02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

211

individuele omstandighede om te verseker dat die beslissing in

ooreenstemming sou wees met verwagtinge soos billikheid en redelikheid. 445

Hieruit is dit seker dat die Romeine deeglik begryp het wat die term bona

fides behels. Die erkenning van aanspreeklikheid ex fide bona het nie hulle

regsisteem ontwrig nie, of veroorsaak dat regsonsekerheid en arbitrêre

beslissings na vore sou tree nie.

Teen die agtergrond van die Romeinse samelewing is dit duidelik dat die

begrip bona fides ʼn spesiale aanklank gehad het. Hierdie deugsaamheid

bevat standvastigheid, konstantheid en ʼn besluit om jou woord te hou. Fides

was ʼn beginsel met godsdienstige, etiese en regsimplikasies, wat menige

fasette van die Romeinse lewenswyse beïnvloed het. Die oorgang van fides

in die vroeë Romeinse tydperk na bona fides in die kontraktereg, kan

toegeskryf word vanweë wetgewing en internasionalisering van die begrip,

moontlik vanweë die Griekse invloed of pistis, die Griekse begrip van fides. 446

Die aard van regte en verpligtinge in die Romeinse Reg van verhuring het

meegebring dat daar ʼn voortdurende aanpassing gemaak moes word om die

partye se belange te kan weergee. Wanneer daar in die Romeinse Reg met

verpligtinge te doen gekry is, het die begrip bona fides gewoonlik gedui op die

standaard wat by kontraktuele verhoudings vereis is. Bona fides het

gefunksioneer as ʼn kriterium of maatstaf wat gebruik is om te bepaal of een

van die kontrakpartye inbreuk gemaak het op die verwagting van die redelike

man in ʼn kontraktuele verhouding. Dit het gedien as ʼn standaard norm van

eerlikheid en getrouheid in kontraktuele verbintenisse, soos neergelê in die

iudex, met die gemeenskap se verwagtinge van billikheid en gelykheid. Bona

fides in die vroeë klassieke Romeinse Reg was derhalwe ʼn konsep met

morele en regsfasette, wat deel gevorm het van die groter begrip van

aequitas.

Gedurende die tweede eeu voor Christus, het die begrip bona fides opgehou

om te dien as ʼn hulpmiddel vir regters om die optredes van kontrakpartye te

meet. Die rede hiervoor kan stellig te wyte wees aan die daarstelling van die

amp van die Praetor en sy aanpassings van die heersende reg op gronde van

billikheid. Enersyds sou bona fides kontrakte beheers waar partye konsensus

gehad het, terwyl die regter andersyds kon inmeng in die kontraktuele regte

en verpligtinge van die partye deur bloot gebruik te maak van uitgebreide en

regstellende funksies gebaseer op goeie trou (good faith).

445 Van Zyl, 1991:132.

446 Pringsheim, 1921:643; Wieacker Zum Ursprung 20; Pernice Labeo-römisches Privatrecth im ersten Juhrhundert der Kaiserzeit (1963) II 209; Van Zyl,

1991:132; Daube, 1996:132.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!