02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Praktiese wysheid, of phronesis behels, volgens Aristoteles, twee elemente, naamlik

die kennis van die beginsels van geregtigheid en die vermoë om hierdie beginsels in

konkrete gevalle toe te pas. Kennis van die beginsels van geregtigheid word

aanvanklik verkry deur die opvoeding in die deugde, maar word later uitgebou deur

ervaring van die wyses waarop deug in spesifieke gevalle uitgeleef word. Phronesis

behels dus weer eens die wisselwerking tussen die algemene beginsels en die

partikulêre toepassing daarvan in konkrete omstandighede. 18

Aristoteles se begrip van billikheid (epieikeia) is vir ons van groot belang. Dit is

skynbaar ʼn verskyningsvorm van besondere geregtigheid, maar enigsins meer

verhewe as die gewone vorms daarvan. Sy standpunt is dat geskrewe (positiewe)

reg nie altyd billik is nie en dat billikheid derhalwe, veral by wyse van interpretasie

van die reg, aangewend moet word om geregtigheid te laat geskied. Hierdie is een

van die vroegste regsfilosofiese aanduidings van die verband tussen geregtigheid

en billikheid.

Dit skyn of die gedagte aan ʼn billikheidsreg gebore is uit die oortuiging dat dit

onmoontlik is om die regslewe volledig te reglementeer. Veral geregtigheid vir die

besondere geval kan nie so verwesenlik word nie. Ontwikkelingsgeskiedkundig

gesien, het billikheid hom bewys as die figuur par excellence om leemtes aan te vul.

Plato en Aristoteles het dus die positiewe reg as onvolkome beskou en in die

beginsel van billikheid ʼn middel gesien om die positiewe reg te verbeter, waar dit in

besondere gevalle tot onregverdige gevolge sou lei.

Cicero het egter ʼn belangrike bydrae tot die ontwikkeling van die beginsel van

geregtigheid en billikheid gelewer. Hy beklemtoon dit dat daar wetlike bepalings kan

bestaan wat onregverdig, onbillik of onredelik is. Hy skryf onder andere die

volgende :

“But the most foolish notion of all is the belief that everything is just

which is found in the customs or laws of nations. Would that be true,

even if these laws had been enacted by tyrants. .” 19

Dit is vervolgens belangrik om te probeer onderskei tussen die begrippe

“geregtigheid” en “billikheid”, en welke siening Cicero hieroor gehad het. Die vraag

word ook gevra welke nut die onderskeid tussen die begrippe inhou en wat die

praktiese belang daarvan is.

In sy De Finibus beskryf Cicero hierbo die begrip geregtigheid soos volg :

18 Die eerste gedeelte van Boek 1 moet vergelyk word met dié gedeelte van Boek VI van die Nikomachiese Etiek.

19 Ebenstein, 1969:137.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!