02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

266

ʼn Goeie waarneming van bogemelde Suid-Afrikaanse, Engelse, Europese en Kanadese

gewydes dui daarop dat dit almal ʼn sterk vertikale dimensie vertoon, aangesien eise veral

ingestel is teen die owerheidsorgane soos die Polisie en plaaslike besture (munisipaliteite),

en is daar geen horisontale toepassing van die Grondwet, rakende menseregte en

deliktuele aanspreeklikheid nie. Net tyd sal in die toekoms leer in hoe ʼn mate hierdie sake

ʼn rol sal speel, wanneer daar met die horisontale toepassing van die Grondwet te doen

gekry word, waar veral deliktuele aanspreeklikheid tussen privaat persone ter sprake kom.

Sake wat teen owerheidsliggame uitgewys is, het in die verlede ʼn leidende rol gespeel vir

beslissingsdoeleindes ingeval van algemene deliktuele aanspreeklikheid582 .

Sake rakende mediese nalatigheid is goeie voorbeelde wat binne óf die horisontale óf die

vertikale sone kan val, aangesien verweerders (dokters) óf in privaat hospitale óf

staatshospitale werksaam mag wees. Sulke sake sal altyd draai om menslike regte soos

die reg op lewe of gesondheid. Hier mag menseregte wel ʼn groot rol speel as die howe tot

ʼn beslissing moet kom.

Die slotsom waartoe ʼn mens kom, nadat bogemelde sake bestudeer is en die

uiteenlopende uitsprake in oënskou geneem word, is dat elke saak sal afhang van die

meriete of die hof gaan beslis dat daar ʼn regsplig geplaas is op die Polisie of

owerheidsinstansies om menseregte te beskerm. Indien die regsplig nie nagekom is nie,

sal deliktuele aanspreeklikheid volg.

Met dit as vertrekpunt kan gekyk word wat die Konstitusionele Hof se benadering was

rakende die regsplig wat bestaan het in die Carmichele-saak en hoe die Grondwet op die

gebied van die deliktereg toegepas word.

Die feite in die saak was die volgende :

A is brutaal deur C aangerand, terwyl sy by haar moeder (B) gekuier het. C was vantevore

skuldig bevind aan huisbraak en onsedelike aanranding op grond waarvan hy beboet en

tot opgeskorte gevangenisstraf gevonnis is. Ten tyde van die aanranding was daar ook ʼn

klag van verkragting hangende teen hom, maar hy is deur die landdros op aanbeveling van

die ondersoekbeampte op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Kort na sy vrylating het B die

polisie versoek om C hangende sy verhoor aan te hou. Die polisie het die saak met die

aanklaer bespreek, maar het B meegedeel dat tensy C ʼn verdere misdaad pleeg, niks

gedoen kon word nie. Kort hierna – na ʼn selfmoordpoging en ʼn onderhoud met die

aanklaer waaruit ernstige seksuele afwykings geblyk het – word C gearresteer en vir

waarneming na ʼn psigiatriese hospitaal verwys. Die verslag van die hospitaal het C nóg

582 Sien in hierdie verband Ans v Merton LBC 1978 AC 728, Murphy v Brentwood DC 199(1) AC 398 met betrekking tot aanspreeklikheid vir suiwer

ekonomiese verlies, en wat Suid-Afrika betref – Minister van Polisie v Ewels 1975(3) SA 590 (A) vir 'n late (ommissio) en Administrateur, Natal v Trust Bank

van Afrika Beperk 1979(3) SA 824 (A) (nalatige wanvoorstelling).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!