Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
235 Die hof spel dit wel duidelik uit dat daar ʼn plig op die hof rus om ʼn afweging te maak tussen beginsels van goeie trou en pacta sunt servanda, veral waar die beginsels in konflik met mekaar was. Hierdie plig verskaf nie aan howe ʼn carte blanche om kontraktuele beginsels te verontagsaam wanneer hulle dit as onredelik en onbillik beskou nie. 519 Die pacta sunt servanda-beginsel kan nie deur die howe verontagsaam word, bloot op grond van afdwingbaarheid van kontraktuele bepalings, wat sal afhang van wat bepaalde regters in omstandighede as redelik en billik beskou nie. Die kriteria sal dan nie meer die reg wees nie, maar wie die regter is. Die korrekte benadering is dat, wanneer howe onderliggende konflikterende oorwegings in sake opweeg, hulle geleidelik en met verdrag aanpassings maak wanneer dit nodig blyk te wees. 520 Die hof bevind dat die huurder nie onbillikheid, soos neergelê in die Sasfin-saak, kon bewys nie. Die groot voordeel waarop die verhuurder kon staatmaak ten opsigte van die nie-veranderingsklousule, was die feit dat ʼn dispuut uitgeskakel is dat die huurder hom kan berus op ʼn mondelinge voorwaarde deur die partye aangegaan tot die huurooreenkoms. Dit is te betwyfel of die howe ooit sal beslis dat die “non variation”-klousule teenstrydig met die gemenereg of Grondwet sou wees, aangesien die oogmerk van die klousule is om regsekerheid daar te stel. Dit maak derhalwe ook die howe se plig makliker, omdat dit enige dispuut oor mondelinge verandering deur die partye tot die ooreenkoms aangegaan, summier uitskakel. Hoekom sal die howe die gemenereg en die Grondwet toepas om regsonsekerheid te bevorder? Die huurder se verweer dat die verhuurder in die verlede afgewyk het van die voorwaardes deur laat betalings te ontvang, kan ook nie meriete daarstel vir die tersydestelling van die nie-veranderingsklousule nie. ʼn Derde aanval op die geldigheid van Klousule 2.2 van die Afrox-saak is geloods vanuit die standpunt dat die klousule strydig was met openbare beleid, aangesien die appellant ʼn verskaffer was van mediese dienste. Die hof moes hier oorweging skenk aan die grondwetlike implikasies van ʼn vrywaringsklousule in verhouding tot professionele aanspreeklikheid. Was Artikel 27(1)(a) van die Grondwet die enigste grondwetlike aspek waarop die respondent gesteun het, vatbaar vir horisontale toepassing? Die hof wys daarop dat al waarop die klousule slaan, die feit is dat elkeen die reg tot mediese behandeling het. Die hof beslis dat Klousule 2.2 nie strydig was met Artikel 27(1)(a) nie, aangesien die voorwaarde nie verhoed het dat die respondent toegang kon verkry tot mediese behandeling nie. Al wat Klousule 2.2 van die ooreenkoms probeer bewerkstellig het, was om voorwaardes daar te stel op welke basis die hospitaal bereid was om mediese 519 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A), paragraaf 24 op 16B. 520 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A), paragraaf 24 op 16A.
236 dienste te verskaf. Laasgenoemde voorwaardes het ook nie inbreuk gemaak op die respondent se reg tot mediese sorg nie. Gesien uit die hoek van Artikel 39(2), was die waarde vervat in Artikel 27(1)(a) nie uitsluitlik toegang tot mediese behandeling nie, maar het dit mediese dienste omvat, wat op ʼn professionele en deeglike manier verskaf sou word. Die respondent het beweer dat Klousule 2.2 die sanksie verwyder het en onprofessionele en nalatige optrede deur verpleegpersoneel aangewakker het. Dit sou dienooreenkomstig teenstrydig met openbare beleid wees, siende dat dit ingedruis het teen die gees van Artikel 27(1)(a) van die Grondwet. Die hof het hierdie argument summier verwerp en beslis dat onprofessionele gedrag voldoende aangespreek word deur ekstra-regssanksies. Die hospitaal het ʼn plig om mediese nalatigheid tot die minimum te beperk om die hospitaal se goeie naam te verseker. Die verpleegpersoneel kan aangespreek word wanneer klagtes by professionele liggame ingedien word. Die respondent se argument hierbo was egter self-vernietigend, aangesien dit ʼn teenstrydige resultaat geopenbaar het, deur aan te voer dat verpleegpersoneel weens die aanwesigheid van die vrywaringsklousule nou opsetlik of nalatig en onprofessioneel sou optree. 521 Dit is tans van groter belang dat die hof, ongeag die meriete van bogemelde oorwegings, die grondwetlike betragting van die vrywaringsklousule buite die grense van Artikel 27(1)(a) gevoer het. In aansluiting hiermee, beslis appèlregter Cameron in die Brisley-saak soos volg: 522 “the Constitutional values of dignity and equality and freedom require that the courts approach their task of striking down contracts or declining to enforce them with perceptive restraint .... contractual autonomy is part of freedom. Shorn of its obscene excesses, contractual autonomy informs also the constitutional value of dignity” Gesteun deur bogemelde beslissing, verklaar appèlregter Brand soos volg in die Afrox-saak: “Die grondwetlike waarde van kontrakteervryheid omvat, op sy beurt weer die beginsel wat in die stelreël pacta sunt servanda uitdrukking vind. Hierdie beginsel word deur Hoofregter Steyn in SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Beperk v Shifren en Andere523 saamgevat as synde: ‘die elementêre en grondliggende algemene beginsel dat kontrakte wat vryelik en in alle erns deur bevoegde partye aangegaan is, in die openbare belang afgedwing word.’ 521 Afrox-saak, 2001(4) SA 938 (CC), paragraaf 21 op 38A. 522 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A), Paragraaf 94 op 35A, soos gesiteer in die Afrox-saak, 2001(4) SA 938 (CC), paragraaf 22 op 38C. 523 1964(4) SA 760 (A) op 767A.
- Page 195 and 196: 390 Bauman, 1993:54. 184 As voorbee
- Page 197 and 198: 186 die leerstuk van estoppel maak
- Page 199 and 200: 188 hulle daargestel het. ʼn Volgen
- Page 201 and 202: 190 die reg verbied nie, maar dit e
- Page 203 and 204: 401 1984(4) SA 874 (A). 402 1989(1)
- Page 205 and 206: 408 Artikel 1 van die grondwet. 194
- Page 207 and 208: 196 Die vertroue kan slegs uitgespr
- Page 209 and 210: 3. DIE ONTWIKKELING VAN DIE KONTRAK
- Page 211 and 212: 200 gelaat vir sogenaamde “simple
- Page 213 and 214: 424 1987(2) ALL ER 620 (CA) 628. 20
- Page 215 and 216: (e) ʼn minder beperkende wyse om di
- Page 217 and 218: ”Contractual autonomy is part of
- Page 219 and 220: 208 om die sogenaamde “restraint
- Page 221 and 222: 444 Johnston, 1999:113. 210 Die taa
- Page 223 and 224: 2.2.2 DIE MIDDELEEUSE TYDPERK 212 K
- Page 225 and 226: 214 Die Glossators kon nie ʼn teori
- Page 227 and 228: 216 gaan die howe toepas om inbreuk
- Page 229 and 230: 459 Van der Ginten, 1978; Van der W
- Page 231 and 232: 220 menseregtehandves geïnkorporee
- Page 233 and 234: 222 Dit beteken geensins dat billik
- Page 235 and 236: 224 bedanking vir ʼn tydperk van 12
- Page 237 and 238: 226 mag gebruik maak van openbare b
- Page 239 and 240: 228 toepassing gemaak is deur die v
- Page 241 and 242: 230 kontraktereg op sigself is nie,
- Page 243 and 244: 511 2000(1) SA 315 (C). 512 1972(2)
- Page 245: 234 Dit wil egter voorkom of die ri
- Page 249 and 250: 238 moet verwelkom word. Die result
- Page 251 and 252: 240 Ten slotte kan daarop gewys wor
- Page 253 and 254: 3.1.2 UITKONTRAKTERING 242 Nog ʼn w
- Page 255 and 256: 244 Artikel 239 van die Grondwet va
- Page 257 and 258: 246 die onderskeid tussen publiek e
- Page 259 and 260: 3.2.5 DIE VERSKIL TUSSEN STAATSKONT
- Page 261 and 262: 538 Ayr Harbour Trustees v Oswald 1
- Page 263 and 264: 252 Ons howe bevestig hierdie stand
- Page 265 and 266: Hoofstuk 7 DIE IMPAK VAN DIE GRONDW
- Page 267 and 268: 256 Appèlregter Olivier meld dat d
- Page 269 and 270: 258 Feenstra verwys byvoorbeeld na
- Page 271 and 272: “Stop, vrind, wag, stop!” seg t
- Page 273 and 274: can have legal validity - which has
- Page 275 and 276: 264 Laasgenoemde benadering is soor
- Page 277 and 278: 266 ʼn Goeie waarneming van bogemel
- Page 279 and 280: when they were acting in the course
- Page 281 and 282: 270 Daar moet egter ʼn balans gehan
- Page 283 and 284: 272 In Faircape Property Developers
- Page 285 and 286: 274 vrug toegepas kan word, aangesi
- Page 287 and 288: Afdeling E DIE WET OP DIE BEVORDERI
- Page 289 and 290: Hoofstuk 1 DIE VERHOUDING TUSSEN DI
- Page 291 and 292: 280 onderdaan verkeerdelik uitgeoef
- Page 293 and 294: intervene only when and to the exte
- Page 295 and 296: 284 kader van Artikel 38 val nie. D
236

dienste te verskaf. Laasgenoemde voorwaardes het ook nie inbreuk gemaak op die

respondent se reg tot mediese sorg nie. Gesien uit die hoek van Artikel 39(2), was

die waarde vervat in Artikel 27(1)(a) nie uitsluitlik toegang tot mediese behandeling

nie, maar het dit mediese dienste omvat, wat op ʼn professionele en deeglike manier

verskaf sou word. Die respondent het beweer dat Klousule 2.2 die sanksie

verwyder het en onprofessionele en nalatige optrede deur verpleegpersoneel

aangewakker het. Dit sou dienooreenkomstig teenstrydig met openbare beleid

wees, siende dat dit ingedruis het teen die gees van Artikel 27(1)(a) van die

Grondwet. Die hof het hierdie argument summier verwerp en beslis dat

onprofessionele gedrag voldoende aangespreek word deur ekstra-regssanksies.

Die hospitaal het ʼn plig om mediese nalatigheid tot die minimum te beperk om die

hospitaal se goeie naam te verseker. Die verpleegpersoneel kan aangespreek word

wanneer klagtes by professionele liggame ingedien word. Die respondent se

argument hierbo was egter self-vernietigend, aangesien dit ʼn teenstrydige resultaat

geopenbaar het, deur aan te voer dat verpleegpersoneel weens die aanwesigheid

van die vrywaringsklousule nou opsetlik of nalatig en onprofessioneel sou optree. 521

Dit is tans van groter belang dat die hof, ongeag die meriete van bogemelde

oorwegings, die grondwetlike betragting van die vrywaringsklousule buite die grense

van Artikel 27(1)(a) gevoer het. In aansluiting hiermee, beslis appèlregter Cameron

in die Brisley-saak soos volg: 522

“the Constitutional values of dignity and equality and freedom require that the

courts approach their task of striking down contracts or declining to enforce

them with perceptive restraint .... contractual autonomy is part of freedom.

Shorn of its obscene excesses, contractual autonomy informs also the

constitutional value of dignity”

Gesteun deur bogemelde beslissing, verklaar appèlregter Brand soos volg in die

Afrox-saak:

“Die grondwetlike waarde van kontrakteervryheid omvat, op sy beurt weer die

beginsel wat in die stelreël pacta sunt servanda uitdrukking vind. Hierdie

beginsel word deur Hoofregter Steyn in SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy

Beperk v Shifren en Andere523 saamgevat as synde:

‘die elementêre en grondliggende algemene beginsel dat kontrakte

wat vryelik en in alle erns deur bevoegde partye aangegaan is, in

die openbare belang afgedwing word.’

521 Afrox-saak, 2001(4) SA 938 (CC), paragraaf 21 op 38A.

522 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A), Paragraaf 94 op 35A, soos gesiteer in die Afrox-saak, 2001(4) SA 938 (CC), paragraaf 22 op 38C.

523 1964(4) SA 760 (A) op 767A.