Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

209 Die eerste argument teen kontrakteervryheid is in wesenlik ʼn bewering dat dit nie werklikheidsgetrou is nie en dat dit gegrond is op die onwerklike premis dat kontrakterende partye gelyke bedingingskrag het. Dit is nou eenmaal ʼn uitgemaakte saak dat partye selde gelyke bedingingskrag het. Kontrakteervryheid word nie gegrond op gelyke bedingingskrag nie. Die tweede argument wat geopper word, is dat ongelyke bedingingsposisies tot onbillike kontrakte lei. Die siening word gehuldig dat indien die hof sulke onbillike kontrakte afdwing, die hof sy grondwetlike plig verloën om die oogmerk en strekking van die Handves van Menseregte te bevorder. 441 Die tweede argument is ook substansieloos, aangesien kontrakte tussen privaat persone nie gelykheid as uitkoms het nie. Om gelykheid in kontrakverband te verseker, blyk eerder ʼn taak van die staat te wees, soos wel met die afdwinging van wetgewing gesien kan word. 442 In die volgende gedeelte word veral gekonsentreer op die noodsaaklikheid vir ʼn onafhanklike kontraktuele norm waaraan die inhoud van kontrakbedinge moontlik getoets kan word. 2.2 GOEIE TROU EN BILLIKHEID Wat word verstaan onder die begrip “bona fides”, en welke rol, indien enige, speel dit op die gebied van die kontraktereg? In ʼn onlangse regsbeslissing is daar melding gemaak van die rol wat bona fides in die kontraktereg speel. Regter Davis het bona fides en billikheid in die saak van Mort v Henry Shields-Chiat443 beklemtoon, maar het versuim om in besonderhede in te gaan op die historiese agtergrond van hierdie konsepte. Kan bona fides en billikheid beskou word as norme waaraan die inhoud van kontrakbedinge getoets kan word? In antwoord hierop sal daar gekyk word na die historiese ontwikkeling van die begrippe. Deur die eeue heen het hierdie begrippe meer en meer in regstelsels opgeduik, en verskeie filosofiese persepsies het in verskillende eras van die regsgeskiedenis die begrippe gedomineer, sodat dit moeilik sou wees om te verklaar dat dit enigsins ʼn liniêre en koherente ontwikkeling beleef het. 441 Die Grondwet plaas egter geen positiewe plig op privaatpersone om gelykheid te bevorder nie, maar slegs om nie onbillik te diskrimineer nie. 442 Basic Conditions of Employment Act, 75 of 1997, the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, 4 of 2000, and the Employment Equity Act, 55 of 1998. 443 2001(1) SA 464 (C) 474-475.

444 Johnston, 1999:113. 210 Die taak kan vergemaklik word deur na te gaan welke betekenisse aan die begrippe verleen is met verwysing na die verskillende tydperke van die geskiedenis. 2.2.1 DIE ROMEINSE TYDPERK Die Romeinse Reg was aanvanklik beheers deur die ius civile, ʼn formalistiese regsisteem toeganklik slegs vir die Romeinse burgers. Die oudste remedie in die Romeinse Reg (die legis actio) waarmee die ius civile afgedwing is, is gekenmerk deur streng formalisme en rituele gebruike. In die derde eeu voor Christus is daar meer afstand gedoen van die streng formalistiese gebruike en hoef ʼn kontrakparty nie meer streng rituele gebruike na te kom nie. Daar kan gesteun word op ʼn skriftelike daarstelling van die feite van ʼn saak soos dit uitgespel was in die formula. 444 Die formula-prosedure bestaan uit twee fases. Ingevolge die eerste fase nader die gedingspartye die Praetor om ʼn formula te bekom. Die formula was ʼn geskrewe dokument, wat ʼn uiteensetting gebied het rakende die feite in geskil, waarop die regter in die tweede fase ʼn uitspraak moes lewer. Die regter moes die saak wat deur die formula aan hom voorgelê is, onder oë neem en ʼn beslissing maak gegrond op die verwere en aantygings deur die partye. Toe daar egter met die ius civile te doen gekry is, kon aksies gebaseer word op goeie trou. Dit is nie duidelik wanneer die oorgangsfase van aksies gebaseer op die ius civile, na aksies gebaseer op bona fides plaasgevind het nie. Die ratio iudicia bonae fidei het gewoonlik geslaan op aksies wat nie binne die raamwerk van die ius civile ingestel is nie. Dit wil voorkom of die Praetor hierdie tipe aksies saamgegroepeer het in die 2de eeu voor Christus, om sodoende die aanspreeklikheid te reguleer wat gespruit het uit die praetoriese aanname van die formalistiese siviele reg. ʼn Uitsonderlike kenmerk van die iudicia was die clausula ex fide bona in die intentio van die formula, wat die werking van bona fides in aksies beheer het. Die intentio van die formula is toegepas om die omvang van ʼn skuldenaar se verpligting vas te stel en die frase ex fide bona het die regter se bevoegdheid uitgebrei om die meriete van die saak te oorheers. Wanneer die regter dan ʼn uitspraak moes gee, is hy nie gebind ten opsigte van die bestaan van sekere feite nie, maar kon hy in sy uitspraak ook oorweging verleen het aan

209

Die eerste argument teen kontrakteervryheid is in wesenlik ʼn bewering dat dit

nie werklikheidsgetrou is nie en dat dit gegrond is op die onwerklike premis

dat kontrakterende partye gelyke bedingingskrag het.

Dit is nou eenmaal ʼn uitgemaakte saak dat partye selde gelyke

bedingingskrag het. Kontrakteervryheid word nie gegrond op gelyke

bedingingskrag nie. Die tweede argument wat geopper word, is dat ongelyke

bedingingsposisies tot onbillike kontrakte lei.

Die siening word gehuldig dat indien die hof sulke onbillike kontrakte afdwing,

die hof sy grondwetlike plig verloën om die oogmerk en strekking van die

Handves van Menseregte te bevorder. 441 Die tweede argument is ook

substansieloos, aangesien kontrakte tussen privaat persone nie gelykheid as

uitkoms het nie. Om gelykheid in kontrakverband te verseker, blyk eerder ʼn

taak van die staat te wees, soos wel met die afdwinging van wetgewing

gesien kan word. 442

In die volgende gedeelte word veral gekonsentreer op die noodsaaklikheid vir

ʼn onafhanklike kontraktuele norm waaraan die inhoud van kontrakbedinge

moontlik getoets kan word.

2.2 GOEIE TROU EN BILLIKHEID

Wat word verstaan onder die begrip “bona fides”, en welke rol, indien enige, speel

dit op die gebied van die kontraktereg?

In ʼn onlangse regsbeslissing is daar melding gemaak van die rol wat bona fides in

die kontraktereg speel. Regter Davis het bona fides en billikheid in die saak van

Mort v Henry Shields-Chiat443 beklemtoon, maar het versuim om in besonderhede

in te gaan op die historiese agtergrond van hierdie konsepte.

Kan bona fides en billikheid beskou word as norme waaraan die inhoud van

kontrakbedinge getoets kan word? In antwoord hierop sal daar gekyk word na die

historiese ontwikkeling van die begrippe. Deur die eeue heen het hierdie begrippe

meer en meer in regstelsels opgeduik, en verskeie filosofiese persepsies het in

verskillende eras van die regsgeskiedenis die begrippe gedomineer, sodat dit

moeilik sou wees om te verklaar dat dit enigsins ʼn liniêre en koherente ontwikkeling

beleef het.

441 Die Grondwet plaas egter geen positiewe plig op privaatpersone om gelykheid te bevorder nie, maar slegs om nie onbillik te diskrimineer nie.

442 Basic Conditions of Employment Act, 75 of 1997, the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, 4 of 2000, and the Employment

Equity Act, 55 of 1998.

443 2001(1) SA 464 (C) 474-475.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!