Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

259 Die enigste regverdigingsgrond vir hierdie vereiste blyk dat die skynbare onbillikheid van die bestaande reël vervaag indien die risiko – of gevaarskeppingsgrondslag vir die actio as uitgangspunt geneem word. Ten slotte is ook aangevoer dat die eiser/respondent se toestemming tot die risiko van benadeling sy vordering belemmer. Indien daar toestemming teenwoordig sou wees, beteken dit dat die eiser geen regskrenking gely het nie, ofskoon daar wel op ʼn regtens beskermde belang van hom inbreuk gemaak is. Die hof beslis dat daar geen bewys van sodanige toestemming gelewer is nie. Dit is weliswaar so dat regslui ook in die verlede die komiese raakgesien het met betrekking tot die actio de pauperie. Tong in die kies kan die volgende tog aangehaal word, aansien dit sekerlik aan Pres F.W. Reitz van die Oranje Vrystaat en vroeëre hoofregter genot verskaf het : “DIE PROKUREUR SIJ HOND “Goei more, Prokureur – geef mij tog bietjie raad. Mij is ʼn ding gebeur, hier buite op die straat. Daar kom ʼn slegte hond, net vlak hier voor jou deur, en bijt mij in die been; mij broek is glad verskeur. Dit was ʼn nuwe broek, en ik wil jou nou vra’ of dit nie molik is, so ʼn kerel an te kla wat sulke slegte goed laat los loop op die straat, om mij somar te bijt, as ik hier langes gaat”. “Welseker, mij vrind – dit staat jou altijd vrij om van de hond sij Baas die skade weer te krij.” “Wat denk meneer daarvan : sal dit te baing wees om 10 sielings te vra ver skade van die baas?” “Wel al te seker niet – die eienaar moet beskou dat 10 sielings is min, as hij so ʼn hond wil hou.” “Wel, Baas, dan raak jij oek nou net 10 sielings kwijt, dit was jou ei’e hond, die het mij so gebijt.” “Mij hond! Mij Pollo dan, het hij jou so gekrij; “Mar as jij seker is, dan sal ik oek niet strij”, Dê, vat dan mar jou geld – wat reg is moet bestaan, Al sou die wêreld oek daaronder moet vergaan.” Die Boer die moet to skater van die lag; Hij vat die geld heel vrolik, want hy dag : ʼn Prokureur mag glad wees met sij bek; Tog kijk ʼn domme Boer hom in die nek. So stap hÿ weg, mar kom net bÿ die deur :

“Stop, vrind, wag, stop!” seg toe die Prokureur, “Di’s alles goed en wel, die skade van mij hond; Mar ik moet jou vertel, mij raad die kos ʼn pond. So geef mij hier mar gou mij 10 sielings nou weer, Dan skuld jij mij voor raad nog net een half pond meer; Want dit is tog mar waar – wat reg is moet bestaan, Al sou die wêreld oek daaronder moet vergaan.” 559 260 Al sou die wêreld ook daaronder moet vergaan, kan daar ongetwyfeld saamgestem word met die hof se bevindings ten aansien van al drie die verwere wat namens die appellant aangevoer is. Die actio legis acquiliae kon nie hedendaags aan die behoefte voldoen wat die geval by die Actio de Pauperie is nie. Dit wil voorkom of hierdie sogenaamde “primitiewe regsmiddel” in wese weens die afwesigheid van die skuldvereiste vir aanspreeklikheid meer byderwets blyk te wees as die aquiliese aksie met sy skuldgrondslag. Die vraag wat gevra moet word, is of daar nie algemeen aanvaar kan word dat die verknogtheid aan skuld as aanspreeklikheidsgrondslag nie eerder as uitgedien beskou moet word nie. Met verwysing na die bogemelde aanslag wat geloods is op die voortbestaan van die Romeins-Hollandse aksiegrond, naamlik die actio de pauperie, is dit duidelik dat die howe nie sommer sal torring en verander aan ʼn gevestigde regsgrondslag nie. Indien die hof sou beslis het dat daar in ons moderne Suid-Afrikaanse Reg geen plek meer sou bestaan vir die actio de pauperie nie, sou ons nie net uit pas gewees het met die meeste ander moderne regstelsels, soos veral die Duitse Reg nie, waar skuldlose aanspreeklikheid vir nadeel deur huisdiere veroorsaak, erken word, maar sal daar vars aanslae na vore kom teen ander gemeenregtelike deliksremedies wat nie op ʼn skuldgrondslag berus nie. Hierdie uitspraak moet gesien word as ʼn oorwinning vir die behoud van die Romeins-Hollandse gemenereg en nie as sulks sleg vir die behoud van die actio de pauperie nie. 3. ʼn VERDERE TOEPASSING VAN DIE GRONDWET OP DIE DELIKTEREG : DIE REG OM VRY TE WEES VAN PUBLIEKE OF PRIVATE GEWELD 559 Reitz, 1916. In teenstelling met die deliksremediedie actio de pauperie, soos hierbo bespreek - is daar tog gebiede in die deliktereg waar die Grondwet ʼn positiewe impak sal hê. As toeligting hiervan sal vervolgens gekyk word na die beslissing van Carmichele v Minister of

259

Die enigste regverdigingsgrond vir hierdie vereiste blyk dat die skynbare onbillikheid

van die bestaande reël vervaag indien die risiko – of gevaarskeppingsgrondslag vir

die actio as uitgangspunt geneem word.

Ten slotte is ook aangevoer dat die eiser/respondent se toestemming tot die risiko

van benadeling sy vordering belemmer. Indien daar toestemming teenwoordig sou

wees, beteken dit dat die eiser geen regskrenking gely het nie, ofskoon daar wel op

ʼn regtens beskermde belang van hom inbreuk gemaak is. Die hof beslis dat daar

geen bewys van sodanige toestemming gelewer is nie.

Dit is weliswaar so dat regslui ook in die verlede die komiese raakgesien het met

betrekking tot die actio de pauperie. Tong in die kies kan die volgende tog

aangehaal word, aansien dit sekerlik aan Pres F.W. Reitz van die Oranje Vrystaat

en vroeëre hoofregter genot verskaf het :

“DIE PROKUREUR SIJ HOND

“Goei more, Prokureur – geef mij tog bietjie raad. Mij is ʼn ding gebeur, hier

buite op die straat. Daar kom ʼn slegte hond, net vlak hier voor jou deur, en bijt

mij in die been; mij broek is glad verskeur.

Dit was ʼn nuwe broek, en ik wil jou nou vra’ of dit nie molik is, so ʼn kerel an te

kla wat sulke slegte goed laat los loop op die straat, om mij somar te bijt, as ik

hier langes gaat”.

“Welseker, mij vrind – dit staat jou altijd vrij om van de hond sij Baas die skade

weer te krij.” “Wat denk meneer daarvan : sal dit te baing wees om 10 sielings

te vra ver skade van die baas?”

“Wel al te seker niet – die eienaar moet beskou dat 10 sielings is min, as hij so

ʼn hond wil hou.”

“Wel, Baas, dan raak jij oek nou net 10 sielings kwijt, dit was jou ei’e hond, die

het mij so gebijt.”

“Mij hond! Mij Pollo dan, het hij jou so gekrij; “Mar as jij seker is, dan sal ik oek

niet strij”, Dê, vat dan mar jou geld – wat reg is moet bestaan, Al sou die

wêreld oek daaronder moet vergaan.”

Die Boer die moet to skater van die lag;

Hij vat die geld heel vrolik, want hy dag :

ʼn Prokureur mag glad wees met sij bek;

Tog kijk ʼn domme Boer hom in die nek.

So stap hÿ weg, mar kom net bÿ die deur :

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!