02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Aristoteles se werkswyse bestaan uit die ondersoek en vergelyking van verskillende

staatkundige of politieke sisteme met mekaar, ten einde die voor- en nadele van

elkeen te bepaal. Uit sy bevindinge van die verwerkliking van die ideal van

geregtigheid poog hy dan om op ʼn induktiewe wyse (epagógé) ʼn normatiewe

maatstaf vir geregtigheid daar te stel. Die algemene beginsels van geregtigheid wat

op hierdie wyse verkry word, word dan verder onderwerp aan moontlike teenstrydige

bevindinge van verdere konkrete ondersoek.

Dit is opmerklik dat Aristoteles ʼn induktiewe benadering by die identifisering van die

inhoud van geregtigheid toepas. Die induksie lê dus ingebed in ʼn dialektiese

proses, waarin beginsels van geregtigheid voortdurend getoets word aan verdere

konkrete ondersoek. Hierdie wedersydse wisselwerking tussen die algemene en die

partikulêre of die normatiewe en die konkrete, staan sentraal in Aristoteles se denke

en stel hom in staat om terselfdertyd prakties, sowel as krities met die werklikheid

om te gaan.

Geregtigheid sal, volgens Aristoteles, nooit onafhanklik van ʼn bepaalde polis of

staatsbestel bestaan nie, ten spyte van die onvermydelike tekortkominge van

daardie polis. Die moontlikheid van ʼn regverdige mens onafhanklik van sy

verbondheid aan ʼn polis is dus, volgens Aristoteles, onsinnig, aangesien

geregtigheid vir hom net soos in Plato se ideale staat in die orde binne die polis

bestaan.

Deug en geregtigheid bestaan ook vir Aristoteles daarin dat elkeen sy bepaalde rol

in die gemeenskapslewe van die polis sal vervul. 17 Hy onderskei voorts tussen

distributiewe en korrektiewe geregtigheid. Distributiewe geregtigheid behels die

beginsel dat elkeen volgens sy meriete vergoed moet word. Die regverdige of

gelyke verdeling wat hier ter sprake is, is dus nie ʼn gelykop verdeling nie, maar ʼn

proporsionele verdeling, ooreenkomstig die relatiewe meriete van die betrokke

partye. Korrektiewe geregtigheid blyk meer op konkrete transaksies betrekking te

hê en is gerig op die regstelling van enige benadeling wat byvoorbeeld uit ʼn kontrak

ontstaan het. Hierdie regstelling geskied egter nie op meriete nie, maar op ʼn gelyke

basis. Aristoteles stel dit duidelik dat dit geen verskil maak of dit ʼn goeie of slegte

man is wat byvoorbeeld bedrog gepleeg het nie.

Dit is genoem dat die proporsionele ordening in Plato se ideale staat deur die

heersers behartig word op grond van hulle insig in die idee van die goeie. Die

proporsionele ordening en regstelling deur middel van regspraak berus, volgens

Aristoteles, egter op die praktiese wysheid van die wetgewers en regters.

17 Hierdie oortuiging kulmineer in sy uitspraak in Boek I van die Politika dat die mens van nature 'n politkon zoon ('n politieke of eerder 'n gemeenskapsdier),

is. Uit Boek V van die Nikomachiese Etiek blyk dit duidelik dat ongeregtigheid vir Aristoteles net soos vir Plato, daarop neerkom dat iemand op meer

aanspraak maak as dit wat hom toekom. Geregtigheid berus gevolglik op 'n gelyke of regverdige verdeling van wat ook al ter sprake is.

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!