Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

231 weer. In wese kom dit daarop neer dat die meerderheid regters retrospektiewe effek toegeken het aan regterlike vasstellings van die reg. Andersyds het die minderheid regters ooreengekom dat die foutiewe regsreël nie goed was nie en verander moes word, maar besluit het tog dat verandering deur die wetgewer gemaak moes word en nie die howe nie. Indien die howe dié funksie sou vervul, het die minderheid gevoel dat dit sou lei tot grootskaalse verwarring rakende die beperkingsperiode wat toegepas moes word en gevolgskade in kommersiële en ander transaksies. Die uitwerking van die beslissing en die gevolge op soortgelyke sake wat nie op daardie stadium voor die howe gedien het nie, sou te kompleks wees om juis opgeneem te word in die regstelsel as suiwer juridisiële verandering van die reg. Voormalige appèlregter Michael Corbett510 het verwys na die behoefte van die regbank om die algemene norme en waardes van die gemeenskap te identifiseer en toe te pas. Waar die reg toegepas moet word, moet die regbank die “living voice of the people” in die ontwikkeling van die reg word. ʼn Meer alledaagse benadering sal wees dat die regter wat soekend is in watter rigting die reg moet ontwikkel, eerder antwoorde hiervoor sal vind in die riglyne wat verskaf word deur regsbronne. Ander bronne wat geraadpleeg kan word in die regters se pogings om die gemenereg te ontwikkel of uit te brei, is te vinde in akademiese geskrifte en vergelykende reg in ander regstelsels. Die regters kan ook die werke van die wetgewers raadpleeg, waar huidige wetgewing veral die verlangde beleid uitspel, of werke van die Regskommissie, wat aanduidend is dat heersende reg hervorming moet ondergaan. Verandering in die huidige norme kan ook ʼn belangrike rol speel in die ontwikkeling van die gemenereg. Erkenning moet verleen word aan die belangrike rol wat die sogenaamde “open-ended standards” speel as beweegrede om die gemenereg te ontwikkel in antwoord op die vereistes gestel in die Grondwet. Ook moet oorwegings van billikheid en geregtigheid nie uit die oog verloor word nie, aangesien die norme ʼn meer direkte en onmiddellike invloed kan hê op die substantiewe kontraktereg. Die nakoming van die vereistes gestel in die Grondwet, sal nie sommer meebring dat die gemenereg tersyde gestel word, waar dit in stryd met grondwetlike regte is nie. ʼn Minder drastiese maar tog verwante vorm van ontwikkeling van die gemenereg sal wees waar regters bestaande regte of beginsels uitbrei om voorsiening vir nuwe situasies te maak, om sodoende ʼn onaanvaarbare inbreukmaking op fundamentele regte te verhoed. 510 Sien Corbett, 1987:67; Du Bois, 2000:48.

511 2000(1) SA 315 (C). 512 1972(2) SA 129 (C). 513 2000(1) SA 315 (C), P325C-D. 514 2000(1) SA 315 (C), 323I. 232 ʼn Goeie verwysing om bogemelde te illustreer word gevind in die saak van Janse van Rensburg v Grieve Trust CC511 op gesag van Wastie v Security Motors (Pty) Limited. 512 In die saak is die actio quanti minoris beskikbaar gestel aan ʼn verkoper van ʼn motorvoertuig. Die inruilartikel was minder werd as dit waarop die partye ooreengekom het. Die voorstelling oor die artikel, hoewel dit onskuldig gemaak was, was nie korrek nie en derhalwe kon die voorstelling nie as waarborg aangeneem word nie. Wastie se saak, soos dit beslis is, is ondersteun deur historiese bronne, wat dit goed gevind het om ʼn analoog te trek tussen inruiltransaksies en ruilkontrakte, waar die aediliese remedies vir beide partye tot die ooreenkoms beskikbaar was. Ons sien hier dat die hof beslis het dat die uitbreiding van die remedie verlang word deur die beginsels van billikheid, geregtigheid, redelikheid en goeie trou in ons gemenereg toe te pas en duidelik sigbaar te maak in ons kontraktereg. Bykomend het openbare beleid (die ou konsep van boni mores of goeie moraal) vereis dat die relevante reg uitgebrei en aangepas moes word om die behoeftes van moderne kommersiële praktyk aan te spreek. 513 Die Suid-Afrikaanse Reg verleen nie erkenning aan die sogenaamde “law of equity”, soos van toepassing in die Engelse Reg nie. Die hof in die Janse van Rensburgsaak514 was egter van mening dat billikheidsbeginsels, afkomstig van die Romeinse Reg, deel gevorm het van die Romeins-Hollandse en Romeins-Europese Reg, van waar dit dan ook in die Suid-Afrikaanse Reg neerslag gevind het. Behalwe om aanklank te vind by fundamentele billikheid van ons reg het regter Van Zyl die uitslag van die saak verdedig deur na Artikel 8(2) van die Grondwet te verwys. Hy beslis ook dat Artikel 9 van die Grondwet, wat handel oor gelykheid, ook horisontaal van toepassing was. Die uitbreiding van die aediliese aksies soos voorgestel, sou ooreenstem met die Grondwet se vereiste dat howe die gemenereg moes ontwikkel, ooreenkomstig die Handves van Menseregte. Die beslissing is ook in ooreenstemming met die voorstel van die ontwikkeling van die gemenereg, soos beslis in die Afrox-Healthcare-saak. ʼn Hermeneutiese oefening moet uitgevoer word, veral waar die gemenereg in gepaste gevalle ontwikkel word om sodanig uitvoering te gee aan die vereistes van die Grondwet. Hiervolgens moet howe ʼn evaluasie doen van welgevestigde regsleerstukke deur die teleologiese lens van fundamentele waardes soos vervat in die Grondwet. Dit beteken nie dat die reg van vooraf ontwikkel moet word nie. Die inhoud van die swart letterreëls en konsepte moet, waar nodig, geherdefinieer word om aan te pas by die objektiewe waardesisteem van die Grondwet. Waar dit nodig blyk te wees, moet die kontoere van die gestruktueerde leerstellings van die

231

weer. In wese kom dit daarop neer dat die meerderheid regters retrospektiewe effek

toegeken het aan regterlike vasstellings van die reg. Andersyds het die minderheid

regters ooreengekom dat die foutiewe regsreël nie goed was nie en verander moes

word, maar besluit het tog dat verandering deur die wetgewer gemaak moes word

en nie die howe nie. Indien die howe dié funksie sou vervul, het die minderheid

gevoel dat dit sou lei tot grootskaalse verwarring rakende die beperkingsperiode wat

toegepas moes word en gevolgskade in kommersiële en ander transaksies. Die

uitwerking van die beslissing en die gevolge op soortgelyke sake wat nie op daardie

stadium voor die howe gedien het nie, sou te kompleks wees om juis opgeneem te

word in die regstelsel as suiwer juridisiële verandering van die reg.

Voormalige appèlregter Michael Corbett510 het verwys na die behoefte van die

regbank om die algemene norme en waardes van die gemeenskap te identifiseer en

toe te pas. Waar die reg toegepas moet word, moet die regbank die “living voice of

the people” in die ontwikkeling van die reg word. ʼn Meer alledaagse benadering sal

wees dat die regter wat soekend is in watter rigting die reg moet ontwikkel, eerder

antwoorde hiervoor sal vind in die riglyne wat verskaf word deur regsbronne.

Ander bronne wat geraadpleeg kan word in die regters se pogings om die

gemenereg te ontwikkel of uit te brei, is te vinde in akademiese geskrifte en

vergelykende reg in ander regstelsels. Die regters kan ook die werke van die

wetgewers raadpleeg, waar huidige wetgewing veral die verlangde beleid uitspel, of

werke van die Regskommissie, wat aanduidend is dat heersende reg hervorming

moet ondergaan.

Verandering in die huidige norme kan ook ʼn belangrike rol speel in die ontwikkeling

van die gemenereg. Erkenning moet verleen word aan die belangrike rol wat die

sogenaamde “open-ended standards” speel as beweegrede om die gemenereg te

ontwikkel in antwoord op die vereistes gestel in die Grondwet. Ook moet

oorwegings van billikheid en geregtigheid nie uit die oog verloor word nie, aangesien

die norme ʼn meer direkte en onmiddellike invloed kan hê op die substantiewe

kontraktereg.

Die nakoming van die vereistes gestel in die Grondwet, sal nie sommer meebring

dat die gemenereg tersyde gestel word, waar dit in stryd met grondwetlike regte is

nie. ʼn Minder drastiese maar tog verwante vorm van ontwikkeling van die

gemenereg sal wees waar regters bestaande regte of beginsels uitbrei om

voorsiening vir nuwe situasies te maak, om sodoende ʼn onaanvaarbare

inbreukmaking op fundamentele regte te verhoed.

510 Sien Corbett, 1987:67; Du Bois, 2000:48.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!