Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

23 Van Zyl, 1991:754. Volgens Cicero is die ideale reg daardie reg wat in ooreenstemming met die natuur is : “True law is indeed right reason (recta ratio) in conformity with nature (natura) pertaining to all people constant and eternal...” 23 Cicero se siening oor billikheid spruit voort uit sy regsteorie. ʼn Belangrike teks in hierdie verband kom voor in die De partitione oratoria wat deur hom bespreek word in sy uiteensetting van die “regsteorie” (ratio iuris). Hy verdeel die ratio iuris in twee grondliggende kategorieë, te wete die natuur (natura) en die reg (lex). Die belangrikheid van elk van hierdie onderafdelings spruit voort uit die goddelike reg (divinum ius) en die menslike reg (humanum ius) onderskeidelik, een waarvan dui op billikheid (aequitas) en die ander op godsdiens (religio). Volgens hom is die krag van billikheid op ʼn tweërlei basis gegrondves : Enersyds berus dit op die direkte beginsel van waarheid, geregtigheid en dit wat “billik en goed” (aequum et bonum) is; andersins het dit betrekking op die uitruil van vergoeding, wat óf dank óf wraak, na gelang van die geval, kan wees. Beide hierdie fasette is gemeenskaplik aan die natuur (natura) en aan die reg (lex). Dit blyk dus dat Cicero ruim gebruik gemaak het van die Griekse bronne, veral Plato en Aristoteles, maar ook van die Stoïsynse skool. Deur hom op dié Griekse benadering te beroep, wil dit voorkom of hy die antieke Romeinse begrip van bonum et aequum (dit wat goed en billik is), tot die begrip van aequitas verhef het. Die begrip aequum et bonum kom, trouens, deurgaans in Cicero se werke voor, hoewel hy soms ook dié begrip aequum alleenstaande gebruik, gewoonlik om te dui op die verskil tussen ius aequum en ius strictum. Op soortgelyke wyse word aequum dikwels aangetref in verband met iustum, rectum of iniquum. ʼn Verwante begrip is aequiabilitas, wat voorkom in die sin van gelykheid, onbevooroordeeldheid of billikheid as sodanig. Dit wil egter nie voorkom of hy die begrippe “billikheid” of “gelykheid” as sinonieme beskou nie. Dit is duidelik dat die klassieke Romeinse Reg nou aansluiting gevind het by die opvattinge van Cicero. Die juris, Celsus, se definisie van reg as ius est ars boni et aequi weerspieël waarskynlik die klasieke standpunt oor billikheid. Dit vind weer aansluiting by Ulpianus se omskrywing van geregtigheid en die voorskrifte van die reg. Hy stel dit so : “... geregtigheid is die voortdurende en ewige begeerte om aan elk sy eie reg te laat toekom. Die voorskrifte van die reg is die volgende : om eerbaar te lewe, ʼn ander nie kwaad aan te doen nie en aan elk sy eie te laat toekom.” 13

In die na-klassieke Romeinse Reg het die klem op die etiese karakter van aequitas begin val. Die billikheid het nie bloot gedien as rigsnoer vir die wetgewer by die opstel van wetgewing nie, maar kan deur die regter aangewend word om slegs teen die bepalings van die positiewe reg in ʼn billike beslissing te gee. Die begrip aequitas het al nader aan regverdigheid beweeg en is selfs aan begrippe soos goedgunstigheid (benignitas of indulgentia) gekoppel. 24 Van die belangrikste begrippe in Cicero se regsfilosofie is dié betreffende geregtigheid (iustitia) en billikheid (aequitas). Geregtigheid is ʼn kardinale deug met ʼn moreel-etiese karakter. Dit word beskryf as ʼn geestestoestand (affectio of habitas aninis) gerig in belang van die medemens. Dit word geredelik geassosieer met ander deugde, soos goedhartigheid, bedagsaamheid en genade, terwyl dit ʼn sterk verband toon met goeie trou (fides). Die doel daarvan is om aan elk te gee wat hom toekom (suum cuique tribuere), om die waardigheid van elk te erken (suum cuique tribuens dignitatem), om die gemeenskapsbelang (communis utilitas) te dien en om deugsaamheid (honestum of virtus) en die “hoogste goed” (summum bonum) te bereik. Dit spruit voort uit die natuur en word in die menslike natuur gekonkretiseer. Ons vind Cicero se definisie rakende geregtigheid in sy verhandeling oor etiek getiteld “De finibus bonorum et maborum” (“on the ends of good and evil”). Cicero dui duidelik aan dat geregtigheid naby verwant is aan etiese en morele oorwegings. Nadat Cicero aangedui het dat al die deugde en die morele goedheid (honestum) wat daaruit ontstaan het, nagekom is, moet dit gesien word wat dit in werklikheid behels. Hy sê voorts : “This deposition, which urges that each should be granted his own, and which munificently and fairly protects this community of the human alliance, as I refer to it, is called justice (iustitia) and its adjuncts are piety (pietas), goodness (bonitas), generosity (liberalitas), kindness (benignitas), courtesy (comitas) and other characteristic’s of the same nature. And these traits are as much peculiar to justice as they are common to the remaining virtues. For since the nature of the man has been so generated that it has some form of innate civic and social character, which the Greeks refer to as politikon, whatever each virtue performs will not shrink from that community of interests, affection and human fellowship which I have explained. And justice, in turn, will pour itself forth for the benefit of the other virtues and in this manner will attain their excellence. For justice can be preserved by none but the just and wise man. Therefore the nature of this, what I may call, entire conglomerate and harmony of virtues is the same as that of moral goodness itself, since moral goodness is either virtue itself or that which has been achieved by virtue. A life in harmony with these 24 Buckland, 1955:55. Buckland merk egter tereg op dat hierdie benadering heelwat regsonsekerheid in die hand gewerk het. 14

In die na-klassieke Romeinse Reg het die klem op die etiese karakter van aequitas

begin val. Die billikheid het nie bloot gedien as rigsnoer vir die wetgewer by die

opstel van wetgewing nie, maar kan deur die regter aangewend word om slegs teen

die bepalings van die positiewe reg in ʼn billike beslissing te gee. Die begrip

aequitas het al nader aan regverdigheid beweeg en is selfs aan begrippe soos

goedgunstigheid (benignitas of indulgentia) gekoppel. 24

Van die belangrikste begrippe in Cicero se regsfilosofie is dié betreffende

geregtigheid (iustitia) en billikheid (aequitas). Geregtigheid is ʼn kardinale deug met

ʼn moreel-etiese karakter. Dit word beskryf as ʼn geestestoestand (affectio of habitas

aninis) gerig in belang van die medemens. Dit word geredelik geassosieer met

ander deugde, soos goedhartigheid, bedagsaamheid en genade, terwyl dit ʼn sterk

verband toon met goeie trou (fides). Die doel daarvan is om aan elk te gee wat hom

toekom (suum cuique tribuere), om die waardigheid van elk te erken (suum cuique

tribuens dignitatem), om die gemeenskapsbelang (communis utilitas) te dien en om

deugsaamheid (honestum of virtus) en die “hoogste goed” (summum bonum) te

bereik. Dit spruit voort uit die natuur en word in die menslike natuur gekonkretiseer.

Ons vind Cicero se definisie rakende geregtigheid in sy verhandeling oor etiek

getiteld “De finibus bonorum et maborum” (“on the ends of good and evil”). Cicero

dui duidelik aan dat geregtigheid naby verwant is aan etiese en morele oorwegings.

Nadat Cicero aangedui het dat al die deugde en die morele goedheid (honestum)

wat daaruit ontstaan het, nagekom is, moet dit gesien word wat dit in werklikheid

behels. Hy sê voorts :

“This deposition, which urges that each should be granted his own, and which

munificently and fairly protects this community of the human alliance, as I refer

to it, is called justice (iustitia) and its adjuncts are piety (pietas), goodness

(bonitas), generosity (liberalitas), kindness (benignitas), courtesy (comitas) and

other characteristic’s of the same nature. And these traits are as much peculiar

to justice as they are common to the remaining virtues. For since the nature of

the man has been so generated that it has some form of innate civic and social

character, which the Greeks refer to as politikon, whatever each virtue

performs will not shrink from that community of interests, affection and human

fellowship which I have explained. And justice, in turn, will pour itself forth for

the benefit of the other virtues and in this manner will attain their excellence.

For justice can be preserved by none but the just and wise man. Therefore the

nature of this, what I may call, entire conglomerate and harmony of virtues is

the same as that of moral goodness itself, since moral goodness is either virtue

itself or that which has been achieved by virtue. A life in harmony with these

24 Buckland, 1955:55. Buckland merk egter tereg op dat hierdie benadering heelwat regsonsekerheid in die hand gewerk het.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!