Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
201 ongeveer 30 afsonderlike faktore aan die howe voorgehou om te bepaal of ʼn ooreenkoms of bepaling aan die billikheidsvereiste voldoen. 422 Die pacta sunt servanda-beginsel word immers beskou as die hoeksteen van die Suid-Afrikaanse kontraktereg en het jare lank gedien as beginsel in die openbare belang. Maar dit is ook duidelik dat, indien selfs die howe nie die nodige aandag aan die billikheidsbeginsel in die uitleg van kontrakte gaan skenk nie, die wetgewer weldra wetgewing daar gaan stel wat hierdie leemte gaan aanspreek. In ʼn nuwe demokrasie, wat binne ʼn kort tydperk drastiese verandering teweeggebring het, bring die regstelsel sekerlik van tyd tot tyd aanpassings aan om tred te hou by ʼn veranderde samelewing. 423 Die groot vraag is nou of dit nie tyd geword het om die gemenereg aan te pas by die hedendaagse ontwikkelings op die gebied van die kontraktereg nie. Die Regskommissie was die mening toegedaan dat die verandering wat nou op die voorgrond getree het rakende die billikheidsbeginsel, nie vir die howe iets nuuts was, en veral dat kontrakteervryheid hierdeur genegeer kan word. Die Regskommissie was bewus van die feit dat ʼn veranderde benadering reeds in ander lande plaasgevind het. In Paragraaf 1.4 word die volgende gesê : “It is therefore clear that the argument in favour of giving the courts the power to strike down unconscionable clauses is based on the principle of social control over private volition in the interests of public policy. Public policy, in more modern times, is more sensitive to justice, fairness and equity than ever before. This is borne out by recent developments in the English common law of contract. But it is also borne out by developments in Western Law.” Bogenoemde veranderinge, veral wat die howe betref, bly maar egter ʼn sensitiewe aangeleentheid. Indien partye se kontrakteervryheid deur sosiologiese sienswyses aan bande gelê sou word, kan dit tot probleme op die ekonomiese gebied lei. Die howe sal ʼn fyn balans moet handhaaf tussen enersyds kontrakteervryheid en sosiale kontrole in belang van die openbare orde andersyds. Daar sal veral gewaak moet word teen regsonsekerheid wat tussen kontrakpartye kan ontstaan wanneer hulle ʼn ooreenkoms aangaan. Die laaste ding wat nie by die kontrakpartye mag ontstaan nie, is die vraag wanneer ʼn kontrak gefinaliseer is, of ʼn hof na ondersoek die ooreenkoms gaan oorskryf en derhalwe gebruik maak van vae terme soos “goeie trou”, “billikheid” en “onmenslikheid”. 422 Die voorgestelde Artikel 2(c) bevat een voorvereiste: “A court shall not find a contract or term unreasonable, unconscionable or oppressive for the purposes of this act solely because it imposes onerous obligations on a party or the term or contract does not result in substantial or real benefit to a party, or a party may have been able to conclude a similar contract with another person on more favourable terms or conditions.” 423 Sien in hierdie verband Feldman (Pty) Limited v Mall 1945 AD 733 op 789.
424 1987(2) ALL ER 620 (CA) 628. 202 Daar kan slegs voorgestel word dat ʼn breë statutêre raamwerk deur die wetgewer aan die howe voorgelê sal word, wat moet dien as rigtingwyser wanneer die howe ʼn ooreenkoms moet interpreteer. Die howe staan nie voor ʼn maklike taak nie. In Phillips Products Limited v Hyland424 is daarop gewys dat die billikheid van ʼn kontrak of bepaling oorweeg word ten opsigte van die kontrak in elke besondere geval en nie ten opsigte van dergelike kontrakte of bepalings in die algemeen nie. Toekomstige regspraak sal ʼn antwoord op dié onsekerheid moet lewer. Verskeie vrae kom na vore, soos aan welke norm redelikheid in kontrakverband moet voldoen? Verskil dit wel van “unconscionableness” en “oppressiveness”, wat tog ook maar onredelikheid impliseer. Die howe is huiwerig om kontraktuele billikheid aan te spreek. Dit het jare geneem om redelikheid as ʼn onafhanklike hersieningsgrond in die administratiefreg te vestig, en dit sal sekerlik net so lank neem vir die howe om af te sien van die pacta sunt servanda-beginsel. Die antwoord hierop kan slegs wees dat dit regsonsekerheid in die hand gaan werk. Die duidelike mate van onbillikheid in die kontraktereg word deur die openbare belang bepaal. Ons howe het dit dekades lank in die openbare belang geag dat partye hulle verpligtinge wedersyds nakom. Die vraag kan egter gevra word - (1) of dit al die jare ʼn verkeerde vertolking van die gemeenskapsgevoel was, en indien nie, (2) of plaaslike omstandighede intussen dermate verander het, dat die pacta sunt servanda-beginsel getemper behoort te word, en indien wel, tot watter mate dit gedoen moet word? Daar moet verder ook begryp word dat openbare belang immers veranderlik is, nie net van tyd tot tyd nie, maar ook van plek tot plek en van land tot land. Ten slotte kan gesê word dat die howe sonder wetgewing genoop sal wees om die probleem van onbillikheid in die kontraktereg vierkant in die oë te kyk en ʼn oplossing te vind. Groter billikheid moet in openbare belang oorweeg word. Die sukses van die billikheidsbeginsel in die kontraktereg sal grootliks afhang van die korrekte toepassing deur die howe. Slegs die toekoms sal bepaal welke sukses daar met die toepassing van die billikheidsbeginsel in die kontraktereg behaal sal word.
- Page 161 and 162: 150 vind dan ook direkte toepassing
- Page 163 and 164: 152 alle reg, is dit ook van toepas
- Page 165 and 166: 154 Die grootste probleem rakende h
- Page 167 and 168: 156 Dit is duidelik dat die aandste
- Page 169 and 170: 158 owerheidsorgaan benadeel is nie
- Page 171 and 172: 160 maar slegs gevind word in die o
- Page 173 and 174: 162 waar dit die ongebonde uitoefen
- Page 175 and 176: 164 (c) Die feit dat die tenderraad
- Page 177 and 178: 166 kontrakteer, in die onbenydensw
- Page 179 and 180: 371 2004 EWHC 472 by 25(100). 372 2
- Page 181 and 182: 170 Die verweerder moes die geleent
- Page 183 and 184: 172 kan word om die uitvoering en n
- Page 185 and 186: 174 Daar is ʼn groot verskil tussen
- Page 187 and 188: 382 Raath, 2005:149. 176 administra
- Page 189 and 190: 178 onregmatige of ultra vires optr
- Page 191 and 192: 180 Konstitusionele Hof om die waar
- Page 193 and 194: 182 tussen reg en geregtigheid, sal
- Page 195 and 196: 390 Bauman, 1993:54. 184 As voorbee
- Page 197 and 198: 186 die leerstuk van estoppel maak
- Page 199 and 200: 188 hulle daargestel het. ʼn Volgen
- Page 201 and 202: 190 die reg verbied nie, maar dit e
- Page 203 and 204: 401 1984(4) SA 874 (A). 402 1989(1)
- Page 205 and 206: 408 Artikel 1 van die grondwet. 194
- Page 207 and 208: 196 Die vertroue kan slegs uitgespr
- Page 209 and 210: 3. DIE ONTWIKKELING VAN DIE KONTRAK
- Page 211: 200 gelaat vir sogenaamde “simple
- Page 215 and 216: (e) ʼn minder beperkende wyse om di
- Page 217 and 218: ”Contractual autonomy is part of
- Page 219 and 220: 208 om die sogenaamde “restraint
- Page 221 and 222: 444 Johnston, 1999:113. 210 Die taa
- Page 223 and 224: 2.2.2 DIE MIDDELEEUSE TYDPERK 212 K
- Page 225 and 226: 214 Die Glossators kon nie ʼn teori
- Page 227 and 228: 216 gaan die howe toepas om inbreuk
- Page 229 and 230: 459 Van der Ginten, 1978; Van der W
- Page 231 and 232: 220 menseregtehandves geïnkorporee
- Page 233 and 234: 222 Dit beteken geensins dat billik
- Page 235 and 236: 224 bedanking vir ʼn tydperk van 12
- Page 237 and 238: 226 mag gebruik maak van openbare b
- Page 239 and 240: 228 toepassing gemaak is deur die v
- Page 241 and 242: 230 kontraktereg op sigself is nie,
- Page 243 and 244: 511 2000(1) SA 315 (C). 512 1972(2)
- Page 245 and 246: 234 Dit wil egter voorkom of die ri
- Page 247 and 248: 236 dienste te verskaf. Laasgenoemd
- Page 249 and 250: 238 moet verwelkom word. Die result
- Page 251 and 252: 240 Ten slotte kan daarop gewys wor
- Page 253 and 254: 3.1.2 UITKONTRAKTERING 242 Nog ʼn w
- Page 255 and 256: 244 Artikel 239 van die Grondwet va
- Page 257 and 258: 246 die onderskeid tussen publiek e
- Page 259 and 260: 3.2.5 DIE VERSKIL TUSSEN STAATSKONT
- Page 261 and 262: 538 Ayr Harbour Trustees v Oswald 1
424 1987(2) ALL ER 620 (CA) 628.

202

Daar kan slegs voorgestel word dat ʼn breë statutêre raamwerk deur die wetgewer

aan die howe voorgelê sal word, wat moet dien as rigtingwyser wanneer die howe ʼn

ooreenkoms moet interpreteer. Die howe staan nie voor ʼn maklike taak nie. In

Phillips Products Limited v Hyland424 is daarop gewys dat die billikheid van ʼn

kontrak of bepaling oorweeg word ten opsigte van die kontrak in elke besondere

geval en nie ten opsigte van dergelike kontrakte of bepalings in die algemeen nie.

Toekomstige regspraak sal ʼn antwoord op dié onsekerheid moet lewer. Verskeie

vrae kom na vore, soos aan welke norm redelikheid in kontrakverband moet

voldoen? Verskil dit wel van “unconscionableness” en “oppressiveness”, wat tog

ook maar onredelikheid impliseer. Die howe is huiwerig om kontraktuele billikheid

aan te spreek. Dit het jare geneem om redelikheid as ʼn onafhanklike

hersieningsgrond in die administratiefreg te vestig, en dit sal sekerlik net so lank

neem vir die howe om af te sien van die pacta sunt servanda-beginsel. Die

antwoord hierop kan slegs wees dat dit regsonsekerheid in die hand gaan werk.

Die duidelike mate van onbillikheid in die kontraktereg word deur die openbare

belang bepaal. Ons howe het dit dekades lank in die openbare belang geag dat

partye hulle verpligtinge wedersyds nakom. Die vraag kan egter gevra word -

(1) of dit al die jare ʼn verkeerde vertolking van die gemeenskapsgevoel was, en

indien nie,

(2) of plaaslike omstandighede intussen dermate verander het, dat die pacta sunt

servanda-beginsel getemper behoort te word, en indien wel, tot watter mate

dit gedoen moet word? Daar moet verder ook begryp word dat openbare

belang immers veranderlik is, nie net van tyd tot tyd nie, maar ook van plek tot

plek en van land tot land.

Ten slotte kan gesê word dat die howe sonder wetgewing genoop sal wees om die

probleem van onbillikheid in die kontraktereg vierkant in die oë te kyk en ʼn

oplossing te vind. Groter billikheid moet in openbare belang oorweeg word.

Die sukses van die billikheidsbeginsel in die kontraktereg sal grootliks afhang van

die korrekte toepassing deur die howe.

Slegs die toekoms sal bepaal welke sukses daar met die toepassing van die

billikheidsbeginsel in die kontraktereg behaal sal word.