Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
205 regsreëls enersyds en die optrede van hetsy publieke of private partye andersyds, waar albei volgens wettige reëls optree . Wanneer mag die howe die gemenereg ontwikkel? Die antwoord lê opgesluit in Artikel 8(3), wat bepaal dat daar ʼn reg bestaan in ʼn privaatverhouding en dat die bestaande reg nie voldoende beskerming aan die reg in die verhouding verleen nie. In die Khumalo-saak het regter O’Regan beslis dat die aard van die saak (laster) meebring dat spraakvryheid direkte horisontale toepassing geniet soos bepaal deur Artikel 8(2). Sou daar in dié saak bevind word dat die gemenereg ongrondwetlik was, sou dit ʼn geleentheid bied aan die hof om die gemenereg te ontwikkel om sodoende die nodige regsbeskerming aan die verontregte partye te verleen. By die bespreking van die horisontale werking van die Grondwet hierbo, is verwys na die onsekerheid wat bestaan rakende die impak van die publiekreg op die privaatreg. Die mening is ook uitgespreek dat in die meeste van die gevalle genoeg gemeenregtelike remedies bestaan waarvolgens ʼn verontregte party sy regte kan beskerm. Dit is egter duidelik dat die Handves van Menseregte ʼn belangrike regsontwikkelingsveld op veral die gebied van die privaatreg na vore gebring het. Die vraag kan gevra word of die Handves van Menseregte met sy invloed en uitwerking op die gebied van die privaatreg sal voldoen aan die optimistiese verwagtinge wat daargestel word deur die akademici en die howe. 2. DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE KONTRAKTEREG By die ontleding van die impak van die Grondwet op die gebied van die privaatreg, blyk die volgende aspekte belangrik te wees : 430 2002(4) SA 1 (A). 2.1 KONTRAKTEERVRYHEID EN OPENBARE BELEID Die Suid-Afrikaanse kontraktereg is gebaseer op die beginsel van kontrakteervryheid. Dit stel ʼn party, wat bevoeg is om hom/haar in ʼn kontrak te verbind, vry om te besluit met wie gekontrakteer kan word en wat die bepalings van sodanige ooreenkoms sal wees. ʼn Regsgeldige en ʼn afdwingbare ooreenkoms word tot stand gebring. Die Hoogste Hof van Appèl het bevind dat kontrakteervryheid intrinsiek is tot twee fundamentele grondwetlike waardes, naamlik vryheid en menswaardigheid. In Brisley v Drotsky 430 word dit soos volg gestel deur appèlregter Cameron:
”Contractual autonomy is part of freedom. Shorn of its obscene excesses, contractual autonomy informs also the constitutional value of dignity.” 431 206 Appèlregter Cameron staaf die stelling deur na ʼn passasie van Hart se “Concept of Law” te verwys. 432 In aansluiting hierby, kan verwys word na die klassieke beskouing van Kant rakende waardigheid. 433 Volgens hom beskik die mens oor die vermoë om te kan redeneer. Hy sê dat elke volwassene die vermoë het om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is en om morele oordele te fel. Die mens beskik ook oor morele outonomie. Hierdie morele outonomie verleen aan die mens ʼn onvoorwaardelike en onvergelykbare waarde, wat bekend staan as waardigheid. Morele vryheid word in verband gebring met elke aksie wat die mens as verteenwoordiger van moraliteit daarstel. Dit sluit ook optredes rakende kontrakte in. Wanneer daar inbreuk gemaak word op kontrakteervryheid, word dit ook gesien as inbreuk op morele vryheid, wat gevolglik ook die waardigheid skend. Wanneer die aspek van goeie trou (bona fide) later bespreek word, sal verder uitgebrei word oor die waardigheidsaspek wat gekoppel word aan die persoon self, indien ʼn ooreenkoms aangegaan word. Die verontagsaming van kontrakteervryheid stel ook ʼn verontagsaamheid van waardigheid daar. Voorheen is daar veral klem gelê op die feit dat kontrakpartye se eer op die spel is, wanneer ʼn ooreenkoms aangegaan word. Dit het dan ook gelei tot die spreuk “Pacta sunt servanda” - die ooreenkoms moet nagekom word. Appèlregter Cameron se uitspraak is verder met goedkeuring aangehaal deur die volbank in die saak van Afrox Healthcare Beperk v Strydom434 . In laasgenoemde saak het die Hoogste Hof van Appèl by monde van appèlregter Brand uitgebrei oor die aspek van “grondwetlike waarde van kontrakteervryheid”. In die saak word dit bevestig dat kontrakteervryheid die pacta sunt servanda-beginsel omvat. Appèlregter Brand verwys ook na ʼn aanhaling van hoofregter Steyn in die saak van SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Beperk v Shifren en Andere435 as gesag vir hierdie standpunt : “die elementêre en grondliggende beginsel dat die kontrakte wat 431 2002(4) SA 1 (A) Paragraaf 94. 432 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A) by 35 paragraaf 94F-H verwysend na Hart, 1961:40-41 : “If we look at the law simply from the point of view of the persons on whom its duties are imposed, and reduce all other aspects of it to the status of more or less elaborate conditions in which duties fall on them, we treat as something merely subordinate, elements which are at least as characteristic of law and as valuable to society as duty. Rules conferring private powers must, if they are to be understood, be looked at from the point of view of those who exercise them. They appear then as an additional element introduced by the law into social life over and above that of coercive control. This is so because possession of these legal powers makes of the private citizen, who, if there were no such rules, would be a mere duty-bearer, a private legislator. He is made competent to determine the course of the law within the sphere of his contracts, trusts, wills and other structures of rights and duties which he is enabled to build.” Hart, 1961:41 433 Kant 2001; Kant 1996:1724. 434 2002(6) SA 21 (A). 435 1964(4) SA 760 (A) 767.
- Page 165 and 166: 154 Die grootste probleem rakende h
- Page 167 and 168: 156 Dit is duidelik dat die aandste
- Page 169 and 170: 158 owerheidsorgaan benadeel is nie
- Page 171 and 172: 160 maar slegs gevind word in die o
- Page 173 and 174: 162 waar dit die ongebonde uitoefen
- Page 175 and 176: 164 (c) Die feit dat die tenderraad
- Page 177 and 178: 166 kontrakteer, in die onbenydensw
- Page 179 and 180: 371 2004 EWHC 472 by 25(100). 372 2
- Page 181 and 182: 170 Die verweerder moes die geleent
- Page 183 and 184: 172 kan word om die uitvoering en n
- Page 185 and 186: 174 Daar is ʼn groot verskil tussen
- Page 187 and 188: 382 Raath, 2005:149. 176 administra
- Page 189 and 190: 178 onregmatige of ultra vires optr
- Page 191 and 192: 180 Konstitusionele Hof om die waar
- Page 193 and 194: 182 tussen reg en geregtigheid, sal
- Page 195 and 196: 390 Bauman, 1993:54. 184 As voorbee
- Page 197 and 198: 186 die leerstuk van estoppel maak
- Page 199 and 200: 188 hulle daargestel het. ʼn Volgen
- Page 201 and 202: 190 die reg verbied nie, maar dit e
- Page 203 and 204: 401 1984(4) SA 874 (A). 402 1989(1)
- Page 205 and 206: 408 Artikel 1 van die grondwet. 194
- Page 207 and 208: 196 Die vertroue kan slegs uitgespr
- Page 209 and 210: 3. DIE ONTWIKKELING VAN DIE KONTRAK
- Page 211 and 212: 200 gelaat vir sogenaamde “simple
- Page 213 and 214: 424 1987(2) ALL ER 620 (CA) 628. 20
- Page 215: (e) ʼn minder beperkende wyse om di
- Page 219 and 220: 208 om die sogenaamde “restraint
- Page 221 and 222: 444 Johnston, 1999:113. 210 Die taa
- Page 223 and 224: 2.2.2 DIE MIDDELEEUSE TYDPERK 212 K
- Page 225 and 226: 214 Die Glossators kon nie ʼn teori
- Page 227 and 228: 216 gaan die howe toepas om inbreuk
- Page 229 and 230: 459 Van der Ginten, 1978; Van der W
- Page 231 and 232: 220 menseregtehandves geïnkorporee
- Page 233 and 234: 222 Dit beteken geensins dat billik
- Page 235 and 236: 224 bedanking vir ʼn tydperk van 12
- Page 237 and 238: 226 mag gebruik maak van openbare b
- Page 239 and 240: 228 toepassing gemaak is deur die v
- Page 241 and 242: 230 kontraktereg op sigself is nie,
- Page 243 and 244: 511 2000(1) SA 315 (C). 512 1972(2)
- Page 245 and 246: 234 Dit wil egter voorkom of die ri
- Page 247 and 248: 236 dienste te verskaf. Laasgenoemd
- Page 249 and 250: 238 moet verwelkom word. Die result
- Page 251 and 252: 240 Ten slotte kan daarop gewys wor
- Page 253 and 254: 3.1.2 UITKONTRAKTERING 242 Nog ʼn w
- Page 255 and 256: 244 Artikel 239 van die Grondwet va
- Page 257 and 258: 246 die onderskeid tussen publiek e
- Page 259 and 260: 3.2.5 DIE VERSKIL TUSSEN STAATSKONT
- Page 261 and 262: 538 Ayr Harbour Trustees v Oswald 1
- Page 263 and 264: 252 Ons howe bevestig hierdie stand
- Page 265 and 266: Hoofstuk 7 DIE IMPAK VAN DIE GRONDW
”Contractual autonomy is part of freedom. Shorn of its obscene excesses,

contractual autonomy informs also the constitutional value of dignity.” 431

206

Appèlregter Cameron staaf die stelling deur na ʼn passasie van Hart se “Concept of

Law” te verwys. 432 In aansluiting hierby, kan verwys word na die klassieke

beskouing van Kant rakende waardigheid. 433

Volgens hom beskik die mens oor die vermoë om te kan redeneer. Hy sê dat elke

volwassene die vermoë het om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is en om

morele oordele te fel. Die mens beskik ook oor morele outonomie. Hierdie morele

outonomie verleen aan die mens ʼn onvoorwaardelike en onvergelykbare waarde,

wat bekend staan as waardigheid. Morele vryheid word in verband gebring met elke

aksie wat die mens as verteenwoordiger van moraliteit daarstel. Dit sluit ook

optredes rakende kontrakte in.

Wanneer daar inbreuk gemaak word op kontrakteervryheid, word dit ook gesien as

inbreuk op morele vryheid, wat gevolglik ook die waardigheid skend.

Wanneer die aspek van goeie trou (bona fide) later bespreek word, sal verder

uitgebrei word oor die waardigheidsaspek wat gekoppel word aan die persoon self,

indien ʼn ooreenkoms aangegaan word.

Die verontagsaming van kontrakteervryheid stel ook ʼn verontagsaamheid van

waardigheid daar. Voorheen is daar veral klem gelê op die feit dat kontrakpartye se

eer op die spel is, wanneer ʼn ooreenkoms aangegaan word. Dit het dan ook gelei

tot die spreuk “Pacta sunt servanda” - die ooreenkoms moet nagekom word.

Appèlregter Cameron se uitspraak is verder met goedkeuring aangehaal deur die

volbank in die saak van Afrox Healthcare Beperk v Strydom434 . In laasgenoemde

saak het die Hoogste Hof van Appèl by monde van appèlregter Brand uitgebrei oor

die aspek van “grondwetlike waarde van kontrakteervryheid”. In die saak word dit

bevestig dat kontrakteervryheid die pacta sunt servanda-beginsel omvat.

Appèlregter Brand verwys ook na ʼn aanhaling van hoofregter Steyn in die saak van

SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Beperk v Shifren en Andere435 as gesag vir

hierdie standpunt : “die elementêre en grondliggende beginsel dat die kontrakte wat

431 2002(4) SA 1 (A) Paragraaf 94.

432 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A) by 35 paragraaf 94F-H verwysend na Hart, 1961:40-41 : “If we look at the law simply from the point of view of the

persons on whom its duties are imposed, and reduce all other aspects of it to the status of more or less elaborate conditions in which duties fall on them, we

treat as something merely subordinate, elements which are at least as characteristic of law and as valuable to society as duty. Rules conferring private

powers must, if they are to be understood, be looked at from the point of view of those who exercise them. They appear then as an additional element

introduced by the law into social life over and above that of coercive control. This is so because possession of these legal powers makes of the private

citizen, who, if there were no such rules, would be a mere duty-bearer, a private legislator. He is made competent to determine the course of the law within

the sphere of his contracts, trusts, wills and other structures of rights and duties which he is enabled to build.” Hart, 1961:41

433 Kant 2001; Kant 1996:1724.

434 2002(6) SA 21 (A).

435 1964(4) SA 760 (A) 767.