begrip “administratiewe handeling” verleen het. In die verlede, voor die inwerkingtrede van die Interim-Grondwet in 1994, is die hersiening van owerheidsoptrede as belangrik geag, en is die beginsels van hersiening so wyd as moontlik toegepas. Owerheidsoptrede is al hoe meer deur die howe onder die vergrootglas geplaas. Selfs die optrede van privaatliggame het nie die aandag van die howe ontglip nie. Die howe het selfs so ver gegaan as om ook prerogatiewe magte te hersien. 649 Maar hoe ver het die hersieningsbevoegdhede van die howe nou eintlik gestrek? Die howe se beperkingsmeganisme was nie om die definisie van hersieningsbevoegdheid te verklein nie, soos wat duidelik na vore gekom het uit die hersiening van selfs die handeling van privaatliggame. Die howe het gebruik gemaak van die klassifikasieproses van die funksies, om seker te maak dat hersieningsgronde verskillend, of glad nie, toegepas is, afhangende met welke administratiewe optrede ʼn mens te doen gehad het. Administratiewe handelinge was gekategoriseer as wetgewend, judisieel, quasi-judisieel en suiwer administratiewe handelinge. Die klassifikasieproses is ook hewig gekritiseer. 650 Daar was byvoorbeeld geen gronde vir hersiening van onredelikheid vir suiwer administratiewe handelinge nie. Redelikheidstoetse is vuriglik toegepas op “wetgewende” en “judisiële” administratiewe handelinge. So kon slegs “quasi-judisiële” handelinge op grond van die reëls van natuurlike geregtigheid aan hersiening onderwerp word. Die twee grondwette en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid het egter vir ons ʼn totale klemverskuiwing wat “administratiewe optrede” betref, 649 Sien in die verband Hoexter, 2000:501-2. 650 Baxter, 1984:344. Schreiner Judge of Appeal in Pretoria North Town Council v A1 Ice Cream Factory 1953(3) SA 1 (A) 11A-B warned against such categorisation. Corbett Chief Justice in Administrator Transvaal v Traub 1989(4) SA 731 (A) questioned the effectiveness of such categorisation. Milne Judge of Appeal in South African Roads Board v Johannesburg City Council 1991(4) SA 1 (A) 12B-D declared that this categorisation exercise is not an easy one.

304 teweeggebring. Die reg op administratiewe geregtigheid het nie meer so ʼn wye omvang soos wat dit in die verlede gehad het nie. Die Handves van Menseregte verleen nou direkte regte aan die onderdaan/individu. Dit is nie nodig om handelinge soos onregmatige diskriminasie vir hersiening na die howe te verwys nie. Wetgewing is aangeneem en in die lewe geroep om met hierdie probleemareas te handel. 651 Die blote feit dat daar in die gemenereg ʼn wye interpretasie aan administratiewe optrede verleen is, regverdig nie die eng definisie van administratiewe optrede soos dit vervat word in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid nie. Twee aspekte kom na vore. Eerstens kan administratiefregtelike hersiening ʼn groot demper plaas op die optrede van die owerheidsorgaan. Tweedens kan die eng definisie van administratiewe optrede in die Wet vervat, lui dat die owerheid in sy optrede, wat onregmatig kan wees, te veel beskerm word en die onderdaan grootliks verhoed om sy grondwetlike reg soos vervat in Artikel 33 van die Grondwet, ten volle te kan uitoefen. Die vraag kom onmiddellik by ʼn mens op wat die wetgewer nou werklik probeer bereik het met die definisie van “administratiewe optrede”? Gaan dit werklik in die toekoms ʼn bydrae lewer om administratiewe geregtigheid te bevorder, of gaan dit eerder ʼn meulsteen om die nek van die individu wees, wat ingevolge Artikel 33 sy grondwetlike reg tot regverdige administratiewe optrede wil probeer afdwing? Dit is ʼn uitgemaakte saak dat ná die Interim-Grondwet se inwerkingstelling en toe Suid- Afrika ʼn demokratiese bestel betree het, daar wesentlike veranderinge in die Staatsdiensorganisasie plaasgevind het. Baie owerheidsonderdane is in nuwe poste aangestel en verrig tans administratiewe funksies. Hoe gaan hierdie amptenare daarin slaag om die definisie van administratiewe optrede te interpreteer en seker maak dat die uitoefening van die staatsfunksies in ooreenstemming met die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid is. Dit gaan ʼn opdraande stryd meebring, aangesien veral die definisie van administratiewe optrede sekerlik van die omvattendste is, wat ooit in wetgewing teëgekom is. 3. WELKE BETEKENIS HEG DIE HOWE AAN DIE BEGRIP “ADMINISTRATIEWE OPTREDE”? Volgens Van Wyk652 is die uitdrukking “administratiewe optrede” vatbaar vir wye interpretasie. Hy wys daarop dat die Konstitusionele Hof tot op hede egter ʼn beperkte uitleg daaraan verleen het. In Bernstein and Others v Bester and Others NNO653 huldig regter Ackermann die mening dat Artikels 24(a) en (b) van die Interim-Grondwet impliseer 651 Sien byvoorbeeld dié Wet – “Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act”, 4 of 2000. 652 Van Wyk, 1997:249. 653 1996(4) BCLR 449 (CC).

303

In die gemenereg is daar ʼn wyer interpretasie verleen aan die begrip “administratiewe

handeling”. Die gemenereg het die klem laat val op die orgaan wat die handeling uitgevoer

het. Indien dit nie ʼn administratiewe orgaan was nie, is daar ondersoek ingestel of die

handeling wat die liggaam uitgevoer het, nie juis aan hersiening blootgestel moes word nie.

Dit het veral plaasgevind in die dissiplinêre proses van veral sportliggame.

Wat die gemenereg aanbetref, sou enige van die volgende handelinge daarop dui dat ʼn

owerheidsorgaan die handeling uitgevoer het en dat dit aan hersiening deur die howe

onderwerp moes word :

• Word die liggaam in die lewe geroep en beheer deur middel van wetgewing?

• Voer die liggaam wetgewende handelinge uit?

• Is publieke befondsing een van die bronne van die liggaam?

• Hoort die liggaam tuis onder die beheer van ʼn erkende openbare gesag?

• Rus daar ʼn verpligting op die liggaam om in publieke belang op te tree?

Dit is derhalwe duidelik dat die gemenereg ʼn wye betekenis aan die begrip

“administratiewe handeling” verleen het. In die verlede, voor die inwerkingtrede van die

Interim-Grondwet in 1994, is die hersiening van owerheidsoptrede as belangrik geag, en is

die beginsels van hersiening so wyd as moontlik toegepas. Owerheidsoptrede is al hoe

meer deur die howe onder die vergrootglas geplaas. Selfs die optrede van privaatliggame

het nie die aandag van die howe ontglip nie. Die howe het selfs so ver gegaan as om ook

prerogatiewe magte te hersien. 649

Maar hoe ver het die hersieningsbevoegdhede van die howe nou eintlik gestrek? Die

howe se beperkingsmeganisme was nie om die definisie van hersieningsbevoegdheid te

verklein nie, soos wat duidelik na vore gekom het uit die hersiening van selfs die handeling

van privaatliggame. Die howe het gebruik gemaak van die klassifikasieproses van die

funksies, om seker te maak dat hersieningsgronde verskillend, of glad nie, toegepas is,

afhangende met welke administratiewe optrede ʼn mens te doen gehad het.

Administratiewe handelinge was gekategoriseer as wetgewend, judisieel, quasi-judisieel en

suiwer administratiewe handelinge. Die klassifikasieproses is ook hewig gekritiseer. 650

Daar was byvoorbeeld geen gronde vir hersiening van onredelikheid vir suiwer

administratiewe handelinge nie. Redelikheidstoetse is vuriglik toegepas op “wetgewende”

en “judisiële” administratiewe handelinge. So kon slegs “quasi-judisiële” handelinge op

grond van die reëls van natuurlike geregtigheid aan hersiening onderwerp word.

Die twee grondwette en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid het

egter vir ons ʼn totale klemverskuiwing wat “administratiewe optrede” betref,

649 Sien in die verband Hoexter, 2000:501-2.

650 Baxter, 1984:344. Schreiner Judge of Appeal in Pretoria North Town Council v A1 Ice Cream Factory 1953(3) SA 1 (A) 11A-B warned against such

categorisation. Corbett Chief Justice in Administrator Transvaal v Traub 1989(4) SA 731 (A) questioned the effectiveness of such categorisation. Milne

Judge of Appeal in South African Roads Board v Johannesburg City Council 1991(4) SA 1 (A) 12B-D declared that this categorisation exercise is not an

easy one.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!