Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
4. DIE RESEPSIE VAN DIE BILLIKHEIDSVEREISTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG Reeds in 1876 het Lord De Villiers, hoofregter van die Kaapse Hooggeregshof, in die bekende saak Mills and Sons v Trustees of Benjamin Brothers34 die volgende gesê : “Now it is quite true and this Court is a Court of Equity as well as of Common Law, but it can administer equity only so far as it is consistent with the principles of the Roman Dutch Law.” Bogemelde dictum het daartoe aanleiding gegee dat sekere van die vroeë Kaapse en Oos- Kaapse howe goedsmoeds die Engelsregtelike begrip van “equity” toegepas het, sonder die kwalifikasie wat Lord De Villiers daaraan gekoppel het, naamlik dat “equity” toegepas kan word slegs vir sover dit ooreenstem met die beginsels van die Romeins-Hollandse Reg. Sir John Gilbert Kotzé het enkele jare later, in 1915, in die Kaapse Hooggeregshof die dictum van Lord De Villiers in die Mills-saak in kritiese oënskou geneem en beklemtoon dat billikheid slegs relevant is, indien dit ooreenkomstig die Romeins-Hollandse gemenereg erkenning geniet het. Dit blyk duidelik uit sy beslissing in Hassan Khan v Immigration Officer. 35 In 1979 het regter King in S v Adams36 die volgende standpunt met betrekking tot billikheid gestel : “An Act of Parliament creates law but not necessarily equity. As a judge in a Court of law I am obliged to give effect to the provisions of an Act of Parliament. Speaking for myself and if I were sitting as a court of equity, I would have come to the assistance of the appellant. Unfortunately, and on an intellectually honest approach, I am compelled to conclude that the appeal must fail.” Elders in bogemelde saak word die begrippe “fair” en “just” telkens gebruik, skynbaar as sinonieme van of aanvullend tot die begrip “equitable”. Twee vrae kom egter nou na vore. Wat word bedoel met die begrip “equity”, of billikheid, in die Suid-Afrikaanse Reg en in hoeverre speel die Engelse Reg in verband daarmee ʼn rol? ʼn Tweede vraag is : “Wat is die rol wat hierdie begrip in die hedendaagse regspraktyk en regspleging in Suid-Afrika vervul?” Uit verskeie woordeboek-definisies is dit duidelik dat “billikheid” of “equity” ʼn wye spektrum van begrippe dek, sowel in leke-as regstaal. Dit lei dikwels tot die verwarrende gebruik van verwante begrippe, asof hulle sinoniem is. Dit is nie net die leek wat hom daaraan skuldig maak nie, maar dikwels ook die regsgeleerde self. Dit is duidelik uit 34 1876(6) BUCH 115. 35 1915 CPD 655 661. 36 1979(4) SA 793 (T) by 801A. 17
woordeboekdefinisies dat “billikheid” of “equity” in bykans dieselfde asem genoem word as “regverdigheid” (“fairness” of “justness”), “redelikheid” (“reasonableness” of “reason”) en geregtigheid (“justice”), terwyl “billik” of “equitable” ook beskryf word as “regmatig” (“lawful” of “rightful”), “redelik” in die sin van “rasioneel” (“rational”) en “onbevooroordeeld” (“impartial” of “unbiased”). 37 Dit is duidelik dat billikheid nie bloot ʼn gewone regsbegrip is nie, maar ʼn begrip met ʼn sterk morele, etiese en humanitêre inslag. 38 Hierdie besondere karakter van die billikheidsbegrip gryp terug na die Grieks-Romeinse standpunte van billikheid. Uit bogemelde beskouing van die Romeinse Reg blyk dit dat aequitas ʼn toonaangewende rol in die reg en regspleging gespeel het, veral met betrekking tot die uitleg en toepassing van begrippe soos ius en iustitia. Dit het grotendeels as billikheidsmaatstaf gepoog om die bestaande reg aan te vul, of om dit met die omstandighede van die geval in ooreenstemming te bring. Hoewel dit in die na-klassieke reg geneig het om enigsins wyer te loop as in die Klassieke Reg, was dit skynbaar die klassieke benadering wat gedurende die middeleeue veral in Europa neerslag gevind het en deel geword het van die Romeins- Hollandse Reg. In Engeland het die “equity”-begrip ʼn interessante verloop gehad. 39 Aanvanklik het die billikheidsbegrip buite die howe om, veranker in die koning, ontwikkel. Iemand wat verontreg gevoel het oor die howe se hantering van sy taak, kon die koning nader, wat beklee was met “a reserve of justice”. Die oogmerk van die billikheidsreg was geregtigheid vir die besondere geval. Later is afsonderlike howe vir die handhawing van “equity”-reg daargestel, totdat in 1875 met die Jucticature Acts ʼn nuwe bedeling gekom het. Ons reg ken nie ʼn afsonderlike billikheidsreg, ʼn “system of equity, as distinct from a system of law”, 37 Volgens die Groot Woordeboek word "billikheid" vertaal as "equity; reasonableness; reason; justness; fairness; justice" [12e uitgawe (reds Kritzinger, Schoonees en Cronje) sv "billikheid"]. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek omskryf die byvoeglike naamwoord "billik" as "regverdig, redelik, regmatig" [7e uitgawe (reds Kritzinger en Labuschagne) sv "billik"]. Die HAT se verklaring hiervan is weer "regverdig" of "redelik". [Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) (reds, Schoonees Swanepoel, du Toil en Booysen) sv "billik"]. Hiemstra en Gonin se Regswoordeboek se vertaling van "billik" is "equitable, fair, just, rational" en van "billikheid" is dit "equity, fairness, justice" [Hiemstra en Gonin Drietalige Regswoordeboek/Trilingual Legal Dictionary (1981) sv "billik" en "billikheid"]. Die Oxford English Dictionary omskryf "equitable" aldus : “1. Characterized by equity or fairness: a. Of actions, arrangements, decisions, etc. That is in accordance with equity; fair, just, reasonable. b. Of persons: Guided by principles of equity, displaying a spirit of equity, unbiased, impartial, candid … 2. Pertaining to the department of jurisprudence called Equity, Of rights claims, etc: Valid in 'equity’ as distinguished from ‘law’.” Die omskrywing van “equity” lui weer, vir sover dit vir hierdie rede relevant is, soos volg: “I. In general. 1. The quality of being equal or fair; fairness; impartiality; even-handed dealing … 2. What is fair and right; something that is fair and right. II. In jurisprudence. 3. The recourse to general principles of justice (the naturalis aequitas of Roman jurists) to correct or supplement the provisions of law … 4. In England (hence in Ireland and the United States), the distinctive name of a system of law existing side by side with the common and statute law (together called 'law' in a narrower sense). and superseding these when they conflict with it.” In hierdie verband verwys die Oxford English Dictionary na Maine se Ancient Law [2de uitgawe (1870)28] waar die volgende definisie van “equity” voorkom: ‘What I call equity(is) any body of rules existing by the side of the original civil law, founded on distinct principles and claiming incidentally to supersede the civil law in virtue of a superior sanctity inherent in those principles’.” Ten slotte, wat woordeboek-definisies betref, kan verwys word na Roget se Thesaurus [Roget’s Thesaurus of English Words and Phrases n 913] waar “equity" verskyn onder die opskrif "Affections Moral Right" en onder die trefwoord "Legality", wat insluit "fair mindedness, objectivity, indifference, detachment, impartiality; equity, equitableness, reasonableness, fairness; fair deal, square deal, fair play, fair field and no favour”. 38 Allen, 1964:383 39 Vgl. hieroor Maitland, 1929:1; Geldart, 1966:19; Ross, 1929:123. 18
- Page 1 and 2: ʼn Kritiese analise van die begrip
- Page 3 and 4: SERTIFIKAAT Ek verklaar dat die pro
- Page 5 and 6: INHOUDSOPGAWE Afdeling A ..........
- Page 7 and 8: 2.1 KONTRAKTEERVRYHEID EN OPENBARE
- Page 9 and 10: 1. ARTIKEL 4 - ADMINISTRATIEWE OPTR
- Page 11 and 12: 1. REGULASIES WAT HANDEL OOR DIE DA
- Page 13 and 14: publieke administrasie. In die huid
- Page 15 and 16: eskermde reg die omskrywing, bestek
- Page 17 and 18: Afdeling B GRONDWETLIKE GRONDWAARDE
- Page 19 and 20: 12 Van Zyl, 1995:3. character and i
- Page 21 and 22: Aristoteles se werkswyse bestaan ui
- Page 23 and 24: "Disposition which urges that each
- Page 25 and 26: In die na-klassieke Romeinse Reg he
- Page 27: geregtigheid as voortspruitend uit
- Page 31 and 32: daarnaas ʼn reeks reëls (“maxims
- Page 33 and 34: Die beïnvloeding van die aequitas-
- Page 35 and 36: Afdeling C Hoofstuk 1 GEMEENREGTELI
- Page 37 and 38: Een van die voordele van die tweele
- Page 39 and 40: Baxter maak in sy werk "Administrat
- Page 41 and 42: ʼn Reeks probleme kom na vore met h
- Page 43 and 44: teweeggebring en veral die aandag o
- Page 45 and 46: So ʼn toedrag van sake kan nie byge
- Page 47 and 48: (4) ʼn Klerk behoort tot tribunale
- Page 49 and 50: Die belangrikste aanbevelings van d
- Page 51 and 52: die kantoor (pos) vrye besit was of
- Page 53 and 54: gegee het dat die regter in Chester
- Page 55 and 56: 90 1898(2) QB 91. 91 Rubenfield, 19
- Page 57 and 58: 2. DIE ONTWIKKELING VAN DIE BEGRIP
- Page 59 and 60: 97 1964(3) SA 402 (A) 410-411. “B
- Page 61 and 62: Die algemene probleem van geregtigh
- Page 63 and 64: 103 Robson, 1951:391. oogmerke en u
- Page 65 and 66: 107 Matzukis, 1986:53. 108 1953(3)
- Page 67 and 68: 117 Baxter, 1984:312. sal toegelig
- Page 69 and 70: 119 Wiechers, 1967:313. 120 Mitchel
- Page 71 and 72: 60 vertakkinge van die regering, en
- Page 73 and 74: egstaatbeginsels betref, verklaar D
- Page 75 and 76: “Lord Reid cleared away the ticke
- Page 77 and 78: verband met die prosedureel regverd
woordeboekdefinisies dat “billikheid” of “equity” in bykans dieselfde asem genoem word as

“regverdigheid” (“fairness” of “justness”), “redelikheid” (“reasonableness” of “reason”) en

geregtigheid (“justice”), terwyl “billik” of “equitable” ook beskryf word as “regmatig” (“lawful”

of “rightful”), “redelik” in die sin van “rasioneel” (“rational”) en “onbevooroordeeld”

(“impartial” of “unbiased”). 37 Dit is duidelik dat billikheid nie bloot ʼn gewone regsbegrip is

nie, maar ʼn begrip met ʼn sterk morele, etiese en humanitêre inslag. 38 Hierdie besondere

karakter van die billikheidsbegrip gryp terug na die Grieks-Romeinse standpunte van

billikheid.

Uit bogemelde beskouing van die Romeinse Reg blyk dit dat aequitas ʼn toonaangewende

rol in die reg en regspleging gespeel het, veral met betrekking tot die uitleg en toepassing

van begrippe soos ius en iustitia. Dit het grotendeels as billikheidsmaatstaf gepoog om die

bestaande reg aan te vul, of om dit met die omstandighede van die geval in

ooreenstemming te bring. Hoewel dit in die na-klassieke reg geneig het om enigsins wyer

te loop as in die Klassieke Reg, was dit skynbaar die klassieke benadering wat gedurende

die middeleeue veral in Europa neerslag gevind het en deel geword het van die Romeins-

Hollandse Reg.

In Engeland het die “equity”-begrip ʼn interessante verloop gehad. 39 Aanvanklik het die

billikheidsbegrip buite die howe om, veranker in die koning, ontwikkel. Iemand wat

verontreg gevoel het oor die howe se hantering van sy taak, kon die koning nader, wat

beklee was met “a reserve of justice”. Die oogmerk van die billikheidsreg was geregtigheid

vir die besondere geval. Later is afsonderlike howe vir die handhawing van “equity”-reg

daargestel, totdat in 1875 met die Jucticature Acts ʼn nuwe bedeling gekom het. Ons reg

ken nie ʼn afsonderlike billikheidsreg, ʼn “system of equity, as distinct from a system of law”,

37 Volgens die Groot Woordeboek word "billikheid" vertaal as "equity; reasonableness; reason; justness; fairness; justice" [12e uitgawe (reds Kritzinger,

Schoonees en Cronje) sv "billikheid"]. Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek omskryf die byvoeglike naamwoord "billik" as "regverdig, redelik,

regmatig" [7e uitgawe (reds Kritzinger en Labuschagne) sv "billik"]. Die HAT se verklaring hiervan is weer "regverdig" of "redelik". [Verklarende

Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) (reds, Schoonees Swanepoel, du Toil en Booysen) sv "billik"]. Hiemstra en Gonin se

Regswoordeboek se vertaling van "billik" is "equitable, fair, just, rational" en van "billikheid" is dit "equity, fairness, justice" [Hiemstra en Gonin Drietalige

Regswoordeboek/Trilingual Legal Dictionary (1981) sv "billik" en "billikheid"]. Die Oxford English Dictionary omskryf "equitable" aldus :

“1. Characterized by equity or fairness:

a. Of actions, arrangements, decisions, etc. That is in accordance with equity; fair, just, reasonable.

b. Of persons: Guided by principles of equity, displaying a spirit of equity, unbiased, impartial, candid …

2. Pertaining to the department of jurisprudence called Equity, Of rights claims, etc: Valid in 'equity’ as distinguished from ‘law’.”

Die omskrywing van “equity” lui weer, vir sover dit vir hierdie rede relevant is, soos volg:

“I. In general.

1. The quality of being equal or fair; fairness; impartiality; even-handed dealing …

2. What is fair and right; something that is fair and right.

II. In jurisprudence.

3. The recourse to general principles of justice (the naturalis aequitas of Roman jurists) to correct or supplement the provisions of law …

4. In England (hence in Ireland and the United States), the distinctive name of a system of law existing side by side with the common and

statute law (together called 'law' in a narrower sense). and superseding these when they conflict with it.”

In hierdie verband verwys die Oxford English Dictionary na Maine se Ancient Law [2de uitgawe (1870)28] waar die volgende definisie van

“equity” voorkom:

‘What I call equity(is) any body of rules existing by the side of the original civil law, founded on distinct principles and claiming incidentally to

supersede the civil law in virtue of a superior sanctity inherent in those principles’.”

Ten slotte, wat woordeboek-definisies betref, kan verwys word na Roget se Thesaurus [Roget’s Thesaurus of English Words and Phrases n 913] waar

“equity" verskyn onder die opskrif "Affections Moral Right" en onder die trefwoord "Legality", wat insluit "fair mindedness, objectivity, indifference,

detachment, impartiality; equity, equitableness, reasonableness, fairness; fair deal, square deal, fair play, fair field and no favour”.

38 Allen, 1964:383

39 Vgl. hieroor Maitland, 1929:1; Geldart, 1966:19; Ross, 1929:123.

18