Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

205 regsreëls enersyds en die optrede van hetsy publieke of private partye andersyds, waar albei volgens wettige reëls optree . Wanneer mag die howe die gemenereg ontwikkel? Die antwoord lê opgesluit in Artikel 8(3), wat bepaal dat daar ʼn reg bestaan in ʼn privaatverhouding en dat die bestaande reg nie voldoende beskerming aan die reg in die verhouding verleen nie. In die Khumalo-saak het regter O’Regan beslis dat die aard van die saak (laster) meebring dat spraakvryheid direkte horisontale toepassing geniet soos bepaal deur Artikel 8(2). Sou daar in dié saak bevind word dat die gemenereg ongrondwetlik was, sou dit ʼn geleentheid bied aan die hof om die gemenereg te ontwikkel om sodoende die nodige regsbeskerming aan die verontregte partye te verleen. By die bespreking van die horisontale werking van die Grondwet hierbo, is verwys na die onsekerheid wat bestaan rakende die impak van die publiekreg op die privaatreg. Die mening is ook uitgespreek dat in die meeste van die gevalle genoeg gemeenregtelike remedies bestaan waarvolgens ʼn verontregte party sy regte kan beskerm. Dit is egter duidelik dat die Handves van Menseregte ʼn belangrike regsontwikkelingsveld op veral die gebied van die privaatreg na vore gebring het. Die vraag kan gevra word of die Handves van Menseregte met sy invloed en uitwerking op die gebied van die privaatreg sal voldoen aan die optimistiese verwagtinge wat daargestel word deur die akademici en die howe. 2. DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE KONTRAKTEREG By die ontleding van die impak van die Grondwet op die gebied van die privaatreg, blyk die volgende aspekte belangrik te wees : 430 2002(4) SA 1 (A). 2.1 KONTRAKTEERVRYHEID EN OPENBARE BELEID Die Suid-Afrikaanse kontraktereg is gebaseer op die beginsel van kontrakteervryheid. Dit stel ʼn party, wat bevoeg is om hom/haar in ʼn kontrak te verbind, vry om te besluit met wie gekontrakteer kan word en wat die bepalings van sodanige ooreenkoms sal wees. ʼn Regsgeldige en ʼn afdwingbare ooreenkoms word tot stand gebring. Die Hoogste Hof van Appèl het bevind dat kontrakteervryheid intrinsiek is tot twee fundamentele grondwetlike waardes, naamlik vryheid en menswaardigheid. In Brisley v Drotsky 430 word dit soos volg gestel deur appèlregter Cameron:

”Contractual autonomy is part of freedom. Shorn of its obscene excesses, contractual autonomy informs also the constitutional value of dignity.” 431 206 Appèlregter Cameron staaf die stelling deur na ʼn passasie van Hart se “Concept of Law” te verwys. 432 In aansluiting hierby, kan verwys word na die klassieke beskouing van Kant rakende waardigheid. 433 Volgens hom beskik die mens oor die vermoë om te kan redeneer. Hy sê dat elke volwassene die vermoë het om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is en om morele oordele te fel. Die mens beskik ook oor morele outonomie. Hierdie morele outonomie verleen aan die mens ʼn onvoorwaardelike en onvergelykbare waarde, wat bekend staan as waardigheid. Morele vryheid word in verband gebring met elke aksie wat die mens as verteenwoordiger van moraliteit daarstel. Dit sluit ook optredes rakende kontrakte in. Wanneer daar inbreuk gemaak word op kontrakteervryheid, word dit ook gesien as inbreuk op morele vryheid, wat gevolglik ook die waardigheid skend. Wanneer die aspek van goeie trou (bona fide) later bespreek word, sal verder uitgebrei word oor die waardigheidsaspek wat gekoppel word aan die persoon self, indien ʼn ooreenkoms aangegaan word. Die verontagsaming van kontrakteervryheid stel ook ʼn verontagsaamheid van waardigheid daar. Voorheen is daar veral klem gelê op die feit dat kontrakpartye se eer op die spel is, wanneer ʼn ooreenkoms aangegaan word. Dit het dan ook gelei tot die spreuk “Pacta sunt servanda” - die ooreenkoms moet nagekom word. Appèlregter Cameron se uitspraak is verder met goedkeuring aangehaal deur die volbank in die saak van Afrox Healthcare Beperk v Strydom434 . In laasgenoemde saak het die Hoogste Hof van Appèl by monde van appèlregter Brand uitgebrei oor die aspek van “grondwetlike waarde van kontrakteervryheid”. In die saak word dit bevestig dat kontrakteervryheid die pacta sunt servanda-beginsel omvat. Appèlregter Brand verwys ook na ʼn aanhaling van hoofregter Steyn in die saak van SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Beperk v Shifren en Andere435 as gesag vir hierdie standpunt : “die elementêre en grondliggende beginsel dat die kontrakte wat 431 2002(4) SA 1 (A) Paragraaf 94. 432 Brisley v Drotsky 2002(4) SA 1 (A) by 35 paragraaf 94F-H verwysend na Hart, 1961:40-41 : “If we look at the law simply from the point of view of the persons on whom its duties are imposed, and reduce all other aspects of it to the status of more or less elaborate conditions in which duties fall on them, we treat as something merely subordinate, elements which are at least as characteristic of law and as valuable to society as duty. Rules conferring private powers must, if they are to be understood, be looked at from the point of view of those who exercise them. They appear then as an additional element introduced by the law into social life over and above that of coercive control. This is so because possession of these legal powers makes of the private citizen, who, if there were no such rules, would be a mere duty-bearer, a private legislator. He is made competent to determine the course of the law within the sphere of his contracts, trusts, wills and other structures of rights and duties which he is enabled to build.” Hart, 1961:41 433 Kant 2001; Kant 1996:1724. 434 2002(6) SA 21 (A). 435 1964(4) SA 760 (A) 767.

205

regsreëls enersyds en die optrede van hetsy publieke of private partye andersyds, waar

albei volgens wettige reëls optree .

Wanneer mag die howe die gemenereg ontwikkel? Die antwoord lê opgesluit in Artikel

8(3), wat bepaal dat daar ʼn reg bestaan in ʼn privaatverhouding en dat die bestaande reg

nie voldoende beskerming aan die reg in die verhouding verleen nie. In die Khumalo-saak

het regter O’Regan beslis dat die aard van die saak (laster) meebring dat spraakvryheid

direkte horisontale toepassing geniet soos bepaal deur Artikel 8(2). Sou daar in dié saak

bevind word dat die gemenereg ongrondwetlik was, sou dit ʼn geleentheid bied aan die hof

om die gemenereg te ontwikkel om sodoende die nodige regsbeskerming aan die

verontregte partye te verleen.

By die bespreking van die horisontale werking van die Grondwet hierbo, is verwys na die

onsekerheid wat bestaan rakende die impak van die publiekreg op die privaatreg. Die

mening is ook uitgespreek dat in die meeste van die gevalle genoeg gemeenregtelike

remedies bestaan waarvolgens ʼn verontregte party sy regte kan beskerm.

Dit is egter duidelik dat die Handves van Menseregte ʼn belangrike regsontwikkelingsveld

op veral die gebied van die privaatreg na vore gebring het.

Die vraag kan gevra word of die Handves van Menseregte met sy invloed en uitwerking op

die gebied van die privaatreg sal voldoen aan die optimistiese verwagtinge wat daargestel

word deur die akademici en die howe.

2. DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE KONTRAKTEREG

By die ontleding van die impak van die Grondwet op die gebied van die privaatreg, blyk die

volgende aspekte belangrik te wees :

430 2002(4) SA 1 (A).

2.1 KONTRAKTEERVRYHEID EN OPENBARE BELEID

Die Suid-Afrikaanse kontraktereg is gebaseer op die beginsel van

kontrakteervryheid. Dit stel ʼn party, wat bevoeg is om hom/haar in ʼn kontrak te

verbind, vry om te besluit met wie gekontrakteer kan word en wat die bepalings van

sodanige ooreenkoms sal wees. ʼn Regsgeldige en ʼn afdwingbare ooreenkoms

word tot stand gebring. Die Hoogste Hof van Appèl het bevind dat

kontrakteervryheid intrinsiek is tot twee fundamentele grondwetlike waardes,

naamlik vryheid en menswaardigheid.

In Brisley v Drotsky 430 word dit soos volg gestel deur appèlregter Cameron:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!