Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

nie, 40 maar probeer om in terme van billikheid starre reg te temper waar die betrokke gevalle onbillike resultate meebring. 41 Met die eerste oogopslag is dit duidelik dat die Engelse Reg van billikheid verskillend is van die Romeins-Hollandse Reg, en dit wil voorkom of dit geen verwantskap toon met betrekking tot Cicero se begrip van billikheid nie. Tog kan Snell se beskrywing van billikheid as ʼn praktiese ekwivalent van natuurlike geregtigheid of moraliteit, wel ooreenkom met die Ciceroriaanse siening veral waar Cicero se geregtigheid wesentlik ʼn morele begrip is, wat sy ontstaan uit die natuur het. Terselfdertyd moet op die direkte verwantskap tussen geregtigheid en billikheid gelet word. In die inleidende opmerkings tot Snell se baanbrekerswerk, Principles of Equity, word dit soos volg gestel : “In its broad sense equity is practically equivalent to natural justice or morality....... Equity is thus a body of rules or principles which form an appendage to the general rules of law or a gloss upon them. In origin at least, it represents the attempt of the English legal system to meet a problem which confronts all legal systems reaching a certain stage of development. In order to ensure the smooth running of society it is necessary to formulate general rules which work well enough in the majority of cases. Sooner or later, however, cases arise in which, in some unforeseen set of facts, the general rules produce substantial unfairness. When this occurs, justice requires either an amendment of the rule or, if … the rule is not freely changeable, a further rule or body of rules to mitigate the severity of the rules of law. This new body of rules (or “equity”) is therefore distinguishable from the general body of law, not because it seeks to achieve a different end (for both aim at justice), nor because it relates necessarily to a different subject matter, but merely because it appears at a later stage or legal development.” 42 Op ʼn vroeë stadium is die Engelse Reg deur die Romeinse Reg beïnvloed. Dit is dus nie verbasend dat die Engelse “law of equity” ʼn enigsins analoë ontwikkeling met die praetoriese reg van Rome ondergaan het nie. Waar die remedies van die streng Romeinse ius civile gebaseer was op ʼn aantal aksies (legis actiones), was soortgelyke Engelsregtelike regsmiddels van die “common law” aan sekere “writs” gekoppel. Die voor die handliggende beperkings van ʼn geslote sisteem van “writs” het egter veroorsaak dat die Engelse koning reeds vanaf die 14de eeu, deur middel van sy kanselier (“chancellor”) billikheidshalwe regshulp verleen het waar die “common law” geswyg het. Die “Court of Chancery” het later hieruit ontwikkel. Bo en behalwe die regsmiddels, gegrond op billikheid, wat deur die “law of equity” ontwikkel is, het daar ʼn sisteem van “equities” en equitable interests ontwikkel en 40 Per Hoofregter Innes in Kent v Transvaalsche Bank 1907 TS 765 by 774. 41 Weinerlein v Goch Buildings Limited 1925 AD 282, 192-3; Zuurbekom Limited v Unicorn Corporation Limited 1947(1) SA 514 (A) op 537, Volkskas Beperk v Geyser 1960(4) SA 412 (T) 418-9. 42 Baker, 1982:5-6. 19

daarnaas ʼn reeks reëls (“maxims of equity”), byvoorbeeld “equity follows the law” en “he who seeks equity must do equity”. Die belangrikste gebiede van die reg wat tradisioneel as “equity”-terreine beskou kan word, is trusts, saaklike eiendom (real property), vennootskappe, insolvensie, uitleg van testamente, die spesifieke nakoming van kontraktuele verpligtinge en die bereddering van boedels. Dit is egter duidelik dat, ten spyte van die Romeinsregtelike beïnvloeding van die Engelse Reg gedurende sy vroeë ontwikkeling en ten spyte van die analogie tussen praetoriese reg en die “law of equity”, het die “law of equity” nooit deel van die Suid-Afrikaanse Reg geword nie. Die Suid-Afrikaanse gemenereg, met sy Romeinse en Romeins-Hollandse of te wel Romeins-Europese oorsprong, het reeds voorsiening gemaak vir die toepassing van billikheidsnorme, hetsy in die geval van die uitleg van wette, hetsy by die toepassing van bestaande regsreëls en beginsels in die algemeen. Ons praat hier van die ingeboude billikheid of aequitas wat reeds deur die praetoriese reg ingevoer is en ʼn onlosmaaklike deel van ons gemenereg geword het. Vir sover die Engelse “law of equity” in sy vroeë ontwikkeling enigermate deur die Romeinse Reg beïnvloed is, is die Romeinsregtelike aspek hiervan aan sowel die Engelse as die Suid-Afrikaanse Reg gemeenskaplik. Dit maak die twee stelsels egter nie omruilbaar of selfs aanvullend tot mekaar nie. Dat regsvergelykende waarde egter uit ʼn ondersoek van die twee stelsels naas mekaar geput kan word, staan bo twyfel. 43 Wanneer daar na die hedendaagse Suid-Afrikaanse Reg gekyk word, is dit duidelik dat billikheidsnorme via die Romeinse en Romeins-Hollandse Reg reeds in die bestaande gemenereg ingebou is en ʼn inherente deel daarvan vorm. Daarbenewens word die doelwitte van billikheid ook bereik waar die wetgewer uitdruklik bepaal dat ʼn beslissing geneem moet word, of ʼn diskresie uitgeoefen word ooreenkomstig dit wat billik (“equitable”) of “reg en billik” (just and equitable) is. In die geval waar die betrokke bepalings gerig word op dit wat “reg en billik” (just and equitable”) is, word die noue verwantskap tussen geregtigheid en billikheid duidelik geïllustreer. Die dieperligende gedagte is dat wetgewing nie slegs geregtigheid moet bewerkstellig nie, maar ook billikheid. Soos reeds hierbo uitgewys, is dit niks meer as wat die Romeinse en Romeins- Hollandse juriste selfs telkens geverg het nie. Voorts word die billikheidsnorm in die gemenereg weerspieël deur die toepassing van die vermoede van wetsuitleg dat die wetgewer nie ʼn onbillike, onregverdige of onredelike resultaat beoog nie. Dat billikheid steeds ʼn rol in die moderne Suid-Afrikaanse Reg speel, blyk uit talle hofbeslissings waarin die billikheidsnorm as maatstaf aangewend word. Dit skyn merendeels voor te kom in gevalle waar daar leemtes in die bestaande reg is, of waar die relevante regsbeginsels ʼn regsmiddel sou toelaat, wat onbillike gevolge in die hand 43 Sodanige ondersoek sal natuurlik in ooreenstemming met die doelstellings van die regsvergelykende metode wees. Sien Van Zyl, 1983:1-13 / 17-34. 20

daarnaas ʼn reeks reëls (“maxims of equity”), byvoorbeeld “equity follows the law” en “he

who seeks equity must do equity”. Die belangrikste gebiede van die reg wat tradisioneel

as “equity”-terreine beskou kan word, is trusts, saaklike eiendom (real property),

vennootskappe, insolvensie, uitleg van testamente, die spesifieke nakoming van

kontraktuele verpligtinge en die bereddering van boedels.

Dit is egter duidelik dat, ten spyte van die Romeinsregtelike beïnvloeding van die Engelse

Reg gedurende sy vroeë ontwikkeling en ten spyte van die analogie tussen praetoriese reg

en die “law of equity”, het die “law of equity” nooit deel van die Suid-Afrikaanse Reg

geword nie. Die Suid-Afrikaanse gemenereg, met sy Romeinse en Romeins-Hollandse of

te wel Romeins-Europese oorsprong, het reeds voorsiening gemaak vir die toepassing van

billikheidsnorme, hetsy in die geval van die uitleg van wette, hetsy by die toepassing van

bestaande regsreëls en beginsels in die algemeen. Ons praat hier van die ingeboude

billikheid of aequitas wat reeds deur die praetoriese reg ingevoer is en ʼn onlosmaaklike

deel van ons gemenereg geword het. Vir sover die Engelse “law of equity” in sy vroeë

ontwikkeling enigermate deur die Romeinse Reg beïnvloed is, is die Romeinsregtelike

aspek hiervan aan sowel die Engelse as die Suid-Afrikaanse Reg gemeenskaplik. Dit

maak die twee stelsels egter nie omruilbaar of selfs aanvullend tot mekaar nie. Dat

regsvergelykende waarde egter uit ʼn ondersoek van die twee stelsels naas mekaar geput

kan word, staan bo twyfel. 43

Wanneer daar na die hedendaagse Suid-Afrikaanse Reg gekyk word, is dit duidelik dat

billikheidsnorme via die Romeinse en Romeins-Hollandse Reg reeds in die bestaande

gemenereg ingebou is en ʼn inherente deel daarvan vorm. Daarbenewens word die

doelwitte van billikheid ook bereik waar die wetgewer uitdruklik bepaal dat ʼn beslissing

geneem moet word, of ʼn diskresie uitgeoefen word ooreenkomstig dit wat billik

(“equitable”) of “reg en billik” (just and equitable) is. In die geval waar die betrokke

bepalings gerig word op dit wat “reg en billik” (just and equitable”) is, word die noue

verwantskap tussen geregtigheid en billikheid duidelik geïllustreer. Die dieperligende

gedagte is dat wetgewing nie slegs geregtigheid moet bewerkstellig nie, maar ook

billikheid. Soos reeds hierbo uitgewys, is dit niks meer as wat die Romeinse en Romeins-

Hollandse juriste selfs telkens geverg het nie.

Voorts word die billikheidsnorm in die gemenereg weerspieël deur die toepassing van die

vermoede van wetsuitleg dat die wetgewer nie ʼn onbillike, onregverdige of onredelike

resultaat beoog nie. Dat billikheid steeds ʼn rol in die moderne Suid-Afrikaanse Reg speel,

blyk uit talle hofbeslissings waarin die billikheidsnorm as maatstaf aangewend word. Dit

skyn merendeels voor te kom in gevalle waar daar leemtes in die bestaande reg is, of waar

die relevante regsbeginsels ʼn regsmiddel sou toelaat, wat onbillike gevolge in die hand

43 Sodanige ondersoek sal natuurlik in ooreenstemming met die doelstellings van die regsvergelykende metode wees. Sien Van Zyl, 1983:1-13 / 17-34.

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!