Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

299 onderhewig aan die administratiefreg nie. Voor 1994 was die uitoefening daarvan wel onderhewig aan die administratiefreg , byvoorbeeld die dissiplinêre verrigtinge van privaatinstellings in die lewe geroep deur kontrak (Indiensnemingsooreenkoms in die arbeidsreg). Die uitoefening van die magte is nie owerheidsoptrede nie. Die magte word nie tuisgebring en gekontroleer deur die nuwe grondwetlike administratiefreg nie, en val dit nog steeds vir hersieningsdoeleindes onder die gemenereg. Die gemenereg bly dus in laasgenoemde gevalle van toepassing. 644 Die gemenereg het steeds ʼn groot rol te speel, hoewel indirek, in die uitleg van administratiewe geregtigheidsregte. Hier kan verwys word na die begrip “legitimate expectation” (Artikel 3[1]) wat slegs verstaan kan word, wanneer daar teruggekeer word na die hantering van die begrip in die gemenereg. In die meer onlangse beslissing van Pennington v Friedgood and Others645 het die Hoë Hof die beginsels soos neergelê in die Pharmaceutical Manufacturers-saak bevestig : “Judicial review under the Constitution of the Republic of South Africa, Act 108 of 1996 (the Constitution) and under the common law are not different concepts. Prior to the new constitutional dispensation, the control of public power by the Courts by judicial review was exercised through the application of common-law constitutional principles. Under the new constitutional dispensation such control is regulated by the Constitution. The common-law principles that previously provided the grounds for judicial review of public power have been submitted under the Constitution and, insofar as they might continue to be relevant to judicial review, they gain their force from the Constitution. In the judicial review of public power, the two are intertwined and do not constitute separate concepts.” Dit is dus duidelik dat die praktyk dit noodsaak dat daar ʼn onafhanklike onderskeid moet wees tussen Artikels 32 en 33 van die Finale-Grondwet en dié twee stelle wetgewing, naamlik die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. 644 Hierdie groepering van die reg is in die verlede geklassifiseer as administratiefreg, maar hierdie geheel van die gemenereg kan na die Pharmaceutical Manufacturers-saak eerder beskou word as deel te vorm van die kontraktereg. Sien hierbo die bespreking van die administratiewe geregtigheidsbeginsel en die horisontale werking van die Grondwet, veral met verwysing na die kontrak. 645 2002(1) SA 251 (CPD) op 252.

Hoofstuk 2 ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID EN ADMINISTRATIEWE OPTREDE 300 Administratiewe optrede (“administrative action”) kan beskou word as die sleutel tot die bepaling van die bestek van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Hierdie aspek kom weer eens voor in beide die Finale-Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Daarom sou dit goed wees om oor dié definisies duidelikheid te verkry. Die opskrif van Artikel 33 verwys eerstens na “regverdige” administratiewe optrede, en nie slegs na administratiewe optrede nie. 1. ARTIKEL 33 : REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE OPTREDE “33(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is. 33(2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes.” Dit is verder insiggewend dat die wetgewer geen definisie van die term “administratiewe optrede” in Artikel 239 (Woordomskrywing) van die Grondwet gee nie. “Staatsorgaan” word wel omskryf. Die definisie vir administratiewe optrede in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, is egter hoogs gekompliseerd. Dit omskryf eerstens nie net wat onder administratiewe optrede verstaan word nie, maar sluit ook ʼn hele aantal handelinge uit wat nie as administratiewe optrede beskou kan word nie. Artikel 1 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 of 2000 bepaal soos volg : “(i) ‘Administrative Action’ means any decision taken, or any failure to take a decision, by - (a) an organ of state; when - (i) exercising a power in terms of the Constitution or a provincial constitution; or (ii) exercising a public power or performing a public function in terms of any legislation; or (b) a natural or juristic person, other than an organ of state, when exercising a public power or performing a public function in terms of an

299

onderhewig aan die administratiefreg nie. Voor 1994 was die uitoefening daarvan wel

onderhewig aan die administratiefreg , byvoorbeeld die dissiplinêre verrigtinge van

privaatinstellings in die lewe geroep deur kontrak (Indiensnemingsooreenkoms in die

arbeidsreg). Die uitoefening van die magte is nie owerheidsoptrede nie. Die magte word

nie tuisgebring en gekontroleer deur die nuwe grondwetlike administratiefreg nie, en val dit

nog steeds vir hersieningsdoeleindes onder die gemenereg. Die gemenereg bly dus in

laasgenoemde gevalle van toepassing. 644

Die gemenereg het steeds ʼn groot rol te speel, hoewel indirek, in die uitleg van

administratiewe geregtigheidsregte. Hier kan verwys word na die begrip “legitimate

expectation” (Artikel 3[1]) wat slegs verstaan kan word, wanneer daar teruggekeer word na

die hantering van die begrip in die gemenereg.

In die meer onlangse beslissing van Pennington v Friedgood and Others645 het die Hoë

Hof die beginsels soos neergelê in die Pharmaceutical Manufacturers-saak bevestig :

“Judicial review under the Constitution of the Republic of South Africa, Act 108 of 1996

(the Constitution) and under the common law are not different concepts. Prior to the

new constitutional dispensation, the control of public power by the Courts by judicial

review was exercised through the application of common-law constitutional principles.

Under the new constitutional dispensation such control is regulated by the

Constitution. The common-law principles that previously provided the grounds for

judicial review of public power have been submitted under the Constitution and,

insofar as they might continue to be relevant to judicial review, they gain their force

from the Constitution. In the judicial review of public power, the two are intertwined

and do not constitute separate concepts.”

Dit is dus duidelik dat die praktyk dit noodsaak dat daar ʼn onafhanklike onderskeid moet

wees tussen Artikels 32 en 33 van die Finale-Grondwet en dié twee stelle wetgewing,

naamlik die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid en die Wet op die

Bevordering van Toegang tot Inligting.

644 Hierdie groepering van die reg is in die verlede geklassifiseer as administratiefreg, maar hierdie geheel van die gemenereg kan na die Pharmaceutical

Manufacturers-saak eerder beskou word as deel te vorm van die kontraktereg. Sien hierbo die bespreking van die administratiewe geregtigheidsbeginsel

en die horisontale werking van die Grondwet, veral met verwysing na die kontrak.

645 2002(1) SA 251 (CPD) op 252.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!