02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

intervene only when and to the extent that they cannot avoid it. It is now, as section

33 begins to bite and as the Act begins to be applied, that the Courts must set the

right tone and achieve the right balance ... and that means constructing an appropriate

theory of defence.” 606

282

Dit is duidelik dat parlementêre soewereiniteit nou iets van die verlede is. In die plek

daarvan is daar ʼn Grondwet met ʼn Handves van Menseregte en Artikel 33 wat

administratiewe geregtigheid waarborg. In ʼn groot mate sal bogemelde daartoe bydra om

regverdiging te verleen aan administratiefregtelike hersiening.

Artikel 33, net soos Artikel 24 van die Interim-Grondwet, verskaf ʼn nuwe grondslag op

grond waarvan regters die bevoegdheid verkry om in administratiewe besluitneming in te

meng. Die howe hoef nie meer terug te val op gemeenregtelike hersieningsgronde, soos

handelinge wat ultra vires gepleeg is nie. Regters beroep hulle nou op die grondwetlike

leerstuk van legaliteit en op grondwetlike verpligtinge om gewaarborgde regte in die

Grondwet te interpreteer, toe te pas en te handhaaf. ʼn Mandaat vir regterlike hersiening

word aan regters verleen deur Artikel 33(3) van die Grondwet, asook die Wet op die

Bevordering van Administratiewe Geregtigheid. Gevolg word aan grondwetlike regte (die

Engelse weergawe stel dit as “to give effect to”) gegee deur voorsiening te maak vir

hersiening deur die howe, of onafhanklike en onpartydige tribunale. 607

Voor die verskyning van beide grondwette, het die howe inherente jurisdiksie ingevolge die

gemenereg gehad om administratiewe besluite tersyde te stel of dit te korrigeer. Die howe

het ook die bevoegdheid gehad om verklarende bevele, sowel as interdikte, toe te staan.

Die gevolge van die Finale-Grondwet (en so ook die Interim-Grondwet) is die

konstitusionalisering van regterlike hersiening.

Daar kan veral verwys word na Artikel 38 van die Grondwet, wat onder die op skrif

“Afdwinging van Regte” soos volg bepaal :

“Iemand in hierdie Artikel genoem, het die reg om ʼn bevoegde hof te nader en aan te

voer dat daar op ʼn reg in die Handves van Menseregte inbreuk gemaak is of dat so ʼn

inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ʼn

verklaring van regte.”

Artikel 172(1) verskaf riglyne aan die howe wanneer ʼn grondwetlike aangeleentheid

oorweeg word. Artikel 172(2) bepaal soos volg :

606 Hoexter, 2002:28-29.

607 Henderson, 1998:346 beskryf die nuwe grondwetlike leerstuk van ultra vires soos volg:“By expressly empowering the courts to control administrative

action the Constitution explains why the courts are entitled to control that action. The ultra virus doctrine lends a logical explanation of that empowerment by

explaining how the courts control administrative action. A court is liable to recognise a ground of judicial control where an administrative actor has not

respected, protected, promoted or fulfilled a requirement of the constitutionality principle, whether reflected in the Administrative Justice Act or not. Such

recognition occurs only where the administrative actor has operated outside the law and the Constitution and the administrative action is ultra vires. The

doctrine is as comprehensive as the Constitution will allow, and although it is the Constitution itself which now provides the courts with the political ‘licence

for judicial review’, the doctrine still provides a logical explanation of how the courts control administrative action.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!