Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

215 bestaande reg vervang nie. 450 In die toepassing van die reg het die howe deeglik daaraan aandag geskenk, maar slegs in die mate waar dit nie in botsing gekom het met die beginsels van die Romeinse Reg nie. Die Romeins-Hollandse skrywers het ryklik gebruik gemaak van die bronne oor billikheid, soos vervat in die Middeleeuse Reg en geskrifte van die Humaniste. In Grotius se Prolegomena Juri Hollandico Praemittenda is billikheid in die Romeins-Hollandse Reg versigtig omskryf. Rakende Grotius se omskrywing van billikheid, het die heersende reg gedurig te kort geskied. Die reg sou dan slegs met die begrip “billikheid” reggestel kan word. 451 Grotius het billikheid beskou as ʼn regulerende konsep, wat streng reg kan regstel en ʼn inkorting daar kan stel vir reg wat in konflik sou wees met hoër reg. In navolging van Grotius het bekende Romeins-Hollandse Juriste soos Van der Keessel, Johannes Voet, Ulrik Huber en Johannes van der Linden van billikheid gebruik gemaak as ʼn regulerende funksie en dit later op verskeie terreine van die Romeins-Hollandse Reg toegepas. Billikheid kan dus maklik toegepas word as ʼn gesofistikeerde regulerende konsep met voorkomende en regstellende funksies om ongelykheid in prestasie reg te stel. 2.2.4 ʼn MOONTLIKE OPLOSSING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG In die toekoms gaan die howe al hoe meer gekonfronteer word deur “benadeelde” kontrakpartye, wat hulle wil beroep op inbreukmaking van Handvesregte as ʼn tipe verweer om voorwaardes in ʼn kontraktuele verhouding tersyde te laat stel. ʼn Balans sal moet gehandhaaf word tussen pacta sunt servanda en aspekte soos goeie trou en billikheid. Kontrakteervryheid bring mee dat kontrakpartye vry is om bedinge aan te gaan in die ooreenkoms wat vir beide partye billik blyk te wees. Ingevolge die voorwaardes van die ooreenkoms is deur die partye konsensus bereik op welke wyse hulle aan die ekonomie wil deelneem. Dit geskied op ʼn vrye basis. Hoe regverdig is dit gevolglik as een van die partye nie die voorwaardes van die ooreenkoms gaan nakom nie, en hom/haar tot die howe beroep op grond van die Handves van Menseregte. Is dit inderdaad geregverdig dat die regbank nou moet toetree as ʼn nuwe kontrakparty om ʼn beter bedinging daar te stel? Kan dit dan nie gesien word as ʼn skending van kontrakteervryheid nie? Wat sal die gevoel wees waar die regter ʼn alternatiewe bedinging daarstel wat hy/sy sou goed vind om die probleem op te los, maar die oplossing een van die partye nie geval nie? Welke norm 450 Voet 116; Huber, Praelectiones Iuris Civils 1 1 17, 18, 21, Van der Keessel, TH24 op Grotius, 1 2 22. 451 “Proprie vero et singulariter aequitas est virtus voluntatis corrextrix ejus in quo Lex defecit propter universitatem:aecqum autem est ipsum quo ex corrigitur” Grotius Prolegomena Juri Hollandico praemittenda - Chapter 3 in Feenstra, 1967; Du Toit, 1976:43.

216 gaan die howe toepas om inbreukmaking op die Handvesregte ingevolge die kontrak te kan toets? Bogemelde vrae dui sekerlik op die krisis wat die howe in die gesig staar - die hantering van die impak van die Grondwet op die gebied van die privaatreg, en veral op die gebied van die kontraktereg. Dit is derhalwe nie vreemd dat party akademiese skrywers skepties staan teenoor hierdie vraagstuk nie. Die oplossing vir die “nuwigheid” is nou eenmaal nie voor die handliggend nie. Hofsake en akademiese bydraes het in die verlede verwys na die aspek dat alle kontrakte in Suid-Afrika bona fide is en dat bona fides ʼn onderliggende beginsel van die kontraktereg vorm. 452 Die rol van bona fides is egter nog nooit uitgespel, wat die kontraktereg aanbetref nie, aangesien bona fides gedurigdeur beskou is as moontlike inmenging met die kontrakpartye se vryheid om te kontrakteer. Kontrakteervryheid is algemeen beskou as die hoeksteen van die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Die Suid-Afrikaanse howe het nog altyd oor die inherente bevoegdheid beskik om billikheid ingevolge hul diskresie toe te pas. In werklikheid is hierdie diskresie slegs toegepas in soverre dit nie in stryd was met die beginsels van die Suid-Afrikaanse gemenereg, gebaseer op die Romeins-Hollandse begrippe van goeie trou en billikheid nie. Die vraag ontstaan of die howe die geleentheid wat Artikels 8 en 29 van die Grondwet bied, ten volle gaan benut om die gemenereg uit te brei, of te ontwikkel. Die Suid-Afrikaanse howe het in die verlede gebruik gemaak van die exceptio doli as remedie om goeie trou en billikheid in die Suid-Afrikaanse kontraktereg in te voer. 453 ʼn Wending ten opsigte van die bestaansreg van die exceptio doli het plaasgevind in die Bank of Lisbon-saak. 454 Hierin het die hof geweier om erkenning te verleen aan bona fides as onafhanklike regsnorm. Die rol van goeie trou in die Suid-Afrikaanse Reg is gevolglik hierdeur vertroebel. Die hof het bevind dat bona fides slegs ʼn etiese norm was, wat die substantiewe regsreëls van die kontraktereg beïnvloed het. Nadat bona fides nie as regsnorm erken is nie, moes ander weë gevind word om billikheid in die kontraktereg te kan tuisbring. Die hof was van mening dat die exceptio doli kan oorvleuel het met ander verwere gebaseer op openbare beleid. In die saak Sasfin (Pty) Limited v Beukes455 het die hof bevind dat 452 Meskin NO v Anglo-American Corporation of South Africa Limited 1968(4) SA 793 (W) 804; Cockrell, 1992:41. 453 Zimmermann en Visser 1996:218. “In Roman law the exceptio doli was a defence based on the considerations of equity, which was introduced by the Praetor to redress the injustice that arose from the enforcement of strict iuris contracts where considerations of equity dit not apply.” 454 Bank of Lisbon and South Africa Limited v De Ornelas 1988(3) SA 580 (A) 605-610. 455 1989(1) SA 1 (A).

215

bestaande reg vervang nie. 450 In die toepassing van die reg het die howe

deeglik daaraan aandag geskenk, maar slegs in die mate waar dit nie in

botsing gekom het met die beginsels van die Romeinse Reg nie. Die

Romeins-Hollandse skrywers het ryklik gebruik gemaak van die bronne oor

billikheid, soos vervat in die Middeleeuse Reg en geskrifte van die Humaniste.

In Grotius se Prolegomena Juri Hollandico Praemittenda is billikheid in die

Romeins-Hollandse Reg versigtig omskryf. Rakende Grotius se omskrywing

van billikheid, het die heersende reg gedurig te kort geskied. Die reg sou dan

slegs met die begrip “billikheid” reggestel kan word. 451 Grotius het billikheid

beskou as ʼn regulerende konsep, wat streng reg kan regstel en ʼn inkorting

daar kan stel vir reg wat in konflik sou wees met hoër reg. In navolging van

Grotius het bekende Romeins-Hollandse Juriste soos Van der Keessel,

Johannes Voet, Ulrik Huber en Johannes van der Linden van billikheid

gebruik gemaak as ʼn regulerende funksie en dit later op verskeie terreine van

die Romeins-Hollandse Reg toegepas. Billikheid kan dus maklik toegepas

word as ʼn gesofistikeerde regulerende konsep met voorkomende en

regstellende funksies om ongelykheid in prestasie reg te stel.

2.2.4 ʼn MOONTLIKE OPLOSSING IN DIE SUID-AFRIKAANSE REG

In die toekoms gaan die howe al hoe meer gekonfronteer word deur

“benadeelde” kontrakpartye, wat hulle wil beroep op inbreukmaking van

Handvesregte as ʼn tipe verweer om voorwaardes in ʼn kontraktuele

verhouding tersyde te laat stel. ʼn Balans sal moet gehandhaaf word tussen

pacta sunt servanda en aspekte soos goeie trou en billikheid.

Kontrakteervryheid bring mee dat kontrakpartye vry is om bedinge aan te

gaan in die ooreenkoms wat vir beide partye billik blyk te wees. Ingevolge die

voorwaardes van die ooreenkoms is deur die partye konsensus bereik op

welke wyse hulle aan die ekonomie wil deelneem. Dit geskied op ʼn vrye

basis. Hoe regverdig is dit gevolglik as een van die partye nie die

voorwaardes van die ooreenkoms gaan nakom nie, en hom/haar tot die howe

beroep op grond van die Handves van Menseregte. Is dit inderdaad

geregverdig dat die regbank nou moet toetree as ʼn nuwe kontrakparty om ʼn

beter bedinging daar te stel? Kan dit dan nie gesien word as ʼn skending van

kontrakteervryheid nie? Wat sal die gevoel wees waar die regter ʼn

alternatiewe bedinging daarstel wat hy/sy sou goed vind om die probleem op

te los, maar die oplossing een van die partye nie geval nie? Welke norm

450 Voet 116; Huber, Praelectiones Iuris Civils 1 1 17, 18, 21, Van der Keessel, TH24 op Grotius, 1 2 22.

451 “Proprie vero et singulariter aequitas est virtus voluntatis corrextrix ejus in quo Lex defecit propter universitatem:aecqum autem est ipsum quo ex

corrigitur” Grotius Prolegomena Juri Hollandico praemittenda - Chapter 3 in Feenstra, 1967; Du Toit, 1976:43.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!