Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

279 te stel. Dit het ongelukkig nie altyd daarin geslaag om individuele regte teen inbreukmaking deur die staat te beskerm nie. Eerstens het die Parlement, as die hoogste vorm van gesag, vrylik die bevoegdheid gehad om die howe se hersieningsbevoegdheid deur veral die “ouster clauses” aan bande te lê. Die staat het grootliks van die “ouster clauses” gebruik gemaak gedurende die noodtoestand wat tydens die 1980’s plaasgevind het. Fundamentele regte, waarvan vroeër in die proefskrif melding gemaak is, is hewig aan bande gelê. Hier dink ons veral aan die vryheid van spraak, vryheid van assosiasie en vryheid van beweging. Tweedens is dit ʼn algemene kenmerk van ʼn moderne demokratiese bestel dat die wetgewer aan die administrasie (uitvoerende gesag) sekere diskresionêre magte verleen. 600 In die meeste gevalle word hierdie magte uitgeoefen deur amptenary met deskundige bevoegdhede, sowel as eerstehandse kennis van administratiewe beleid. Die huidige grondwet laat nie ruimte vir die uitsluiting van kontrole van handelinge van die uitvoerende gesag nie. In talle gevalle van geregtelike kontrole van administratiewe handelinge gaan dit oor die onbehoorlike uitoefening van die diskresionêre bevoegdhede van die amptenary. Die probleem waarmee die howe in die verlede mee te kampe gehad het, is dat die howe in die hersieningsproses moes verseker het dat die individu se regte nie onregmatiglik aangetas was nie. Die howe se rol was egter maar beperk tot die oorhoofse nagaan van die uitoefening van diskresionêre magte. ʼn Groot probleem was ook die feit dat die regters nie altyd deskundiges op die gebied van die administratiefreg was nie. Hulle kon maklik die gewig wat aan ʼn bepaalde aspek toegeken moes word, onderskat of heeltemal misgekyk het. Hierdie administratiewe diskresie, waarna soms verwys is as “scourge of justice”, is partykeer geassosieer met onvoorspelbaarheid, eensydigheid, onsekerheid en onkonsekwentheid. Hierdie onkonsekwentheid in die uitoefening van administratiewe bevoegdhede bots met die konsep van geregtigheid, aangesien die individu verhoed word om sy optrede in ooreenstemming met ʼn voorspelbare en sekere administratiewe optrede te reguleer. In hierdie afdeling sal ondersoek word of Artikel 33 en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid daarin geslaag het om administratiewe toerekenbaarheid in ag te neem by die uitoefening van diskresionêre bevoegdhede en openlikheid, veral via die konstitusionele vereistes vir prosedurele billike administratiewe optrede en die verskaffing van redes en bevoegdhede wat in verhouding daarmee regverdigbaar is. Laastens kan ʼn hersieningshof nie sy opinie vervang met dié van die administratiewe orgaan nie. Indien die hof sou bevind dat die diskresionêre bevoegdheid van die 600 Sien as voobeeld Hendrik VIII-klousules. Wiechers gee 'n duidelike uiteensetting van dié tipe klousules in sy werk van 1984.

280 onderdaan verkeerdelik uitgeoefen is, sal die hof nie die besluit hervorm nie, maar die aangeleentheid terug verwys na die orgaan om dit te heroorweeg. Streng gesproke kom administratiewe geregtigheid ter sprake by die nie-judisiële sy van die regering, naamlik staatsdepartemente, statutêre tribunale en rade. Die 1983-Grondwet het geen verwysing bevat rakende administratiewe geregtigheid nie. Alhoewel administratiewe geregtigheid nie pertinent vermeld is nie, moet onthou word dat administratiewe geregtigheid in die verlede, deel uitgemaak het van die administratiefreg en wel deur interne wyses van kontrole. Dit is duidelik dat geregtigheid wel bevorder was by wyse van die reëls van natuurlike geregtigheid. Sommige skrywers, soos L. Boulle, was van mening dat administratiewe geregtigheid onderskeidelik ʼn prosedurele en ʼn substantiewe kant vertoon het. Volgens Boulle omvat administratiewe geregtigheid reëls vir billikheid en die nakoming van die reëls van natuurlike geregtigheid (analogaan aan die American due process). Wat die substantiewe sy betref, het administratiewe geregtigheid te doen met billikheid en rasionaliteit. 601 Boulle is van mening dat dit grootliks aanvaar word dat politieke en administratiewe prosesse en nie die howe nie, die kern moet vorm om publieke administrasies meer toerekenbaar te maak. 602 Andersyds stel Baxter die beginsels van natuurlike geregtigheid gelyk aan die plig om billik op te tree. Hy is voorts van mening dat sowel die reëls van natuurlike geregtigheid as die plig om billik op te tree, in prosedure vervat moet word. Dit moet nie uitgebrei word na die kern van ʼn besluit nie, aangesien dit billikheid met redelikheid sal verwar. 603 Daar is reeds op die wyses van administratiewe verantwoordelikheid (administrative accountability) voor die inwerkingtreding van die huidige Grondwet gewys. Hoewel daar geen Wet bestaan het wat administratiewe verantwoordelikheid georden het nie, is die nodige resultate tog bewerkstellig, veral deur regterlike hersiening en die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid. 2. GEREGTELIKE HERSIENING INGEVOLGE DIE FINALE-GRONDWET Dit is duidelik dat die rol wat regters as “waghonde” ten aansien van administratiewe optrede speel, ʼn drastiese verandering ondergaan het na die inwerkingtreding van die Interim en Finale-Grondwette. 601 Sien Boulle, 1986: 137 & 1993:138. 602 Boulle, 1986:139. 603 Baxter, 1984:596.

280

onderdaan verkeerdelik uitgeoefen is, sal die hof nie die besluit hervorm nie, maar die

aangeleentheid terug verwys na die orgaan om dit te heroorweeg.

Streng gesproke kom administratiewe geregtigheid ter sprake by die nie-judisiële sy van

die regering, naamlik staatsdepartemente, statutêre tribunale en rade. Die 1983-Grondwet

het geen verwysing bevat rakende administratiewe geregtigheid nie. Alhoewel

administratiewe geregtigheid nie pertinent vermeld is nie, moet onthou word dat

administratiewe geregtigheid in die verlede, deel uitgemaak het van die administratiefreg

en wel deur interne wyses van kontrole. Dit is duidelik dat geregtigheid wel bevorder was

by wyse van die reëls van natuurlike geregtigheid.

Sommige skrywers, soos L. Boulle, was van mening dat administratiewe geregtigheid

onderskeidelik ʼn prosedurele en ʼn substantiewe kant vertoon het. Volgens Boulle omvat

administratiewe geregtigheid reëls vir billikheid en die nakoming van die reëls van

natuurlike geregtigheid (analogaan aan die American due process). Wat die substantiewe

sy betref, het administratiewe geregtigheid te doen met billikheid en rasionaliteit. 601

Boulle is van mening dat dit grootliks aanvaar word dat politieke en administratiewe

prosesse en nie die howe nie, die kern moet vorm om publieke administrasies meer

toerekenbaar te maak. 602

Andersyds stel Baxter die beginsels van natuurlike geregtigheid gelyk aan die plig om billik

op te tree. Hy is voorts van mening dat sowel die reëls van natuurlike geregtigheid as die

plig om billik op te tree, in prosedure vervat moet word. Dit moet nie uitgebrei word na die

kern van ʼn besluit nie, aangesien dit billikheid met redelikheid sal verwar. 603

Daar is reeds op die wyses van administratiewe verantwoordelikheid (administrative

accountability) voor die inwerkingtreding van die huidige Grondwet gewys. Hoewel daar

geen Wet bestaan het wat administratiewe verantwoordelikheid georden het nie, is die

nodige resultate tog bewerkstellig, veral deur regterlike hersiening en die toepassing van

die reëls van natuurlike geregtigheid.

2. GEREGTELIKE HERSIENING INGEVOLGE DIE FINALE-GRONDWET

Dit is duidelik dat die rol wat regters as “waghonde” ten aansien van administratiewe

optrede speel, ʼn drastiese verandering ondergaan het na die inwerkingtreding van die

Interim en Finale-Grondwette.

601 Sien Boulle, 1986: 137 & 1993:138.

602 Boulle, 1986:139.

603 Baxter, 1984:596.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!