Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

177 (e) daarvan handel, behoort die beginsel te geld dat die staat aan sodanige onderneming of kontrak gebonde is. In die geval waar ʼn staatlike ampsdraer die bevoegdheid toe-eien om bepaalde ondernemings of kontrakte namens die staat aan te gaan, is die onderdaan daarop geregtig om te aanvaar dat die betrokke persoon of instansie wel oor die bevoegdhede beskik wat dit voorgee om uit te oefen. Van die onderdaan kan nie verwag word dat dit weet of behoort te weet wat die perke van die bevoegdhede is wat die betrokke persoon of orgaan uitoefen nie. Gevolglik behoort die onderdaan nie op grond daarvan benadeel te word nie. (f) Die kern van die verantwoordelikheidstelling van die staat berus wesenlik op die vraag of die optrede van die betrokke owerheidsorgaan billik was al dan nie. Bykomend daartoe behoort die vraag gestel te word wat die aard van die betrokke onderneming teenoor die onderdaan was; tot welke mate partye hul vertroue op sodanige voorstellings geplaas het; wat die gesag was van die persoon wat die onderneming gemaak het; of daar ʼn beleidsverandering deur die betrokke owerheidsliggaam gemaak is en of die gevolglike optrede van die owerheidsorgaan bloot die regstelling van ʼn vergissing behels; indien wel, hoe spoedig die vergissing reggestel is. Met ander woorde, by bepaling van die vraag of die betrokke owerheidsliggaam billik opgetree het, moet alle relevante feite in aanmerking geneem word. (g) Howe behoort daarteen te waak om nie die statutêre vereistes wat in ʼn gegewe geval ter sprake is as voldoende te beskou ten einde te bepaal of wesenlike billikheid geskied het nie. Die oorweging van die vraag na billikheid onder bepaalde omstandighede is afhanklik van verskeie faktore wat sinvol geïntegreer moet word. (h) Voorts behoort die howe daarteen te waak om nie die handhawing van die doel van die tersake wetgewing as uitsluitlike aanduiding te neem van die vereiste dat die publieke belang gedien is nie. (i) Die howe behoort nie geredelik te aanvaar dat die beginsels van estoppel nie in die publiekreg geld nie, omdat van publieke owerheidsliggame verwag sou kon word om konsekwent en betroubaar te handel – sinvolle beplanning in die onderdaan se optrede met betrekking tot die owerheid sou baie bemoeilik (en in bepaalde omstandighede selfs onmoontlik) word indien private persone of instelling nie op die advies en ondernemings van publieke instansies sou kon handel nie. (j) Die handhawing van estoppel teen die owerheid op grond van billikheidsoorwegings geld uiteraard nie onder omstandighede waar die betrokke private instansie bewus is van die onregmatige optrede van die betrokke owerheidsliggaam en/of poog om ten spyte van die sodanige

178 onregmatige of ultra vires optrede die betrokke statutêre vereistes vir geldige optrede te systap en die owerheid aan sy ondernemings gebonde te hou nie. (k) Die algemene benadering van die howe behoort te wees om die grondwetlike bepalings met betrekking tot administratiewe geregtigheid (Artikel 33) en effektiewe en betroubare staatsadministrasie (Artikel 195), saamgelees met Artikel 39 (ontwikkeling van die gemenereg ), op so ʼn wyse toe te pas dat dit aan die gemeenregtelike beginsels van estoppel maksimale toepassing verleen waar onderdane deur slordige staatsadministrasie nadelig getref word.” 383 3.1.2 OWERHEIDSORGANE EN REGMATIGE VERWAGTING Die administratiefregtelike begrip “regmatige verwagting” beskik oor geen objektiewe korrelaat, indien dit by privaatregtelike toepassing kom nie. Dit is nie ʼn kontraktuele term of ʼn wanvoorstelling nie. 384 Dit is dus duidelik dat regmatige verwagting toepassing vind buite die kader van privaatregtelike juridiese optrede, sodanig dat ʼn voorstelling wat nie op die privaatreg van toepassing is nie, wel verpligtinge op die owerheidsorgaan plaas. Die toepassing van die begrip “regmatige verwagting”, veral op die gebied van die privaatreg (kontraktereg), verlang deeglike oorweging van die kant van die howe. Die toepassing daarvan blyk veral van toepassing te wees op voor-kontraktuele verpligtinge, waar die privaatreg veral tradisioneel die kontrakpartye beskerm het teen regsverpligtinge. Die leerstuk van regmatige verwagting in die administratiefreg kan hierdie situasie drasties verander. Veral op die gebied van die kontraktereg, kan die leerstuk van regmatige verwagting ʼn al groter rol speel, veral wat betref die optrede van die owerheidsorgaan waar dit tot ʼn kontrak toetree. Die leerstuk van regmatige verwagting sal saam met Artikel 33 van die Grondwet eng toegepas word. Dit sal veral slaan op die “billikheidsaspek”, waar daar van die owerheidsorgaan billike optrede verlang word, indien dit ʼn kontrak aangaan of uitvoer. Dieselfde graad van optrede wat van die owerheidsorgaan in die privaatregtelike situasie verlang word, sal geleidelik oorspoel na die kontraktuele verpligtinge, waar daar met privaat organisasies of private individue te doen gekry word. Die aspek van billikheid sal later onder die kontraktereg meer toegelig word. 383 Raath, 2005:150. 384 In Gallagher v Norman’s Transport Lines (Pty) Limited 1992(3) SA 500 (W) at 506G-H word dit gestel:“Outside the field of administrative law, the distinction must be clear between a right created by actual consensus or the equivalent thereof and which may, therefore create expectations, and an expectation born of reasons other than the existence of a contractual term. When the ‘intent’, shared by the parties or vesting in the mind of one only, is elevated to the level of being enforceably binding, and only then, does it become a consensual ‘intention’.”

177

(e)

daarvan handel, behoort die beginsel te geld dat die staat aan sodanige

onderneming of kontrak gebonde is.

In die geval waar ʼn staatlike ampsdraer die bevoegdheid toe-eien om

bepaalde ondernemings of kontrakte namens die staat aan te gaan, is die

onderdaan daarop geregtig om te aanvaar dat die betrokke persoon of

instansie wel oor die bevoegdhede beskik wat dit voorgee om uit te oefen.

Van die onderdaan kan nie verwag word dat dit weet of behoort te weet wat

die perke van die bevoegdhede is wat die betrokke persoon of orgaan

uitoefen nie. Gevolglik behoort die onderdaan nie op grond daarvan

benadeel te word nie.

(f) Die kern van die verantwoordelikheidstelling van die staat berus wesenlik op

die vraag of die optrede van die betrokke owerheidsorgaan billik was al dan

nie. Bykomend daartoe behoort die vraag gestel te word wat die aard van die

betrokke onderneming teenoor die onderdaan was; tot welke mate partye hul

vertroue op sodanige voorstellings geplaas het; wat die gesag was van die

persoon wat die onderneming gemaak het; of daar ʼn beleidsverandering

deur die betrokke owerheidsliggaam gemaak is en of die gevolglike optrede

van die owerheidsorgaan bloot die regstelling van ʼn vergissing behels; indien

wel, hoe spoedig die vergissing reggestel is. Met ander woorde, by bepaling

van die vraag of die betrokke owerheidsliggaam billik opgetree het, moet alle

relevante feite in aanmerking geneem word.

(g) Howe behoort daarteen te waak om nie die statutêre vereistes wat in ʼn

gegewe geval ter sprake is as voldoende te beskou ten einde te bepaal of

wesenlike billikheid geskied het nie. Die oorweging van die vraag na billikheid

onder bepaalde omstandighede is afhanklik van verskeie faktore wat sinvol

geïntegreer moet word.

(h) Voorts behoort die howe daarteen te waak om nie die handhawing van die

doel van die tersake wetgewing as uitsluitlike aanduiding te neem van die

vereiste dat die publieke belang gedien is nie.

(i) Die howe behoort nie geredelik te aanvaar dat die beginsels van estoppel nie

in die publiekreg geld nie, omdat van publieke owerheidsliggame verwag sou

kon word om konsekwent en betroubaar te handel – sinvolle beplanning in die

onderdaan se optrede met betrekking tot die owerheid sou baie bemoeilik (en

in bepaalde omstandighede selfs onmoontlik) word indien private persone of

instelling nie op die advies en ondernemings van publieke instansies sou kon

handel nie.

(j) Die handhawing van estoppel teen die owerheid op grond van

billikheidsoorwegings geld uiteraard nie onder omstandighede waar die

betrokke private instansie bewus is van die onregmatige optrede van die

betrokke owerheidsliggaam en/of poog om ten spyte van die sodanige

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!