Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

253 Hierdie reëls van natuurlike geregtigheid kan sekerlik ook van toepassing gemaak word op ander staatskontrakte, waar die omstandighede dit daartoe verleen. Word daar terug verwys na Artikels 24 en 33 van die Interim en Finale-Grondwette, is dit nie moeilik om in te sien dat die reëls van natuurlike geregtigheid vereis dat administratiewe optrede prosedureel billik moet wees nie. Indien ʼn mens uitgekontrakteerde ooreenkomste klassifiseer as “administratiewe optrede”, moet die vereistes van prosedurele billikheid nagekom word. Dit bring inter alia mee dat ʼn werknemer die geleentheid gebied word om aangehoor te word, dat partye ingelig word van besluite wat teen hulle sal tel, en dat ʼn administratiewe orgaan sy diskresionêre bevoegdhede onbevooroordeeld sal uitoefen. 5.2.5.5 REDELIKHEID Artikel 33 van die Grondwet vereis dat administratiewe optrede billik moet wees. Waar die uitgekontrakteerde ooreenkoms geklassifiseer sal word as ‘administratiewe optrede’, is daar geen twyfel dat die vereistes van geregtigheid en redelikheid van toepassing sal wees nie. Aangesien hierdie twee konsepte die nakoming van faktore soos rasionaliteit, legaliteit en proporsionaliteit vereis, kan die vraag gevra word of dit toepaslik sal wees in die kader van die uitgekontrakteerde ooreenkomste?

Hoofstuk 7 DIE IMPAK VAN DIE GRONDWET OP DIE DELIKTEREG 1. GRONDWETLIKE HERVORMING 254 Met die nuwe demokratiese bestel in Suid-Afrika, was dit duidelik dat die Suid- Afrikaanse deliktereg ook nie grondwetlike hervorming sou vryspring nie. Grondwetlike hervorming op die gebied van die deliktereg het ʼn mindere impak gehad as op die gebied van die kontraktereg. Dit kan sekerlik toegeskryf word aan die feit dat die billikheidsaspek meer sentraal na vore tree op die gebied van die kontraktereg, waar twee partye met mekaar onderhandel en dan ʼn ooreenkoms sluit. Die howe kan egter nie lukraak wysigings op die gebied van die deliktereg aanbring, bloot om grondwetlike hervorming te handhaaf nie. Die nodige versigtigheid sal nog steeds aan die dag gelê word. Die Hoogste Hof van Appèl is weldra voor die toets van grondwetlike hervorming geplaas in die saak van Loriza Brahman v Dippenaar. 545 Een van die oudste aksies in die Suid- Afrikaanse deliktereg, naamlik die actio de pauperie, het onder skoot gekom. 546 2. DIE ACTIO DE PAUPERIE EN GRONDWETLIKE ONTWIKKELING Speel die Actio De Pauperie, wat uit die vroegste tydperk van die Romeinse Reg dateer, vandag nog ʼn rol as basis vir vorderinge wat spruit uit die gedrag van huisdiere of mak diere? Hierdie aksie is in die verlede deeglik deur verskeie skrywers gedebatteer. 547 Hierdie aksie het een groot voordeel deurdat die eiser nie enige van die sogenaamde “delikselemente” aan die kant van die verweerder hoef te bewys nie. Hierdie regsmiddel dank sy ontstaan en voortbestaan aan die behoefte om eienaarskap, eerder as skuld (waarby onregmatigheid by implikasie inbegrepe is), as aanspreeklikheidsbasis te aanvaar – ʼn gegewe wat daarop dui dat ons hier met een van die vroegste vorms van risiko – aanspreeklikheid te make het. 548 Die aanpassing waarvan Van der Merwe gewag maak, is die feit dat die “moderne” Actio de Pauperie van die moderne Romeins-Hollandse Reg nie meer, soos vroeër, ʼn sogenaamde “noksale” aksie is nie549 en dat die eienaar van die dier 545 2002(2) SA 477 (HHA). 546 Die feite van die saak was dat die respondent by 'n veiling deur 'n Brahmanvers, genaamd Alicia, wat aan die eerste appellant ('n stoetboerdery) behoort het, onderstebo geloop en beseer is. Die respondent het die eerste appellant in 'n provinsiale afdeling met die actio de pauperie aangespreek vir die skade wat hy na bewering as gevolg van Alicia se optrede, gely het. Die respondent (eiser) se been is gebreek. Die hof a quo het 'n verklarende bevel in die respondent se guns gemaak. Dit het geblyk dat die respondent 'n veilingskraal binnegegaan het en dat Alicia deel was van 'n kudde van ongeveer 25 verse wat in die kraal was. Die respondent wat besig was om na 'n katalogus te kyk, het nie die verse gesien nie en was glad nie van hul teenwoordigheid in die kraal bewus nie. Nie een van die ander verse het die respondent stormgeloop nie. 547 Sien bv Neethling et al, 2002:392 ev; Burchell, 1993:250 ev; Van der Merwe & Olivier, 1989:486 ev, sien ook Van der Merwe & Rabie, 1993:232 ev. 548 Vgl hieroor Van der Merwe, 1970:58 wat na aanleiding van die uitspraak in O’Callaghan v Chaplin 1927 AD 310, tot die slotsom kom :”Blote eienaarskap van die dier word as basis vir aanspreeklikheid aanvaar. Hierdeur word die historiese ontwikkeling van die aksie bevestig en by moderne omstandighede aangepas”. 549 Hier moes die eienaar van die dier wat skade veroorsaak het, sy skadevergoedingsplig vermy deur oorhandiging van die betrokke dier aan die eiser – sien in besonder Zimmerman, 1990:1099 en verder.

Hoofstuk 7

DIE IMPAK VAN DIE GRONDWET OP DIE DELIKTEREG

1. GRONDWETLIKE HERVORMING

254

Met die nuwe demokratiese bestel in Suid-Afrika, was dit duidelik dat die Suid- Afrikaanse

deliktereg ook nie grondwetlike hervorming sou vryspring nie. Grondwetlike hervorming op

die gebied van die deliktereg het ʼn mindere impak gehad as op die gebied van die

kontraktereg. Dit kan sekerlik toegeskryf word aan die feit dat die billikheidsaspek meer

sentraal na vore tree op die gebied van die kontraktereg, waar twee partye met mekaar

onderhandel en dan ʼn ooreenkoms sluit.

Die howe kan egter nie lukraak wysigings op die gebied van die deliktereg aanbring, bloot

om grondwetlike hervorming te handhaaf nie. Die nodige versigtigheid sal nog steeds aan

die dag gelê word.

Die Hoogste Hof van Appèl is weldra voor die toets van grondwetlike hervorming geplaas

in die saak van Loriza Brahman v Dippenaar. 545 Een van die oudste aksies in die Suid-

Afrikaanse deliktereg, naamlik die actio de pauperie, het onder skoot gekom. 546

2. DIE ACTIO DE PAUPERIE EN GRONDWETLIKE ONTWIKKELING

Speel die Actio De Pauperie, wat uit die vroegste tydperk van die Romeinse Reg dateer,

vandag nog ʼn rol as basis vir vorderinge wat spruit uit die gedrag van huisdiere of mak

diere? Hierdie aksie is in die verlede deeglik deur verskeie skrywers gedebatteer. 547

Hierdie aksie het een groot voordeel deurdat die eiser nie enige van die sogenaamde

“delikselemente” aan die kant van die verweerder hoef te bewys nie. Hierdie regsmiddel

dank sy ontstaan en voortbestaan aan die behoefte om eienaarskap, eerder as skuld

(waarby onregmatigheid by implikasie inbegrepe is), as aanspreeklikheidsbasis te aanvaar

– ʼn gegewe wat daarop dui dat ons hier met een van die vroegste vorms van risiko –

aanspreeklikheid te make het. 548 Die aanpassing waarvan Van der Merwe gewag maak, is

die feit dat die “moderne” Actio de Pauperie van die moderne Romeins-Hollandse Reg nie

meer, soos vroeër, ʼn sogenaamde “noksale” aksie is nie549 en dat die eienaar van die dier

545 2002(2) SA 477 (HHA).

546 Die feite van die saak was dat die respondent by 'n veiling deur 'n Brahmanvers, genaamd Alicia, wat aan die eerste appellant ('n stoetboerdery) behoort

het, onderstebo geloop en beseer is. Die respondent het die eerste appellant in 'n provinsiale afdeling met die actio de pauperie aangespreek vir die skade

wat hy na bewering as gevolg van Alicia se optrede, gely het. Die respondent (eiser) se been is gebreek. Die hof a quo het 'n verklarende bevel in die

respondent se guns gemaak. Dit het geblyk dat die respondent 'n veilingskraal binnegegaan het en dat Alicia deel was van 'n kudde van ongeveer 25 verse

wat in die kraal was. Die respondent wat besig was om na 'n katalogus te kyk, het nie die verse gesien nie en was glad nie van hul teenwoordigheid in die

kraal bewus nie. Nie een van die ander verse het die respondent stormgeloop nie.

547 Sien bv Neethling et al, 2002:392 ev; Burchell, 1993:250 ev; Van der Merwe & Olivier, 1989:486 ev, sien ook Van der Merwe & Rabie, 1993:232 ev.

548 Vgl hieroor Van der Merwe, 1970:58 wat na aanleiding van die uitspraak in O’Callaghan v Chaplin 1927 AD 310, tot die slotsom kom :”Blote eienaarskap

van die dier word as basis vir aanspreeklikheid aanvaar. Hierdeur word die historiese ontwikkeling van die aksie bevestig en by moderne omstandighede

aangepas”.

549 Hier moes die eienaar van die dier wat skade veroorsaak het, sy skadevergoedingsplig vermy deur oorhandiging van die betrokke dier aan die eiser –

sien in besonder Zimmerman, 1990:1099 en verder.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!