Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

247 Die verhouding is een van ongelykheid, aangesien die uitoefening van staatsgesag die staat in ʼn hoër posisie vis-a-vis die individu, administratiewe liggaam of orgaan plaas. In teorie bring dit mee dat die publiekregtelike verhouding beheer voer oor die staatsorgane en individue of tussen regeringsinstansies inter se. Die privaatregverhouding is andersins een van gelykheid. Daar is reeds hierbo vermeld dat die grondwetlike reg van gelykheid in ʼn privaatregtelike kontraktuele verhouding nie veel hond haar-af gemaak het as ʼn verweer wat deur ʼn “benadeelde” party tot die kontrak geopper word nie. Wat die argument van gelykheid/ongelykheid van die publiek-/ privaatregverhouding behels, strook dit veral nie waar daar met die sogenaamde administratiewe kontrak, ofte wel staatskontrak, te doen gekry word nie. Dit is algemene praktyk dat die staat ook privaatregtelike ooreenkomste kan sluit, waar beide partye tot die ooreenkoms op gelyke voet met mekaar verkeer. Hier word die ooreenkoms op konsensus tussen die partye gesluit en die staat oefen geen staatsgesag uit nie. Die administratiewe ooreenkoms openbaar egter privaat-en publiekregtelike eienskappe. Die ooreenkoms neem ʼn privaatregvorm aan, maar besit nog ʼn publiekregtelike element, aangesien die staat met ʼn mate van gesag optree. ʼn Belangrike vraag kan nou gevra word of die administratiewe ooreenkoms ook onderhewig is aan regterlike hersiening op dieselfde manier as waaraan administratiewe handelinge onderhewig is. Tradisioneel het hersiening nog altyd te doen gehad met die vasstelling of die administratiewe handeling geldig is. Dit is soos om vir die howe te vra of die administratiewe handeling regmatig was, of om te bepaal of die handeling prosedureel billik en redelik was. ʼn Duidelike voorbeeld ter illustrasie hiervan word gevind by die dienskontrakte in die arbeidsreg. Hier het die howe aanvaar dat sekere publiekregtelike beginsels, veral die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid (procedural fairness), van toepassing was op die dienskontrak tussen die staat en die werknemers. 535 535 Sien in die verband Administrator Transvaal v Zenzile 1991(1) SA 21 (A); Administrator Natal v Sibiya 1992(4) SA 532 (H); Toerien v De Villiers No 1995(2) SA 879 (C) en Claude Neon Limited v Germiston City Council 1995(3) SA 710 (W), waar die howe 'n wyer benadering gevolg het ten opsigte van die toepassing van die administratiefreg beginsels op ooreenkomste gesluit deur die Staat.

3.2.5 DIE VERSKIL TUSSEN STAATSKONTRAKTE EN ANDER KONTRAKTE 248 Die hedendaagse tendens is dat in ʼn moderne demokratiese staat al meer van privatisering gebruik gemaak word, waar die staat sy funksies uitkontrakteer. Die funksies en die uitvoering daarvan word gedelegeer aan privaat liggame en die vraag is hoe hierdie funksies in die reg gereguleer word. Is die reëls van natuurlike geregtigheid van toepassing op die privaat liggaam wat owerheidsfunksies uitvoer en is hierdie uitvoering van die funksies onderhewig aan regterlike hersiening? Om hierdie vraag te beantwoord, moet eerstens gekyk word wat die verskil is tussen ʼn staatskontrak en ander vorme van kontrakte. Seddon, ʼn Australiese regsgeleerde, is van mening dat ʼn ekstra lagie van die reg van toepassing moet wees, waar te doen gekry word met kommersiële staatskontrakte. Hierdie siening is dat staatskontrakte om drie redes uniek is : 536 (1) Die staat moet ʼn goeie voorbeeld stel en moet die toepassing van gesag beperk. (2) Toegang tot staatskontrakte moet versigting gemonitor word om te verseker dat burgers ewe veel geleentheid gebied word om (3) staatsbesigheid te bekom. Besigheid moet openlik en op ʼn billike grondslag plaasvind. Hier vind ons die groot verskil tussen staatskontrakte en gewone kommersiële kontrakte. Hierdie toegangsoogmerk onderskei die staat van ander privaat kontrakteurs. ʼn Privaat kontrakteur hoef hom/haar nie te bekommer oor die eweredige verspreiding van kooppotensiaal nie en hoef ook nie toe te sien dat daar ʼn eweredige verspreiding van bronne is nie. Die staat bevind homself in ʼn monopolistiese situasie aangesien dit in beheer is van staatsbronne en die plig het om toe te sien dat dit billik en gelykmatig versprei word. Om dan billikheid en gelykheid te verseker, moet regsmeganismes ingestel word, waardeur die toegangsdoelwit nagegaan kan word. Die staat het ook ʼn plig om na publieke bronne om te sien en te bewaar. Omdat die staat gemeenskapsfondse toepas, moet die staat as trustee, beskermheer of voog namens die publiek, die beste waarde vir geld bekom, of alternatiewelik die beste prys bekom vir bates wat verkoop word. Waar ʼn 536 Seddon, 1995:16; “Governments are expected to set a good example and are therefore required to exercise restraint in exercising power. Since the balance between fair dealing and best value for money is not an easy one, the government may be equated with a trustee in the sense that it controls public funds on behalf of the people. However, the government unlike a trustee, not only has to look after the interest of the beneficiary (the people in this instance) but must look after the interests of the contractor (a citizen). He acknowledges that achieving fair trading and the best value for money is a delicate balance.”

247

Die verhouding is een van ongelykheid, aangesien die uitoefening van

staatsgesag die staat in ʼn hoër posisie vis-a-vis die individu, administratiewe

liggaam of orgaan plaas. In teorie bring dit mee dat die publiekregtelike

verhouding beheer voer oor die staatsorgane en individue of tussen

regeringsinstansies inter se. Die privaatregverhouding is andersins een van

gelykheid.

Daar is reeds hierbo vermeld dat die grondwetlike reg van gelykheid in ʼn

privaatregtelike kontraktuele verhouding nie veel hond haar-af gemaak het as

ʼn verweer wat deur ʼn “benadeelde” party tot die kontrak geopper word nie.

Wat die argument van gelykheid/ongelykheid van die publiek-/

privaatregverhouding behels, strook dit veral nie waar daar met die

sogenaamde administratiewe kontrak, ofte wel staatskontrak, te doen gekry

word nie.

Dit is algemene praktyk dat die staat ook privaatregtelike ooreenkomste kan

sluit, waar beide partye tot die ooreenkoms op gelyke voet met mekaar

verkeer. Hier word die ooreenkoms op konsensus tussen die partye gesluit

en die staat oefen geen staatsgesag uit nie. Die administratiewe ooreenkoms

openbaar egter privaat-en publiekregtelike eienskappe. Die ooreenkoms

neem ʼn privaatregvorm aan, maar besit nog ʼn publiekregtelike element,

aangesien die staat met ʼn mate van gesag optree. ʼn Belangrike vraag kan

nou gevra word of die administratiewe ooreenkoms ook onderhewig is aan

regterlike hersiening op dieselfde manier as waaraan administratiewe

handelinge onderhewig is.

Tradisioneel het hersiening nog altyd te doen gehad met die vasstelling of die

administratiewe handeling geldig is. Dit is soos om vir die howe te vra of die

administratiewe handeling regmatig was, of om te bepaal of die handeling

prosedureel billik en redelik was.

ʼn Duidelike voorbeeld ter illustrasie hiervan word gevind by die

dienskontrakte in die arbeidsreg. Hier het die howe aanvaar dat sekere

publiekregtelike beginsels, veral die toepassing van die reëls van natuurlike

geregtigheid (procedural fairness), van toepassing was op die dienskontrak

tussen die staat en die werknemers. 535

535 Sien in die verband Administrator Transvaal v Zenzile 1991(1) SA 21 (A); Administrator Natal v Sibiya 1992(4) SA 532 (H); Toerien v De Villiers No

1995(2) SA 879 (C) en Claude Neon Limited v Germiston City Council 1995(3) SA 710 (W), waar die howe 'n wyer benadering gevolg het ten opsigte van

die toepassing van die administratiefreg beginsels op ooreenkomste gesluit deur die Staat.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!