02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4. DIE RESEPSIE VAN DIE BILLIKHEIDSVEREISTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE

REG

Reeds in 1876 het Lord De Villiers, hoofregter van die Kaapse Hooggeregshof, in die

bekende saak Mills and Sons v Trustees of Benjamin Brothers34 die volgende gesê :

“Now it is quite true and this Court is a Court of Equity as well as of Common Law,

but it can administer equity only so far as it is consistent with the principles of the

Roman Dutch Law.”

Bogemelde dictum het daartoe aanleiding gegee dat sekere van die vroeë Kaapse en Oos-

Kaapse howe goedsmoeds die Engelsregtelike begrip van “equity” toegepas het, sonder

die kwalifikasie wat Lord De Villiers daaraan gekoppel het, naamlik dat “equity” toegepas

kan word slegs vir sover dit ooreenstem met die beginsels van die Romeins-Hollandse

Reg. Sir John Gilbert Kotzé het enkele jare later, in 1915, in die Kaapse Hooggeregshof

die dictum van Lord De Villiers in die Mills-saak in kritiese oënskou geneem en beklemtoon

dat billikheid slegs relevant is, indien dit ooreenkomstig die Romeins-Hollandse gemenereg

erkenning geniet het. Dit blyk duidelik uit sy beslissing in Hassan Khan v Immigration

Officer. 35

In 1979 het regter King in S v Adams36 die volgende standpunt met betrekking tot billikheid

gestel :

“An Act of Parliament creates law but not necessarily equity. As a judge in a Court of

law I am obliged to give effect to the provisions of an Act of Parliament. Speaking for

myself and if I were sitting as a court of equity, I would have come to the assistance

of the appellant. Unfortunately, and on an intellectually honest approach, I am

compelled to conclude that the appeal must fail.”

Elders in bogemelde saak word die begrippe “fair” en “just” telkens gebruik, skynbaar as

sinonieme van of aanvullend tot die begrip “equitable”.

Twee vrae kom egter nou na vore. Wat word bedoel met die begrip “equity”, of billikheid,

in die Suid-Afrikaanse Reg en in hoeverre speel die Engelse Reg in verband daarmee ʼn

rol? ʼn Tweede vraag is : “Wat is die rol wat hierdie begrip in die hedendaagse regspraktyk

en regspleging in Suid-Afrika vervul?”

Uit verskeie woordeboek-definisies is dit duidelik dat “billikheid” of “equity” ʼn wye spektrum

van begrippe dek, sowel in leke-as regstaal. Dit lei dikwels tot die verwarrende gebruik

van verwante begrippe, asof hulle sinoniem is. Dit is nie net die leek wat hom daaraan

skuldig maak nie, maar dikwels ook die regsgeleerde self. Dit is duidelik uit

34 1876(6) BUCH 115.

35 1915 CPD 655 661.

36 1979(4) SA 793 (T) by 801A.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!