Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

“to consider whether the existing common law, having regard to the section 39(2) objectives, requires development in accordance with these objectives. This inquiry requires a reconsideration of the common law in the light of section 39(2). If this inquiry leads to a positive answer, the second stage concerns itself with how such development is to take place in order to meet the section 39(2) objectives.” 503 229 Die literatuur rakende die privaatreg en fundamentele Handvesregte verskaf nie ʼn omvattende uiteensetting welke tegnieke toegepas moet word om die gemenereg te ontwikkel, soos voorgeskryf deur die Grondwet nie. Daar is reeds hierbo verwys na Christie se siening dat openbare beleid “is likely to be the main instrument for applying or developing the common law under section 8(3)(a)” en dat die stelling in die Afrox-saak ondersteun is. 504 Christie het wel die knelpunt duidelik belig. Daar bestaan ʼn stryd tussen pacta sunt servanda en vryheid van kontraktering as sleutelelemente van die openbare belang enersyds en die handhawing van die Handves van Menseregte andersyds. Hierdie tipe van “botsing” van regte kan nogal problematies wees. ʼn Goeie voorbeeld is die saak van Ryland v Edros505 , waar die moontlike konstitusionele aanval op die nieafdwingbaarheid van ʼn ooreenkoms ingevolge gevestigde kontraktuele leerstukke, nie buite rekening gelaat moet word nie. Die moontlike invloed van fundamentele regte op ʼn kontrak om sodoende die optrede van partye uit te beeld moet nie gesien word as noodsaaklik en beperk te wees tot die vraag na die afdwingbaarheid van die ooreenkoms nie. Christie het self aangedui dat in gepaste gevalle waar die partye nie ʼn ooreenkoms het nie, die howe ʼn ooreenkoms tussen die partye daar kan stel om sodoende uitvoering aan fundamentele regte te gee. 506 Daar kan ook ʼn moontlikheid bestaan dat konstitusionele regte tot stand gebring word by wyse van implikasie as voorwaardes in die ooreenkoms, of dat die uitleg van die uitdruklike bedoelings aan die hand van die Handves van Menseregte kan realiseer. 507 ʼn Problematiese vraag is of daar toevlug geneem moet word na wye regsnorme soos openbare beleid, wat moontlik kan lei tot die ontwikkeling van die gemenereg, en of daar aan die anderkant byval gevind moet word by ʼn bestaande oop standaard ooreenstemmend met die Handves van Menseregte. Die uitbeelding van openbare beleid as ʼn feite-aangeleentheid, eerder as ʼn regsaangeleentheid, bring mee dat die fokus op die hantering van fundamentele regte in realiteit nie 503 Carmichele v Minister of Safety and Security and Another (Centre for Applied Legal Studies Intervening) 2001(4) SA 938( CC) paragraaf 40 op 956A-B. 504 Christie 1998:paragraaf 3H6, 3H7, 3H12, 3H13-3H16. 505 Ryland v Edros 1997(2) SA 690 (C). 506 Christie, 1998:paragraaf 3H10. Sien die bespreking waar 'n aanbod diskriminerend van die hand gewys word; Hoffmann v South African Airways 2001(1) SA 1( CC). 507 Sien in hierdie verband Farr v Mutual and Federal Insurance Co Limited 2000(3) SA 684 (C).

230 kontraktereg op sigself is nie, maar slegs handelinge of optredes deur partye soos dit voorgestel is deur die partye in ʼn ooreenkoms met ʼn bepaalde betekenis. Dit beteken nie dat die gemenereg mettertyd nie sal ontwikkel weens die toepassing van die Handves van Menseregte deur vrye norme nie. Dit beteken eerder dat die invloed van die Handves van Menseregte indirek sal plaasvind en dat substansiële regsontwikkeling wat daaruit voortvloei, sal toeneem. Uit die Duitse Reg kan ons hier meer te wete kom met die toepassing van die sogenaamde Fallgruppenmetodologie. Die ondervinding is dat die norme soos vervat in S242BGB meer hofsake gegenereer het. Om kompleksiteit te voorkom is hierdie beslissings op ʼn los maat in sub-groepe geklassifiseer op grond van waarneembare feite wat algemeen voorgekom het. ʼn Ontleding van hierdie voorlopige klassifikasieskemas bring mee dat sekere patrone en gebruike uitkristalliseer. Hierdie ontdekte onderskeidings bring weer regsbeginsels mee, wat dan die basis vorm van nuwe juridiese kategorieë en volledige regstegniese reëls. 508 Hierdie Duitse-metodologie kan moontlik met groot vrug in die Suid-Afrikaanse regstelsel toegepas word, veral as gevolg van die produktiewe bron van substantiewe judisiële regsontwikkeling waaroor dit beskik. Die gemenereg kan hiervolgens goed uitgebrei of ontwikkel word aan die hand van die Grondwet. Daar is ook ʼn moontlikheid dat die howe ʼn sleutelrol sal speel in die herstel of verbetering van gemeenregtelike reëls, in teenstelling met die blote ontwikkeling en of uitbreiding daarvan. In die Engelse gewysde van Kleinwort Benson v Lincoln City Council509 het die House of Lords die Engelse Reg bevry van ʼn regsverweer van teruggawe op grond van verryking, wat in die gemenereg vir meer as 200 jaar van toepassing was. Die hof moes ʼn oplossing vind vir die strikvraag waarvoor dit te staan gekom het waar bevind moes word of ʼn regsfout begaan is as gevolg van regterlike diskresie wat toegepas is nadat teruggawe van betaling wat verlang was ingevolge die eis vir teruggawe geskied het. Indien die na-betalingsbesluit slegs verklarend van aard was, sodat vorige veronderstellings van die reg verkeerd was (die siening van die meerderheid regters in die saak), dan is betaling verkeerdelik gemaak, maar waar die beslissing die reg verander het (minderheidsbeslissing), dan is geen fout tydens betaling gemaak nie, maar slegs ʼn verkeerde veronderstelling wat die korrekte reg ten opsigte van die onderwerp was toe die hof uitspraak gelewer het. Die siening van die meerderheid regters volg die klassieke benadering ten opsigte van die vraag wat regters moet doen in die gemenereg. Die siening van die minderheid regters karakteriseer die klassieke benadering as ʼn feëverhaal in wie niemand meer glo nie, en hulle gee hulle eie begrip gebaseer op algemene kennis 508 Lubbe, 2003:80. Sien hieroor die ontleding van regterlike perspektief, met verwysing na spesifieke nakoming as remedie. 509 1999(2) AC 349.

230

kontraktereg op sigself is nie, maar slegs handelinge of optredes deur partye soos

dit voorgestel is deur die partye in ʼn ooreenkoms met ʼn bepaalde betekenis. Dit

beteken nie dat die gemenereg mettertyd nie sal ontwikkel weens die toepassing

van die Handves van Menseregte deur vrye norme nie. Dit beteken eerder dat die

invloed van die Handves van Menseregte indirek sal plaasvind en dat substansiële

regsontwikkeling wat daaruit voortvloei, sal toeneem. Uit die Duitse Reg kan ons

hier meer te wete kom met die toepassing van die sogenaamde Fallgruppenmetodologie.

Die ondervinding is dat die norme soos vervat in S242BGB meer

hofsake gegenereer het. Om kompleksiteit te voorkom is hierdie beslissings op ʼn

los maat in sub-groepe geklassifiseer op grond van waarneembare feite wat

algemeen voorgekom het. ʼn Ontleding van hierdie voorlopige klassifikasieskemas

bring mee dat sekere patrone en gebruike uitkristalliseer. Hierdie ontdekte

onderskeidings bring weer regsbeginsels mee, wat dan die basis vorm van nuwe

juridiese kategorieë en volledige regstegniese reëls. 508 Hierdie Duitse-metodologie

kan moontlik met groot vrug in die Suid-Afrikaanse regstelsel toegepas word, veral

as gevolg van die produktiewe bron van substantiewe judisiële regsontwikkeling

waaroor dit beskik. Die gemenereg kan hiervolgens goed uitgebrei of ontwikkel

word aan die hand van die Grondwet.

Daar is ook ʼn moontlikheid dat die howe ʼn sleutelrol sal speel in die herstel of

verbetering van gemeenregtelike reëls, in teenstelling met die blote ontwikkeling en

of uitbreiding daarvan. In die Engelse gewysde van Kleinwort Benson v Lincoln City

Council509 het die House of Lords die Engelse Reg bevry van ʼn regsverweer van

teruggawe op grond van verryking, wat in die gemenereg vir meer as 200 jaar van

toepassing was. Die hof moes ʼn oplossing vind vir die strikvraag waarvoor dit te

staan gekom het waar bevind moes word of ʼn regsfout begaan is as gevolg van

regterlike diskresie wat toegepas is nadat teruggawe van betaling wat verlang was

ingevolge die eis vir teruggawe geskied het. Indien die na-betalingsbesluit slegs

verklarend van aard was, sodat vorige veronderstellings van die reg verkeerd was

(die siening van die meerderheid regters in die saak), dan is betaling verkeerdelik

gemaak, maar waar die beslissing die reg verander het (minderheidsbeslissing), dan

is geen fout tydens betaling gemaak nie, maar slegs ʼn verkeerde veronderstelling

wat die korrekte reg ten opsigte van die onderwerp was toe die hof uitspraak

gelewer het.

Die siening van die meerderheid regters volg die klassieke benadering ten opsigte

van die vraag wat regters moet doen in die gemenereg. Die siening van die

minderheid regters karakteriseer die klassieke benadering as ʼn feëverhaal in wie

niemand meer glo nie, en hulle gee hulle eie begrip gebaseer op algemene kennis

508 Lubbe, 2003:80. Sien hieroor die ontleding van regterlike perspektief, met verwysing na spesifieke nakoming as remedie.

509 1999(2) AC 349.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!