Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
213 onderskei tussen geregtigheid in die algemeen en besondere geregtigheid. 447 In die algemeen sou billikheid tuishoort by die karaktereienskap van ʼn goeie burger, met deugde soos durf, eerlikheid, lojaliteit en waardes van waardigheid en bedaardheid. Aristoteles het tussen twee soorte besondere geregtigheid onderskei : Verdelende/toedelende geregtigheid (dianemetikon aikaion) is in werking in ʼn gemeenskap en ken voordele en verpligtinge op ʼn billikheidsgrondslag toe, terwyl regstellende geregtigheid (diorthotikon dikaion) in werking is tussen twee partye en handhaaf of herstel ʼn balans tussen hulle. In vrywillige transaksies soos kommersiële kontrakte het laasgenoemde meegebring dat elke party hom/haar by sy/haar deel van die ooreenkoms hou. Hierdie vorm van billikheid het regstelling van die reg daargestel, veral wanneer die algemenereg in wetgewing gelei het tot onbillikhede. Die twee vorme van geregtigheid het derhalwe aanvullend tot mekaar plaasgevind, wanneer toepassing verlang was. Toedelende geregtigheid het voordele toegeken, terwyl regstellende geregtigheid hierdie toedeling gehandhaaf het. Thomas Aquinas se aanvaarding van Aristoteles se konsep van verwisselende geregtigheid is opgeneem in die middeleeuse begrip van gelykheid. Die begrip van gelykheid, soos deur Aristoteles voorgestaan, het vereis dat die waarde van die prestasie deur een party tot die kontrak gelyk is aan die teenprestasie van die ander party tot die kontrak. 448 Laesio enormis was ʼn produk van Justinianus as ideaal van ʼn welsynstaat. Die Romeinse Reg het aan die verkoper ʼn reg verleen om die ooreenkoms tersyde te stel, wanneer die aangebode koopprys minder as die helfte van die prys was wat as ʼn billike koopprys beskou is (ius pretium). Die verkoper kon kansellasie van die ooreenkoms vermy, deur bloot die prys aan te pas. Later is hierdie beginsel uitgebrei na verkoopsooreenkomste van grond, dog die Glossators het dit uitgebrei tot alle kontrakte wat op konsensus berus. Voordat Aristoteles se werke ontdek is, het die Romeinse Reg ʼn algemene remedie verskaf, veral waar daar ʼn groot ongelykheid tussen prestasie en teenprestasie te bespeur was. 447 Aristotle, 1953:10 1137-1143 : “The reason is that all law is universal but about some things it is not possible to make a universal statement which shall be correct. In those cases, then, in which it is necessary to speak universally, but not possible to do so correctly, the law takes the usual case, though it is not ignorant of the possibility of error. And it is none the less correct, for error Is not in the law nor in the legislator but in the nature of the thing, since the matter of practical affairs is of the kind from the start. When the law speaks universally, then, and a case arise, on it which is not covered by the universal statement, then it is right, where the legislator fails us and has erred by over-simplicity, to correct the omission, to say what the legislator himself would have said had been present, and would have put into his law if he had known. Hence the equitable is just, and better than one kind of justice - not better than absolute justice, but better than the error that arises from the absoluteness of the statement. And this is the nature of the equitable, a correction of law where it is defective owing to its universatitlity.” 448 Dit is gebaseer op Aristoteles se begrip van verwisselende geregtigheid en die Romeinsregtelike remedie van leasio enormis soos beskryf in C4 44 2. Sien Gordley, 1981:1587.
214 Die Glossators kon nie ʼn teorie daarstel om laesio enormis te omskryf nie, maar spesifieke omstandighede is opgeteken wanneer laesio enormis van toepassing sou wees. ʼn Billike prys vir ʼn voorwerp (iustum pretium) is beskou as ʼn algemene markverwante prys. Die Middeleeuse Reg is ook beïnvloed deur die clausula rebus sic stantibus, wat gefunksioneer het as ʼn stilswyende voorwaarde, wat bepaal het dat ʼn kontrak nie nagekom moes word nie, veral wanneer die omstandighede na kontraksluiting drasties verander het. Die clausula het sy ontstaan in die Kanonieke Reg gehad, en is deur die werke van Augustinus vervat in die Decretum Gratiani. Bartolus het verder die clausula op die siviele reg toegepas, en die dekreet beperk tot renuntiatio. Die clausula rebus sic stantibus is later uitgebrei om alle beloftes te omvat. Teen die vyftiende eeu is dit algemeen toegepas ten opsigte van alle ooreenkomste. 449 Gedurende die 16de en 17de eeu het die Humaniste tydens die herontdekking van die etiese werke van Aristoteles die rol van die epieikeia en dié se verbintenis met aequitas geherevalueer. Soos in die Middeleeuse Reg, het die begrippe van “goeie trou” en “billikheid” vaag gebly, en die idees van regslui van dié tyd het werklik grootliks verskil. Die vader van die Franse regshumaniste beweging, Budaeus (1540), het die begrip epieikeia aan die humanistiese regswetenskap voorgestel. Hy het nie bloot die epieikeia aan die aequitas gelykgestel nie, maar het dit ook gekoppel aan die diskresie van die regter. In sy poging om goeie trou en billikheid te omskryf, het hy mildelik gebruik gemaak van bronne uit die Romeinse Reg, veral die bona fidei iudicia waardeur verwys is na beide aequitas en bona fides. Cujacius het weer aequitas as ʼn eties-teologiese begrip gesien, wat toegepas kan word om die ius strictum reg te stel. Dit is dus duidelik dat die Humaniste sowel aequitas as bona fides toegepas het om te dien as regstellende maatreël om die rigiditeit van die streng reg (strict law) reg te stel en om te dien as maatreël om die praktiese ontwikkeling van die reg te stimuleer. 2.2.3 ROMEINS-HOLLANDSE REG 449 Zimmermann, 1990:579. Sien ook Thomas, 2002:248. Die Romeins-Hollandse Reg het ʼn groot invloed gehad op die ontwikkeling van die begrippe “goeie trou” en “billikheid” veral op die gebied van die kontraktereg. Die Romeins-Hollandse Reg was uit en uit geskoei op ʼn billikheidsgrondslag, maar die begrip “billikheid” het nooit as konsep die
- Page 173 and 174: 162 waar dit die ongebonde uitoefen
- Page 175 and 176: 164 (c) Die feit dat die tenderraad
- Page 177 and 178: 166 kontrakteer, in die onbenydensw
- Page 179 and 180: 371 2004 EWHC 472 by 25(100). 372 2
- Page 181 and 182: 170 Die verweerder moes die geleent
- Page 183 and 184: 172 kan word om die uitvoering en n
- Page 185 and 186: 174 Daar is ʼn groot verskil tussen
- Page 187 and 188: 382 Raath, 2005:149. 176 administra
- Page 189 and 190: 178 onregmatige of ultra vires optr
- Page 191 and 192: 180 Konstitusionele Hof om die waar
- Page 193 and 194: 182 tussen reg en geregtigheid, sal
- Page 195 and 196: 390 Bauman, 1993:54. 184 As voorbee
- Page 197 and 198: 186 die leerstuk van estoppel maak
- Page 199 and 200: 188 hulle daargestel het. ʼn Volgen
- Page 201 and 202: 190 die reg verbied nie, maar dit e
- Page 203 and 204: 401 1984(4) SA 874 (A). 402 1989(1)
- Page 205 and 206: 408 Artikel 1 van die grondwet. 194
- Page 207 and 208: 196 Die vertroue kan slegs uitgespr
- Page 209 and 210: 3. DIE ONTWIKKELING VAN DIE KONTRAK
- Page 211 and 212: 200 gelaat vir sogenaamde “simple
- Page 213 and 214: 424 1987(2) ALL ER 620 (CA) 628. 20
- Page 215 and 216: (e) ʼn minder beperkende wyse om di
- Page 217 and 218: ”Contractual autonomy is part of
- Page 219 and 220: 208 om die sogenaamde “restraint
- Page 221 and 222: 444 Johnston, 1999:113. 210 Die taa
- Page 223: 2.2.2 DIE MIDDELEEUSE TYDPERK 212 K
- Page 227 and 228: 216 gaan die howe toepas om inbreuk
- Page 229 and 230: 459 Van der Ginten, 1978; Van der W
- Page 231 and 232: 220 menseregtehandves geïnkorporee
- Page 233 and 234: 222 Dit beteken geensins dat billik
- Page 235 and 236: 224 bedanking vir ʼn tydperk van 12
- Page 237 and 238: 226 mag gebruik maak van openbare b
- Page 239 and 240: 228 toepassing gemaak is deur die v
- Page 241 and 242: 230 kontraktereg op sigself is nie,
- Page 243 and 244: 511 2000(1) SA 315 (C). 512 1972(2)
- Page 245 and 246: 234 Dit wil egter voorkom of die ri
- Page 247 and 248: 236 dienste te verskaf. Laasgenoemd
- Page 249 and 250: 238 moet verwelkom word. Die result
- Page 251 and 252: 240 Ten slotte kan daarop gewys wor
- Page 253 and 254: 3.1.2 UITKONTRAKTERING 242 Nog ʼn w
- Page 255 and 256: 244 Artikel 239 van die Grondwet va
- Page 257 and 258: 246 die onderskeid tussen publiek e
- Page 259 and 260: 3.2.5 DIE VERSKIL TUSSEN STAATSKONT
- Page 261 and 262: 538 Ayr Harbour Trustees v Oswald 1
- Page 263 and 264: 252 Ons howe bevestig hierdie stand
- Page 265 and 266: Hoofstuk 7 DIE IMPAK VAN DIE GRONDW
- Page 267 and 268: 256 Appèlregter Olivier meld dat d
- Page 269 and 270: 258 Feenstra verwys byvoorbeeld na
- Page 271 and 272: “Stop, vrind, wag, stop!” seg t
- Page 273 and 274: can have legal validity - which has
214

Die Glossators kon nie ʼn teorie daarstel om laesio enormis te omskryf nie,

maar spesifieke omstandighede is opgeteken wanneer laesio enormis van

toepassing sou wees. ʼn Billike prys vir ʼn voorwerp (iustum pretium) is

beskou as ʼn algemene markverwante prys.

Die Middeleeuse Reg is ook beïnvloed deur die clausula rebus sic stantibus,

wat gefunksioneer het as ʼn stilswyende voorwaarde, wat bepaal het dat ʼn

kontrak nie nagekom moes word nie, veral wanneer die omstandighede na

kontraksluiting drasties verander het. Die clausula het sy ontstaan in die

Kanonieke Reg gehad, en is deur die werke van Augustinus vervat in die

Decretum Gratiani. Bartolus het verder die clausula op die siviele reg

toegepas, en die dekreet beperk tot renuntiatio. Die clausula rebus sic

stantibus is later uitgebrei om alle beloftes te omvat. Teen die vyftiende eeu

is dit algemeen toegepas ten opsigte van alle ooreenkomste. 449

Gedurende die 16de en 17de eeu het die Humaniste tydens die

herontdekking van die etiese werke van Aristoteles die rol van die epieikeia

en dié se verbintenis met aequitas geherevalueer. Soos in die Middeleeuse

Reg, het die begrippe van “goeie trou” en “billikheid” vaag gebly, en die idees

van regslui van dié tyd het werklik grootliks verskil. Die vader van die Franse

regshumaniste beweging, Budaeus (1540), het die begrip epieikeia aan die

humanistiese regswetenskap voorgestel. Hy het nie bloot die epieikeia aan

die aequitas gelykgestel nie, maar het dit ook gekoppel aan die diskresie van

die regter. In sy poging om goeie trou en billikheid te omskryf, het hy mildelik

gebruik gemaak van bronne uit die Romeinse Reg, veral die bona fidei iudicia

waardeur verwys is na beide aequitas en bona fides. Cujacius het weer

aequitas as ʼn eties-teologiese begrip gesien, wat toegepas kan word om die

ius strictum reg te stel.

Dit is dus duidelik dat die Humaniste sowel aequitas as bona fides toegepas

het om te dien as regstellende maatreël om die rigiditeit van die streng reg

(strict law) reg te stel en om te dien as maatreël om die praktiese ontwikkeling

van die reg te stimuleer.

2.2.3 ROMEINS-HOLLANDSE REG

449 Zimmermann, 1990:579. Sien ook Thomas, 2002:248.

Die Romeins-Hollandse Reg het ʼn groot invloed gehad op die ontwikkeling

van die begrippe “goeie trou” en “billikheid” veral op die gebied van die

kontraktereg. Die Romeins-Hollandse Reg was uit en uit geskoei op ʼn

billikheidsgrondslag, maar die begrip “billikheid” het nooit as konsep die