02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

178

onregmatige of ultra vires optrede die betrokke statutêre vereistes vir geldige

optrede te systap en die owerheid aan sy ondernemings gebonde te hou nie.

(k) Die algemene benadering van die howe behoort te wees om die grondwetlike

bepalings met betrekking tot administratiewe geregtigheid (Artikel 33) en

effektiewe en betroubare staatsadministrasie (Artikel 195), saamgelees met

Artikel 39 (ontwikkeling van die gemenereg ), op so ʼn wyse toe te pas dat dit

aan die gemeenregtelike beginsels van estoppel maksimale toepassing

verleen waar onderdane deur slordige staatsadministrasie nadelig getref

word.” 383

3.1.2 OWERHEIDSORGANE EN REGMATIGE VERWAGTING

Die administratiefregtelike begrip “regmatige verwagting” beskik oor geen

objektiewe korrelaat, indien dit by privaatregtelike toepassing kom nie. Dit is

nie ʼn kontraktuele term of ʼn wanvoorstelling nie. 384 Dit is dus duidelik dat

regmatige verwagting toepassing vind buite die kader van privaatregtelike

juridiese optrede, sodanig dat ʼn voorstelling wat nie op die privaatreg van

toepassing is nie, wel verpligtinge op die owerheidsorgaan plaas.

Die toepassing van die begrip “regmatige verwagting”, veral op die gebied

van die privaatreg (kontraktereg), verlang deeglike oorweging van die kant

van die howe. Die toepassing daarvan blyk veral van toepassing te wees op

voor-kontraktuele verpligtinge, waar die privaatreg veral tradisioneel die

kontrakpartye beskerm het teen regsverpligtinge. Die leerstuk van regmatige

verwagting in die administratiefreg kan hierdie situasie drasties verander.

Veral op die gebied van die kontraktereg, kan die leerstuk van regmatige

verwagting ʼn al groter rol speel, veral wat betref die optrede van die

owerheidsorgaan waar dit tot ʼn kontrak toetree. Die leerstuk van regmatige

verwagting sal saam met Artikel 33 van die Grondwet eng toegepas word. Dit

sal veral slaan op die “billikheidsaspek”, waar daar van die owerheidsorgaan

billike optrede verlang word, indien dit ʼn kontrak aangaan of uitvoer.

Dieselfde graad van optrede wat van die owerheidsorgaan in die

privaatregtelike situasie verlang word, sal geleidelik oorspoel na die

kontraktuele verpligtinge, waar daar met privaat organisasies of private

individue te doen gekry word. Die aspek van billikheid sal later onder die

kontraktereg meer toegelig word.

383 Raath, 2005:150.

384 In Gallagher v Norman’s Transport Lines (Pty) Limited 1992(3) SA 500 (W) at 506G-H word dit gestel:“Outside the field of administrative law, the

distinction must be clear between a right created by actual consensus or the equivalent thereof and which may, therefore create expectations, and an

expectation born of reasons other than the existence of a contractual term. When the ‘intent’, shared by the parties or vesting in the mind of one only, is

elevated to the level of being enforceably binding, and only then, does it become a consensual ‘intention’.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!