Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

195 boodskap moet duidelik tuisgebring word wat van partye verwag word, indien hulle met mekaar ʼn ooreenkoms aangaan. Andersyds is kontrakpartye ook nie te verantwoordelik nie. Baie mense het reeds ʼn goeie aanduiding van wat hulle menseregte behels, maar min moeite word gedoen om die nodige regsadvies te bekom, alvorens ʼn kontrak, wat groot geldelike nagevolge kan hê, gesluit word. By die uitleg van menseregte aan die hand van die kontraktereg, kan die howe ook verder steun put uit die bepalings van die Grondwet self. Hoofstuk 3 verskaf ʼn sterk aanduiding dat horisontale toepassing wel moet plaasvind. Suid-Afrika beskik nie oor ʼn Civil Rights Act wat voorsiening maak vir direkte horisontale toepassing van fundamentele regte nie. ʼn Resultaat kan ook deur die howe verkry word, deur interpretasie op die grondslag van indirekte horisontale toepassing te laat geskied. 409 Norme soos goeie trou en openbare belang kan veral groot stukrag verleen in gevalle waar probleme by die uitleg van die kontrak bestaan. Alle wetgewing, ook wetgewing wat private verhoudings beheer, moet sodanig uitgelê word om maksimale effek te verleen aan die waardes en beginsels in die Grondwet vervat. Dit sal meebring dat alle privaatregtelike reëls en beginsels indirek onderhewig gestel word aan die fundamentele waardes vervat in die Grondwet. Indirekte horisontale toepassing kan ook deur die howe ingelees word in die bepalings van Artikels 8(2) en 8(3)(a) van Hoofstuk 2 van die Grondwet. ʼn Bepaling van die Handves van Menseregte bind ʼn natuurlike, of ʼn regspersoon, in die mate waarin dit toepasbaar is, met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê. Die taak van die howe word ook verlig, deurdat die wetgewer dikwels na vore tree en wetgewing daarstel wat die privaatregtelike verhouding van partye reël. Die toepassing van die Handves van Menseregte op die gebied van die privaatreg gaan grootliks deur die howe op die grondslag van interpretasie geskied. Die grondwet lê verder ʼn belangrike taak op die skouers van die howe. Ingevolge Artikel 8(3) van die Handves van Menseregte, moet die howe by die toepassing van ʼn bepaling van die Handves van Menseregte op ʼn natuurlike of regspersoon ingevolge Subartikel (2) - (a) gevolg gee aan ʼn reg in die handves, die gemenereg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan hierdie reg gevolg gee nie; en (b) kan ʼn hof reëls van die gemenereg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met Artikel 36(1) is. 409 Artikel 7(4) van die Interim-Grondwet het 'n belangrike verandering ten opsigte van die gemeenregtelike begrip van locus standi teweeggebring. 'n Vereniging wat in belang van sy lede optree, 'n persoon wat optree ten behoewe van 'n ander persoon wat nie in staat is om op sy eie te ageer nie, 'n party wat optree as lid, of in belang van 'n groep of klas persone, of 'n persoon wat optree in openbare belang, is geregtig om enige bevoegde hof te nader vir 'n gepaste bevel, wanneer daar inbreuk gemaak word, of 'n dreigement daartoe, om enige van die regte in die Handves van Menseregte te skend. Ingevolge die gemenereg moes 'n litigant 'n direkte belang in die saak kon aantoon, anders kon die saak nie aanhangig gemaak word nie. Die moontlikheid om 'n groep of klas te verteenwoordig en die herlewing van die actio popularis in publieke belang, het nuwe deure vir die afdwinging van menseregte geopen.

196 Die vertroue kan slegs uitgespreek word, dat die howe ʼn positiewe benadering sal volg wanneer gemenereg ontwikkel word en wanneer uitleg gegee word ten opsigte van die invloed wat die Handves van Menseregte op die gebied van die kontrakreg sal hê. 2.2 DIE BEHOUD VAN DIE ROMEINS-HOLLANDSE REG Die ontwikkeling van die kontraktereg en die uitbreiding van die gemenereg moet grootliks geskied aan die hand van die Handves van Menseregte. Nog ʼn faktor wat ʼn rol sal speel in die ontwikkeling van ʼn nuwe Suid-Afrikaanse kontrakteregstelsel, is in hoe ʼn mate die howe gaan afstand doen van die behoud van die Romeins- Hollandse Reg. Die behoud van die Romeins-Hollandse Reg is egter nie onkontroversieel nie. Die kontrak in die Romeins-Hollandse Reg het die vryemarkbenadering as basis voorgestaan. Hierdie stelsel was egter jare gelede van toepassing op ʼn ekonomie wat totaal en al verskil van ons hedendaagse komplekse ekonomie. Dit is duidelik dat die “ou” wêreld nie meer ten volle by die “nuwe” aanpas nie. Die Romeins-Hollandse Reg verskaf nie meer antwoorde op alle vrae nie. Die vraag kan gevra word of ʼn mens ʼn totaal nuwe kontrakteregstelsel moet skep? Dit is egter nie nodig nie. Die gemenereg moet aangevul word om by die eise van die hedendaagse lewe aan te pas. Die meriete waarop die howe moet let, sal bepalend wees in elke hofsaak wanneer daar gekom word by wetsuitleg en die ontwikkeling van die gemenereg . Die feite van ʼn bepaalde saak sal hom by uitstek daartoe leen om die partye streng te hou by die bepalings van die ooreenkoms (pacta sunt servanda). ʼn Ander saak sal hom weer leen om die Handves van Menseregte ten volle toe te pas. ʼn Goeie voorbeeld is die hantering van die howe en hul siening of die “in restraint of trade”-klousule toegepas moet word of nie. Die een party kan aanvoer dat dit dien as beskerming van sy reg tot vrye ekonomiese verkeer, terwyl die ander party kan aanvoer dat sy reg op handelsvryheid ingeperk word. Met hierdie botsende belange rakende die Handves van Menseregte, sal die hof tot ʼn beslissing kom om te sien of die toepassing van die klousule in belang van die openbare orde is, al dan nie. Die voorstel is dat sowel die Romeins-Hollandse beginsels as die beginsels van die Handves van Menseregte met mekaar versoen moet word en dat dit in geheel sal dien as ʼn positiewe ontwikkeling van kontraktereg.

196

Die vertroue kan slegs uitgespreek word, dat die howe ʼn positiewe benadering sal

volg wanneer gemenereg ontwikkel word en wanneer uitleg gegee word ten opsigte

van die invloed wat die Handves van Menseregte op die gebied van die kontrakreg

sal hê.

2.2 DIE BEHOUD VAN DIE ROMEINS-HOLLANDSE REG

Die ontwikkeling van die kontraktereg en die uitbreiding van die gemenereg moet

grootliks geskied aan die hand van die Handves van Menseregte. Nog ʼn faktor wat

ʼn rol sal speel in die ontwikkeling van ʼn nuwe Suid-Afrikaanse kontrakteregstelsel,

is in hoe ʼn mate die howe gaan afstand doen van die behoud van die Romeins-

Hollandse Reg. Die behoud van die Romeins-Hollandse Reg is egter nie

onkontroversieel nie. Die kontrak in die Romeins-Hollandse Reg het die vryemarkbenadering

as basis voorgestaan. Hierdie stelsel was egter jare gelede van

toepassing op ʼn ekonomie wat totaal en al verskil van ons hedendaagse komplekse

ekonomie. Dit is duidelik dat die “ou” wêreld nie meer ten volle by die “nuwe”

aanpas nie. Die Romeins-Hollandse Reg verskaf nie meer antwoorde op alle vrae

nie.

Die vraag kan gevra word of ʼn mens ʼn totaal nuwe kontrakteregstelsel moet skep?

Dit is egter nie nodig nie. Die gemenereg moet aangevul word om by die eise van

die hedendaagse lewe aan te pas. Die meriete waarop die howe moet let, sal

bepalend wees in elke hofsaak wanneer daar gekom word by wetsuitleg en die

ontwikkeling van die gemenereg . Die feite van ʼn bepaalde saak sal hom by uitstek

daartoe leen om die partye streng te hou by die bepalings van die ooreenkoms

(pacta sunt servanda). ʼn Ander saak sal hom weer leen om die Handves van

Menseregte ten volle toe te pas. ʼn Goeie voorbeeld is die hantering van die howe

en hul siening of die “in restraint of trade”-klousule toegepas moet word of nie. Die

een party kan aanvoer dat dit dien as beskerming van sy reg tot vrye ekonomiese

verkeer, terwyl die ander party kan aanvoer dat sy reg op handelsvryheid ingeperk

word. Met hierdie botsende belange rakende die Handves van Menseregte, sal die

hof tot ʼn beslissing kom om te sien of die toepassing van die klousule in belang van

die openbare orde is, al dan nie.

Die voorstel is dat sowel die Romeins-Hollandse beginsels as die beginsels van die

Handves van Menseregte met mekaar versoen moet word en dat dit in geheel sal

dien as ʼn positiewe ontwikkeling van kontraktereg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!