02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

182

tussen reg en geregtigheid, sal ons nie anders kan as om met Derrida saam te stem

dat daar nie so-iets bestaan as perfekte geregtigheid nie. 386

Wanneer die howe die reg interpreteer en toepas, sal hulle deeglik bewus daarvan

moet wees dat daar ʼn onderskeid tussen die begrippe “reg” en “geregtigheid”

bestaan. Wat die geregtigheidsaspek betref, gee die howe in moeilike

omstandighede soms uitsprake, wat die gemeenskap nie altyd ten volle begryp

nie. 387

Die verandering van die morele behoeftes van die gemeenskap speel ʼn groot

invloed op die geregtigheidsaspek. ʼn Beslissing wat tien jaar gelede as korrek

beskou is, is nie noodwendig vandag volgens die veranderde

gemeenskapsopvattings korrek nie. Geregtigheid blyk dus wel ook ʼn veranderende

konsep te wees.

Wat is dan die inherente verskille tussen reg en geregtigheid?

(1) Die reg moet gesien word as ʼn sisteem van reëls. Daardeur word die

aanname van “algemeenheid” van die reël, die norm of die universele gebod

gemaak. Die reg bestaan uit positiewe strukture, waaruit die judisiële sisteem

bestaan en waarvolgens optrede as reg, regmatig of behoorlik goedgekeur

getipeer word.

Geregtigheid kan nie tot ʼn sisteem saamgebind word nie, aangesien dit die

grense van die sisteem oorskry. Geregtigheid tree voortdurend dekonstruktief

op, dit ontwrig gedurig die reg deur die onmoontlike van die reg te verwag en

geregtigheid is konstant besig om krities die grense van die regsisteem te

verander. Die vertroue kan uitgespreek word dat die verandering ten goede

sal wees, want geregtigheid sal nooit omskryf kan word as ʼn sisteem van reg

nie. Wette word afgedwing deur staatsanksies. Montaigne sê dat mense die

Wet nakom, nie omdat die Wet as reg beskou word nie, maar omdat dit deur

die staat by wyse van mag afgedwing word.

Andersyds is geregtigheid voortdurend besig om die reg te verbeter en te

transformeer.

(2) Wetgewing of reg se funksie is om ʼn belange-opweging ten opsigte van

kompeterende aansprake te maak. Dit oorweeg en lewer dan ʼn uitspraak.

Dit is ʼn gekodifiseerde stelsel. Wetgewing kan presies ooreenkomstig ʼn

reël/reg bepaal dat ʼn persoon ʼn sekere straf of kompensasie moet kry.

Hoewel dit korrek gemeet kan word, werk dit nog nie geregtigheid in die hand

386 Derrida, 1992 34.

387 Die Hugo-saak 1997(4) SA 1 (CC), kan hier as voorbeeld dien.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!