02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Plato verwys na die wettelose staat. Die rede vir hierdie "wettelose" (lawless) staat,

of gemeenskap, soos deur Plato voorgestel, is waarskynlik die feit dat dit onbillik is

dat mense onderhewig gestel word aan dieselfde wetgewing van algemene aard wat

op ʼn gemeenskap of staat toegepas word. Daar is onderliggende verskille tussen

verskillende lede van ʼn gemeenskap of staat, wat in gedagte gehou moet word,

wanneer wetgewing op hulle van toepassing gemaak word. 14 Plato merk op dat die

staat of gemeenskap beter daaraan toe sal wees sonder wetgewing, as om

wetgewing te hê wat onbillik is.

In teenstelling met Plato, het Aristoteles ʼn veel duideliker gedefinieerde standpunt

oor billikheid. Hy verklaar dat, alhoewel billikheid in werklikheid beter is as ʼn

besondere vorm van geregtigheid, dit op sigself regverdig is. 15 Geregtigheid en

billikheid is eenders en albei is goed, alhoewel billikheid die meerdere van die twee

begrippe is. Die kern van die probleem is dat, alhoewel billikheid regverdig is, dit nie

geregtigheid ooreenkomstig die Wet daarstel nie, maar ʼn verbetering van juridiese

geregtigheid is. Dit is ʼn verbetering van die reg, wat gebrekkig is vanweë sy

algemene toepassing.

Du Plessis meen dat Aristoteles se benadering tot die verhouding van geregtigheid

en billikheid gesien moet word as ʼn belangrike oorbrugging van die gaping gelaat

deur sy voorgangers, veral deur Plato. 16

Die waarde van Plato se idealisme, wat betref die fundering van geregtigheid, lê in

die oproep om elke politieke sisteem krities te bejeën as hoogstens ʼn voorlopige en

onvolmaakte beliggaming van die ideal van geregtigheid. Die gevolg van hierdie

kritiese inslag was dat Plato self uiters skepties gestaan het teenoor die

moontlikheid dat enige staatsbestel in die praktyk uitdrukking kan gee aan die ideal

van geregtigheid. Die verdere resultaat van sy idealisme en gevolglike utopisme is

dat sy poging om in die aktuele politiek van sy tyd ʼn maatstaf vir geregtigheid daar

te stel, wesenlik misluk het.

Dit is hierdie mislukking wat ook sentraal staan in Aristoteles se kritiek op Plato. Sy

benadering is veel meer realisties as dié van Plato. Dit moet egter nie gesien word

as ʼn blote verwerping van Plato se denke nie, maar juis as ʼn poging om dit wat

sentraal in Plato se denke staan, naamlik die daarstelling van ʼn maatstaf vir

geregtigheid, verder te voer.

13 Allen, 1964:389

14 Die reg kan dan beskou word as streng en onbuigbaar, soos die geval was met die Romeinse ius civile, wat beskou was as 'n ius strictum, wat 'n harde

en onbuigbare effek gehad het op die persone op wie die wet toegepas was. Die Praetor het egter ingegryp en billikheid na vore gebring in die vorm van

billikheidsremedies, soos die actione utiles en actione in factum.

15 Aristoteles, 1978:R 5, 10, 1 (1137a).

16 Du Plessis, 1978:83-87.

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!