Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

239 ongrondwetlikheid erken as vasstelling van openbare beleid nie, maar dat daar reeds ʼn waarde-afweging gemaak is tussen pacta sunt servanda en goeie trou (ten opsigte van ʼn ongedifferensieerde verwysing na onbillikheid). Riglyne het vir howe gekristalliseer om in soortgelyke gevalle na te volg, behalwe waar daar omstandighede bestaan wat op verdere aanpassing dui. Die Brisley-saak bevestig, na aanleiding van Sasfin, dat dié beginsel ʼn fondasie daargestel het vir die hantering deur die howe van ʼn ongedifferensieerde beginsel van goeie trou of onderlinge billikheid, en dat die howe op analoë sake waar feitlike veranderlikes ingevolge die kontraktereg voorkom dieselfde beginsel kan toepas om tot ʼn korrekte beslissing te kom. Gevolglik sal daar nie verskillende beslissings deur die howe gegee word waar veral te doen gekry word met ʼn nie-veranderingsklousule nie. ʼn Vraagstuk wat uit die Brisley-saak na vore gekom het, was die feit dat die hof nie goeie trou gedefinieer het nie, maar dit slegs as onderliggende waarde erken het. Die hof het slegs beslis dat howe hulle moet verlaat op grond van billikheid en geregtigheid in die loop van regskepping. Die regter se individuele persepsies sal hier ʼn belangrike rol speel. Die fundamentele regte soos vervat in die Handves van Menseregte, is ook in die algemeen en ongedefinieerd geformuleer. Dit vereis steeds dat die howe in meer besonderhede die regte sal vorm en ontwikkel. Van insiggewende belang is die steun in die Afrox-saak vir appèlregter Cameron se stelling in die Brisley-saak aangaande die funksionering van die regte tot gelykheid, vryheid en waardigheid as steunpilare vir die algemene erkenning in ons kontraktereg vir die vryheid en afdwinging van die ooreenkoms. Die Grondwet verlang nie net die erkenning van kontraktuele vryheid nie, maar ook dat die kontraktereg ʼn raamwerk daar sal stel waarvolgens die bevoegdheid om te kontrakteer sal bydra om ons selfrespek en waardigheid uit te brei, eerder as om dit te verminder. Wanneer waardigheid in oënskou geneem word, kan daar tereg na Immanuel Kant se beskouing verwys word. 526 Waardigheid omvat die inherente waarde van die individu, asook die voortvloeiende beginsel dat ʼn mens nie as ʼn blote voorwerp hanteer moet word nie. Nieteenstaande die waarde wat daar in die kontraktereg aan waardigheid verleen word, moet ons konsep van waardigheid self bepaal word, deurdat ʼn individu nie sal “act contrary to the equally necessary self esteem to others, as human beings, that is, he is under obligation to acknowledge, in a practical way, the dignity of humanity in every other human being”. 527 Die uitbouing van die implikasies wat die grondwetlike reg tot waardigheid in die kontraktereg inhou, is egter nie ʼn maklike aangeleentheid nie. 526 Kant, 1996:209. Sien ook Kant se formulering van die Kategoriese Imperatief : “Act in such a way that you always treat humanity, whether in your own person or in the person of any other, never simply as a means, but always as a means to an end”. 527 Kant, 1996:209.

240 Ten slotte kan daarop gewys word dat die howe se konklusies verkry in die Brisley v Drotsky en Afrox Health Care Beperk v Strydom-sake, gebaseer was op hul persepsies dat in beide gevalle daar nie omstandighede bestaan het waar grondwetlike waardes of onderliggende oorwegings van billikheid wat kan opweeg teenoor en moontlik die openbare belang kon troef dat ooreenkomste streng nagekom moes word nie. In bogemelde gesag het die howe vasgeklou aan die beginsels van kontrakteervryheid en die pacta sunt servanda-beginsel. Daar sal egter ʼn deeglike analise moet plaasvind van wat die grondwetlike waardes behels, aangesien dit van essensiële belang sal wees om te weet op welke maniere die gemenereg uitgebrei en ontwikkel moet word. In Afdeling D is veral verwys na wat verstaan moet word onder kontrakteervryheid en die openbare belang, aangesien dit veral wat openbare belang betref, aspekte is waarna howe verwys, sonder dat dit duidelik omskryf is. Uit die gemenereg is dit duidelik hoe die howe in geval van die strenge nakoming van ooreenkomste, probleemsituasies hanteer het. Die Konstitusionele Hof was korrek in sy beklemtoning dat die behoorlike waardering van beide die Grondwet en ons gemenereg noodsaaklik is om gevolg te gee aan die verpligting om die gemenereg te ontwikkel. Hierdie ontwikkeling moet in so ʼn mate geskied, dat dit die optimale realisering van die objektiewe normatiewe waardesisteem vervat in die Grondwet, sal verseker. 528 3. DIE SKEIDSLYN TUSSEN PUBLIEK- EN PRIVAATREG, MET VERWYSING NA STAATSKONTRAKTE 3.1 STAATSKONTRAKTE Hierbo is spesifiek verwys na ooreenkomste aangegaan tussen privaat partye en hoe die gemenereg ontwikkel of uitgebrei moet word, om indien moontlik, moontlike oplossings te bied, vir benadeelde partye wat glo dat hul Handvesregte aangetas is. Vervolgens word gekyk na kontrakte wat die staat met privaat instansies sluit. Die staatsverpligtinge word dan uitgeoefen deur ʼn privaat organisasie namens die staat. Die staat behou steeds ʼn kontrolebevoegdheid deur wetgewing opgelê. Welke remedies, ingevolge bogemelde kontraktuele verhouding, is beskikbaar vir ʼn benadeelde derde party en moet hy/sy hom/haar op privaat of publiekregtelike remedies beroep? Wat die staatkundige ontwikkeling van die Republiek van Suid-Afrika betref, het drastiese veranderinge in die afgelope aantal jare plaasgevind. Ons sien dat die 19de-eeuse nagwag-staat, wat gemik was om die veiligheid en sekuriteit van sy 528 Carmichele v Minister of Safety and Security 2001(4) SA 938( CC), paragraaf 54 en 55.

239

ongrondwetlikheid erken as vasstelling van openbare beleid nie, maar dat daar

reeds ʼn waarde-afweging gemaak is tussen pacta sunt servanda en goeie trou (ten

opsigte van ʼn ongedifferensieerde verwysing na onbillikheid).

Riglyne het vir howe gekristalliseer om in soortgelyke gevalle na te volg, behalwe

waar daar omstandighede bestaan wat op verdere aanpassing dui. Die Brisley-saak

bevestig, na aanleiding van Sasfin, dat dié beginsel ʼn fondasie daargestel het vir die

hantering deur die howe van ʼn ongedifferensieerde beginsel van goeie trou of

onderlinge billikheid, en dat die howe op analoë sake waar feitlike veranderlikes

ingevolge die kontraktereg voorkom dieselfde beginsel kan toepas om tot ʼn korrekte

beslissing te kom. Gevolglik sal daar nie verskillende beslissings deur die howe

gegee word waar veral te doen gekry word met ʼn nie-veranderingsklousule nie. ʼn

Vraagstuk wat uit die Brisley-saak na vore gekom het, was die feit dat die hof nie

goeie trou gedefinieer het nie, maar dit slegs as onderliggende waarde erken het.

Die hof het slegs beslis dat howe hulle moet verlaat op grond van billikheid en

geregtigheid in die loop van regskepping. Die regter se individuele persepsies sal

hier ʼn belangrike rol speel. Die fundamentele regte soos vervat in die Handves van

Menseregte, is ook in die algemeen en ongedefinieerd geformuleer. Dit vereis

steeds dat die howe in meer besonderhede die regte sal vorm en ontwikkel.

Van insiggewende belang is die steun in die Afrox-saak vir appèlregter Cameron se

stelling in die Brisley-saak aangaande die funksionering van die regte tot gelykheid,

vryheid en waardigheid as steunpilare vir die algemene erkenning in ons

kontraktereg vir die vryheid en afdwinging van die ooreenkoms. Die Grondwet

verlang nie net die erkenning van kontraktuele vryheid nie, maar ook dat die

kontraktereg ʼn raamwerk daar sal stel waarvolgens die bevoegdheid om te

kontrakteer sal bydra om ons selfrespek en waardigheid uit te brei, eerder as om dit

te verminder. Wanneer waardigheid in oënskou geneem word, kan daar tereg na

Immanuel Kant se beskouing verwys word. 526 Waardigheid omvat die inherente

waarde van die individu, asook die voortvloeiende beginsel dat ʼn mens nie as ʼn

blote voorwerp hanteer moet word nie. Nieteenstaande die waarde wat daar in die

kontraktereg aan waardigheid verleen word, moet ons konsep van waardigheid self

bepaal word, deurdat ʼn individu nie sal “act contrary to the equally necessary self

esteem to others, as human beings, that is, he is under obligation to acknowledge,

in a practical way, the dignity of humanity in every other human being”. 527 Die

uitbouing van die implikasies wat die grondwetlike reg tot waardigheid in die

kontraktereg inhou, is egter nie ʼn maklike aangeleentheid nie.

526 Kant, 1996:209. Sien ook Kant se formulering van die Kategoriese Imperatief : “Act in such a way that you always treat humanity, whether in your own

person or in the person of any other, never simply as a means, but always as a means to an end”.

527 Kant, 1996:209.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!