Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
2.3 HERVORMINGSMETODES 197 Nog faktore wat ʼn rol kan speel in die ontwikkeling van die kontraktereg, is verskeie hervormingsmetodes. Hier kan verwys word na kodifikasie, stuksgewyse wetgewende ingryping en judisiële hervorming. 2.4 HERVORMING DEUR WETGEWING Indien die wetgewer nie tevrede is met die ontwikkeling van die kontraktereg nie, kan wetgewing daargestel word om effektiewe meganismes te skep om substantiewe geregtigheid binne die kader van die Romeins-Hollandse kontraktereg te verseker. Die tipe wetgewing is wel in die verlede met sukses toegepas, veral om verbruikerskrediet te beheer. Dit het grootliks gedien ter beskerming van die verbruiker. Die rol wat die Regskommissie speel, moet ook nie uit die oog verloor word nie. 410 Die Regskommissie se toepassing is om wetgewing daar te stel om aan die howe ʼn algemene diskresie van billikheid, gebaseer op bona fides, te verleen en toe te sien dat substantiewe geregtigheid in die skepping, inhoud en afdwinging van kontrakte sal plaasvind. Wetgewing moet egter nie as die volledige antwoord beskou word nie. Daar moet voortdurend gekonsentreer word op die toepassing van bestaande kontrakteregbeginsels, met ʼn spesifieke fokuspunt om die Romeins-Hollandse Reg te hervorm. Dit moet plooibaar genoeg wees om aan te pas by toekomstige veranderde sosiale behoeftes. 2.5 JUDISIËLE AKTIVISME Judisiële aktivisme, as ʼn faktor wat ʼn rol tot die vernuwing van die kontraktereg kan speel, sal slegs suksesvol wees, indien daar ʼn inherente begeerte by die howe bestaan om verandering te laat plaasvind. Judisiële aktivisme is belangrik vir die transformasie van die kontraktereg. Dit moet verseker dat ʼn effektiewe, billike en regmatige kontrakteregsisteem tot stand gebring word. 410 Suid-Afrikaanse Regskommissie (Verslag : Projek 48) 1998:213-223.)
3. DIE ONTWIKKELING VAN DIE KONTRAKTEREG EN DIE INVLOED WAT DIE HANDVES VAN REGTE KAN INHOU 198 In hierdie gedeelte word veral ag geslaan op aspekte wat die howe in gedagte moet hou, indien hulle met die ontwikkeling van die kontraktereg, aan die hand van die Handves van Menseregte, te doen kry. 3.1 DIE ONTWIKKELING VAN DIE GEMENEREG OM HANDVESREGTE IN PRIVATE VERHOUDINGS TE BESKERM Indien ʼn hof weens die toepassing van die Handves op die afweging van regte ingevolge Artikel 8(2) bevind dat die gemenereg of wetgewing nie voldoende beskerming aan ʼn reg verleen nie, moet die hof die gemenereg ontwikkel om die nodige beskerming te verleen. Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hoë Hof het ʼn inherente bevoegdheid om die gemenereg te ontwikkel. Die oogmerk met veral Artikel 8(3) was waarskynlik om dit duidelik te stel dat hierdie inherente bevoegdheid uitgeoefen moet word, indien die gemenereg of statutêre reg onvoldoende beskerming aan ʼn reg verleen. Die bepaling verleen uiteraard geen grondwetlike status aan die bestaande gemenereg of wetgewing nie. Dit verorden slegs die min of meer vanselfsprekendheid dat dit onnodig is om nuwe reëls te ontwikkel, indien die gemenereg of wetgewing voldoende beskerming aan ʼn reg verleen. Omdat hierdie bepaling handel oor die ontwikkeling van die gemenereg ten opsigte van private verhoudings, waarin die regte van ander partye ook ter sprake kom, sal dit dikwels gebeur dat die regte van ander deur die nuwe reël beperk word. Sulke beperkings moet egter, volgens Artikel 8(3)(b), aan die bepalings van die algemene beperkingsbepaling voldoen. Artikel 8(3) verwys slegs na die gemenereg en nie na die ontwikkeling van die gewoontereg nie. 411 In Artikel 173 word ook nie na die inherente bevoegdheid wat bogemelde howe sou hê om die gewoontereg te ontwikkel, verwys nie. Artikel 173 is duidelik waar dit bepaal dat die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hoë Hof die inherente bevoegdheid het om, met inagneming van die belang van geregtigheid, hul eie proses te beskerm, te reël en die gemenereg te ontwikkel. Hierdie weglatings affekteer uiteraard nie die toepassing van die Handves ingevolge Artikel 8(1) op reëls van gewoontereg en ingevolge Artikel 8(2) op private verhoudings nie. Ingevolge Artikel 8(1) kan ʼn bevoegde hof ʼn reël van die gewoontereg soos enige ander regsreël onkonstitusioneel verklaar en soos in die geval van enige ander reël ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige 411 Contra Wolhuter, 1996:526 wat uit die weglating aflei dat die Handves van Menseregte indirek op die gewoontereg van toepassing is. Artikel 8(3) reël egter hoegenaamd nie die toepassing van die Handves op die “reg” op private verhoudings nie. Dit word gedoen in Artikel 8(1) en (2).
- Page 157 and 158: Hoofstuk 4 DIE IMPAK VAN DIE PUBLIE
- Page 159 and 160: That you need me? If, it’s a thri
- Page 161 and 162: 150 vind dan ook direkte toepassing
- Page 163 and 164: 152 alle reg, is dit ook van toepas
- Page 165 and 166: 154 Die grootste probleem rakende h
- Page 167 and 168: 156 Dit is duidelik dat die aandste
- Page 169 and 170: 158 owerheidsorgaan benadeel is nie
- Page 171 and 172: 160 maar slegs gevind word in die o
- Page 173 and 174: 162 waar dit die ongebonde uitoefen
- Page 175 and 176: 164 (c) Die feit dat die tenderraad
- Page 177 and 178: 166 kontrakteer, in die onbenydensw
- Page 179 and 180: 371 2004 EWHC 472 by 25(100). 372 2
- Page 181 and 182: 170 Die verweerder moes die geleent
- Page 183 and 184: 172 kan word om die uitvoering en n
- Page 185 and 186: 174 Daar is ʼn groot verskil tussen
- Page 187 and 188: 382 Raath, 2005:149. 176 administra
- Page 189 and 190: 178 onregmatige of ultra vires optr
- Page 191 and 192: 180 Konstitusionele Hof om die waar
- Page 193 and 194: 182 tussen reg en geregtigheid, sal
- Page 195 and 196: 390 Bauman, 1993:54. 184 As voorbee
- Page 197 and 198: 186 die leerstuk van estoppel maak
- Page 199 and 200: 188 hulle daargestel het. ʼn Volgen
- Page 201 and 202: 190 die reg verbied nie, maar dit e
- Page 203 and 204: 401 1984(4) SA 874 (A). 402 1989(1)
- Page 205 and 206: 408 Artikel 1 van die grondwet. 194
- Page 207: 196 Die vertroue kan slegs uitgespr
- Page 211 and 212: 200 gelaat vir sogenaamde “simple
- Page 213 and 214: 424 1987(2) ALL ER 620 (CA) 628. 20
- Page 215 and 216: (e) ʼn minder beperkende wyse om di
- Page 217 and 218: ”Contractual autonomy is part of
- Page 219 and 220: 208 om die sogenaamde “restraint
- Page 221 and 222: 444 Johnston, 1999:113. 210 Die taa
- Page 223 and 224: 2.2.2 DIE MIDDELEEUSE TYDPERK 212 K
- Page 225 and 226: 214 Die Glossators kon nie ʼn teori
- Page 227 and 228: 216 gaan die howe toepas om inbreuk
- Page 229 and 230: 459 Van der Ginten, 1978; Van der W
- Page 231 and 232: 220 menseregtehandves geïnkorporee
- Page 233 and 234: 222 Dit beteken geensins dat billik
- Page 235 and 236: 224 bedanking vir ʼn tydperk van 12
- Page 237 and 238: 226 mag gebruik maak van openbare b
- Page 239 and 240: 228 toepassing gemaak is deur die v
- Page 241 and 242: 230 kontraktereg op sigself is nie,
- Page 243 and 244: 511 2000(1) SA 315 (C). 512 1972(2)
- Page 245 and 246: 234 Dit wil egter voorkom of die ri
- Page 247 and 248: 236 dienste te verskaf. Laasgenoemd
- Page 249 and 250: 238 moet verwelkom word. Die result
- Page 251 and 252: 240 Ten slotte kan daarop gewys wor
- Page 253 and 254: 3.1.2 UITKONTRAKTERING 242 Nog ʼn w
- Page 255 and 256: 244 Artikel 239 van die Grondwet va
- Page 257 and 258: 246 die onderskeid tussen publiek e
3. DIE ONTWIKKELING VAN DIE KONTRAKTEREG EN DIE INVLOED WAT DIE

HANDVES VAN REGTE KAN INHOU

198

In hierdie gedeelte word veral ag geslaan op aspekte wat die howe in gedagte moet hou,

indien hulle met die ontwikkeling van die kontraktereg, aan die hand van die Handves van

Menseregte, te doen kry.

3.1 DIE ONTWIKKELING VAN DIE GEMENEREG OM HANDVESREGTE IN PRIVATE

VERHOUDINGS TE BESKERM

Indien ʼn hof weens die toepassing van die Handves op die afweging van regte

ingevolge Artikel 8(2) bevind dat die gemenereg of wetgewing nie voldoende

beskerming aan ʼn reg verleen nie, moet die hof die gemenereg ontwikkel om die

nodige beskerming te verleen. Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl

en die Hoë Hof het ʼn inherente bevoegdheid om die gemenereg te ontwikkel. Die

oogmerk met veral Artikel 8(3) was waarskynlik om dit duidelik te stel dat hierdie

inherente bevoegdheid uitgeoefen moet word, indien die gemenereg of statutêre reg

onvoldoende beskerming aan ʼn reg verleen.

Die bepaling verleen uiteraard geen grondwetlike status aan die bestaande

gemenereg of wetgewing nie. Dit verorden slegs die min of meer

vanselfsprekendheid dat dit onnodig is om nuwe reëls te ontwikkel, indien die

gemenereg of wetgewing voldoende beskerming aan ʼn reg verleen. Omdat hierdie

bepaling handel oor die ontwikkeling van die gemenereg ten opsigte van private

verhoudings, waarin die regte van ander partye ook ter sprake kom, sal dit dikwels

gebeur dat die regte van ander deur die nuwe reël beperk word. Sulke beperkings

moet egter, volgens Artikel 8(3)(b), aan die bepalings van die algemene

beperkingsbepaling voldoen.

Artikel 8(3) verwys slegs na die gemenereg en nie na die ontwikkeling van die

gewoontereg nie. 411 In Artikel 173 word ook nie na die inherente bevoegdheid wat

bogemelde howe sou hê om die gewoontereg te ontwikkel, verwys nie.

Artikel 173 is duidelik waar dit bepaal dat die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof

van Appèl en die Hoë Hof die inherente bevoegdheid het om, met inagneming van

die belang van geregtigheid, hul eie proses te beskerm, te reël en die gemenereg te

ontwikkel. Hierdie weglatings affekteer uiteraard nie die toepassing van die

Handves ingevolge Artikel 8(1) op reëls van gewoontereg en ingevolge Artikel 8(2)

op private verhoudings nie. Ingevolge Artikel 8(1) kan ʼn bevoegde hof ʼn reël van

die gewoontereg soos enige ander regsreël onkonstitusioneel verklaar en soos in

die geval van enige ander reël ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige

411 Contra Wolhuter, 1996:526 wat uit die weglating aflei dat die Handves van Menseregte indirek op die gewoontereg van toepassing is. Artikel 8(3) reël

egter hoegenaamd nie die toepassing van die Handves op die “reg” op private verhoudings nie. Dit word gedoen in Artikel 8(1) en (2).