02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

234

Dit wil egter voorkom of die riglyne in die Afrox-saak, wat leiding moet verskaf aan

die howe hoe die gemenereg op die gebied van die kontraktereg ontwikkel moet

word, tog nie so duidelik uitgespel is nie. Hier kan veral verwys word na goeie trou

(good faith) en algemene beleidsoorwegings as bepalende faktore tot openbare

beleid. Die hof het wel in die Afrox-saak beslis dat ongelykheid in

onderhandelingsvermoë, tesame met ander ondersteunende faktore, wel ʼn rol

daarin kan speel om te bepaal of ʼn kontrak teenstrydig sou wees met die openbare

beleid. Dit is wel bevind dat ongelykheid op sigself nie aanduidend kan wees dat ʼn

klousule tersyde gestel moes word bloot omdat dit ten gunste van die sterker party

gewerk het nie.

Daar is in die Afrox-saak nie voldoende getuienis voor die hof geplaas om aan te dui

dat ongelykheid ten gunste van een van die partye gewerk het nie. Die respondent

in die saak kon ook nie bewys dat daar beswaar teen die werking van Klousule 2.2

van die ooreenkoms gemaak is nie. Die ooreenkoms was wyd genoeg om die

appellant te beskerm teen growwe nalatigheid rakende die optredes van

verpleegpersoneel, veral waar die appellant se normale kontraktuele verpligtinge

was om professionele en deeglike mediese dienste te verskaf. In die gewysde is

beslis dat, indien daar ook bevind kan word dat die vrywaringsklousule teenstrydig

was met die openbare beleid, daar nie afdoende bewys gelewer was dat meriete

bestaan om in dié spesifieke geval die klousule van regsaanspreeklikheid te ontbloot

nie.

In die Wells-saak517 is beslis dat vrywaringsklousules beperkend uitgelê moes word,

om voorwaardes sodanig te beperk dat dit met openbare beleid moes ooreenstem.

In die Afrox-saak kon die respondent derhalwe nie bewys dat die vrywaringsklousule

strydig met die openbare beleid was nie. Wat die basis vir hierdie beslissing was, is

egter nie seker nie. 518 ʼn Beter perspektief word verkry wanneer daar gekyk word na

die riglyne neergelê deur die Hoogste Hof van Appèl in die Brisley-saak en die

verwysings daarin na die Magna-Alloys-saak. In die Brisley-saak is beslis, nadat

oorweging geskenk is aan beginsels van goeie trou, dat ʼn klousule wat bepaal dat

enige verandering in die ooreenkoms op skrif moet wees, nie teenstrydig is met die

openbare belang nie. In die Brisley-saak het die hof die benadering van openbare

beleid in die Magna Alloy-saak onderskryf. Die hof was bereid om te aanvaar dat

die Sasfin-beginsel, waar ʼn voorwaarde op sigself inherent ongeldig was, toegepas

moes word. Die hof beslis dat die voorwaarde ook tersyde gestel kon word waar dit

nie op sigself teenstrydig was met openbare beleid nie. Die hof het ook beslis dat

die nie-veranderingsklousule nie strydig was met openbare beleid nie.

517 1927 AD 69 op 72 tot 73.

518 Was dit die goeietrou-normkompleks, of meer algemene duidelik uitgespelde beleidsoorwegings?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!