Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

537 New South Wales v Bardolph 1934(52) CLR 455, 509. 249 privaat instansie aangestel word om funksies van die staat te verrig, moet die staat toesien dat die funksies beter geskied as wat dit sou plaasvind indien hy dit self sou verrig. Indien daar enige waarde in Seddon se bogemelde argument steek dat staatskontrakte beter beheer en reguleer moet word as ander kommersiële kontrakte, moet ons van die standpunt uitgaan dat die beginsels van publiekreg tesame met die beginsels van die kontraktereg, sal voldoen aan die taak om algemene staatskontrakte en uitgekontrakteerde kontrakte in die besonder te reguleer. Indien kontrakte geklassifiseer kan word as ʼn administratiewe handeling, sal dit onderhewig wees aan regterlike hersiening. 3.2.5.1 STATUTÊRE MAGTIGING Die algemene reël bestaan dat alle administratiewe magtiging en bevoegdheid uitgeoefen en uitgevoer moet word binne die grense van die relevante statutêre wetgewing, met ander woorde die magtigende wet of statuut. Hiervolgens word die kwalifikasies neergelê van die party wat mag optree en die omvang van die statutêre magtiging. Tree staatsinstansies buite hierdie kader op, is die handeling(e) ultra vires en vatbaar vir hersiening. In die praktyk is dit soms moeilik om te bepaal welke Wet die magtigende een is. ʼn Vraag wat beantwoord moet word, is of administratiewe gebruik, met ander woorde, die praktyk om kontrakte met diensverskaffers te sluit, die bron van administratiewe bevoegdheid geword het. In Australië vind ons drie bronne wat staatsbevoegdheid om te kontrakteer daarstel, te wete gemenereg, statute en die uitvoerende gesag. Aanvanklik is die houding ingeslaan dat die regering nie kontrakte kan sluit nie, behalwe wanneer die bevoegdheid eksplisiet deur statutêre wetgewing verleen is. Australiese akademici het hierdie siening egter verwerp, aangesien hulle die uitvoerende gesag beskou het as die bron wat bevoegdheid verleen het om kontrakte te kan sluit. Tans word die uitvoerende gesag ingevolge Artikel 6(1) van die Grondwet aanvaar as die bron wat bevoegdheid verleen om kontrakte te sluit, indien dit nie in wetgewing vervat is nie. 537

538 Ayr Harbour Trustees v Oswald 1883(8) AC 623. 539 Triggs v Staines Urban District Council 1969(1) CH 10. 540 1997(2) SA 799 (W) 803. 250 3.2.5.2 ʼn STAATSORGAAN MAG NIE SY TOEKOMSTIGE DISKRESIONÊRE BEVOEGDHEID AAN BANDE LÊ NIE. Dit is ʼn algemene beginsel in die Suid-Afrikaanse administratiefreg dat ʼn administratiewe gesagsorgaan nie sy diskresionêre bevoegdheid aan bande mag lê nie, maar wel die vryheid moet behou om sy diskresionêre bevoegdheid uit te oefen. Dit bring mee dat die administratiewe liggaam nie ʼn rigiede houding kan inslaan hoe sy diskresie uitgeoefen moet word nie, aangesien dit sou meebring dat die liggaam nie sy aandag aan die saak bestee het nie. Hierdie algemene beginsel is ook op kontrakte van toepassing. ʼn Owerheidsorgaan mag nie ʼn kontrak aangaan wat nie versoenbaar is met die behoorlike uitvoering van die owerheidsorgaan se bevoegdheid en verpligtinge nie. Die orgaan mag nie sy bevoegdheid aan bande lê nie, want dié moet altyd in openbare belang optree. Wat is die uitwerking indien die staat wel sy diskresionêre bevoegdheid aan bande gelê het? Die Engelse Reg stel dit duidelik : “where a substantial part of the consideration provided by a public body under a contract is a promise which is an unlawful fetter on its discretion, in case of statutory authorities the whole contract is void. It is unenforceable against the authority 538 and it is unenforceable by the authority .”539 Ons howe het ook bevind dat ʼn gesagsorgaan nie kontraktueel sy diskresionêre bevoegdheid aan bande mag lê nie. In Southern Metropolitan Substructure v Thompson 540 is beslis dat ʼn plaaslike owerheid homself nie kontraktueel aan bande mag lê nie, om te verhoed dat sy diskresie uitgeoefen word soos deur wetgewing bepaal. Die uitsluitlike doel van ʼn plaaslike owerheid is om sy eie vryheid te bewaar om in elke saak te beslis soos die openbare belang dit vereis. Alhoewel die algemene reël is dat staatsinstansies nie bevoeg is om hul diskresionêre bevoegdhede aan bande te lê nie, is daar geen twyfel dat daar wel staatskontrakte aangegaan word wat die staat se diskresionêre bevoegdheid aan bande lê. Daar kan egter ook

537 New South Wales v Bardolph 1934(52) CLR 455, 509.

249

privaat instansie aangestel word om funksies van die staat te verrig, moet die

staat toesien dat die funksies beter geskied as wat dit sou plaasvind indien hy

dit self sou verrig.

Indien daar enige waarde in Seddon se bogemelde argument steek dat

staatskontrakte beter beheer en reguleer moet word as ander kommersiële

kontrakte, moet ons van die standpunt uitgaan dat die beginsels van

publiekreg tesame met die beginsels van die kontraktereg, sal voldoen aan

die taak om algemene staatskontrakte en uitgekontrakteerde kontrakte in die

besonder te reguleer. Indien kontrakte geklassifiseer kan word as ʼn

administratiewe handeling, sal dit onderhewig wees aan regterlike hersiening.

3.2.5.1 STATUTÊRE MAGTIGING

Die algemene reël bestaan dat alle administratiewe magtiging en

bevoegdheid uitgeoefen en uitgevoer moet word binne die grense

van die relevante statutêre wetgewing, met ander woorde die

magtigende wet of statuut. Hiervolgens word die kwalifikasies

neergelê van die party wat mag optree en die omvang van die

statutêre magtiging. Tree staatsinstansies buite hierdie kader op, is

die handeling(e) ultra vires en vatbaar vir hersiening.

In die praktyk is dit soms moeilik om te bepaal welke Wet die

magtigende een is. ʼn Vraag wat beantwoord moet word, is of

administratiewe gebruik, met ander woorde, die praktyk om

kontrakte met diensverskaffers te sluit, die bron van administratiewe

bevoegdheid geword het. In Australië vind ons drie bronne wat

staatsbevoegdheid om te kontrakteer daarstel, te wete gemenereg,

statute en die uitvoerende gesag. Aanvanklik is die houding

ingeslaan dat die regering nie kontrakte kan sluit nie, behalwe

wanneer die bevoegdheid eksplisiet deur statutêre wetgewing

verleen is. Australiese akademici het hierdie siening egter verwerp,

aangesien hulle die uitvoerende gesag beskou het as die bron wat

bevoegdheid verleen het om kontrakte te kan sluit. Tans word die

uitvoerende gesag ingevolge Artikel 6(1) van die Grondwet aanvaar

as die bron wat bevoegdheid verleen om kontrakte te sluit, indien dit

nie in wetgewing vervat is nie. 537

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!