Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

without saying that a local authority is not obliged to sue every debtor. The Constitution requires only that its debt collection policy be rational and not constitute unfair discrimination.” 377 173 Die verweerder het gepoog om aan te voer dat die hof se fokuspunt moes verskuif. Die hof moes nie uitsluitlik konsentreer op die nakoming van ʼn statutêre verpligting nie, maar moes eerder ʼn belange-opweging toepas. Dit moes verder in aanmerking neem dat indien estoppel nie toegelaat word nie, die verweerder benadeel sou word. In plaas daarvan om lukraak ʼn hindernis daar te stel vir die toepassing van estoppel, moes die gemenereg ontwikkel word om die billikheidsaard van die leerstuk van estoppel uit te brei. Wanneer die uitspraak van die hof in bogemelde saak bestudeer word, is dit duidelik dat die hof geen meriete gevind het om die billikheidsaard van estoppel uit te brei nie. Die korrekte benadering word sekerlik deur G.M. Ferreira soos volg verduidelik : “Die werking van estoppel op publiekregtelike terrein behoort nie sonder meer afgewys te word nie, maar die afweging van individuele en openbare belange behoort deurslaggewend te wees in die beantwoording van die vraag of estoppel in ʼn gegewe geval toepassing behoort te vind, al dan nie. Is dit duidelik dat die individuele belang die swaarste weeg, behoort erkenning aan die werking van estoppel verleen te word. In die afwegingsproses moet daar natuurlik deeglik rekening gehou word met die regte en belange van derdes.” 378 Die voordeel van hierdie benadering is geleë in die buigsaamheid daarvan. In plaas van ʼn streng legalistiese benadering word elke geval op meriete beoordeel, sonder om skuld as vereiste te stel. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die ultra vires-geaardheid van die owerheidsoptrede vasstaan. Die werking van estoppel bring slegs mee dat die gevolge van die owerheid se optrede in besondere gevalle in stand gehou word. ʼn Owerheidsorgaan sou dus nie op so ʼn geval kan steun, ten einde voortaan vir homself kompetensies toe te eien, waaroor hy andersins nie sou beskik nie. Alhoewel hierdie benadering nie in alle gevalle daarin slaag om die nadeel wat deur die individu gelei word ongedaan te maak nie, lyk dit na die eenvoudigste en billikste oplossing vir die probleem. 377 Eastern Metropolitan Substructure v Peter Klein Investments 2001(1) ALL SA 187 (W) by 21. 378 Ferreira, 1991:398. Sien ook Cockrell, 1993:239.

174 Daar is ʼn groot verskil tussen die meriete van die Contractprops en Peter Klein Investments-sake te bespeur. In die Contractprops-saak is estoppel nie toegepas nie, terwyl die meriete van die saak die platform daargestel het vir die suksesvolle toepassing van estoppel ten gunste van die eiser. Daar is geen meriete te vinde hoekom estoppel juis in die saak as ʼn hindernis in die pad van die eiser geplaas moes word nie. Die gevoel kom by ʼn mens op dat die staat in die foutiewe uitoefening van sy bevoegdhede, weer eens soos in die verlede, tot nadeel van die individu beskerm is. Administratiewe geregtigheid, veral uit die oogpunt van die eiser, het nou nie juis geseëvier nie. Appèlregter Hoexter in die Trust Bank van Afrika Beperk v Eksteen-saak dui duidelik die belang van estoppel aan : “The doctrine of estoppel is an equitable one, developed in the public interests, and it seems to me that whenever a representor relies on a statutory illegality it is the duty of the court to determine whether it is in the public interest that the representee should be allowed to plead estoppel. The Court will have regard to the mischief of the statute on the one hand and the conduct of the parties and their relationship on the other hand …. Having regard to the mischief of the act and the conduct of the parties, I have no doubt that considerations of equity and public policy operates strongly in favour of allowing the plaintiff to raise the estoppel which he has pleaded.” 379 Administratiewe geregtigheid en die invloed daarvan op veral die kontraktereg, sal ʼn groot knou kry waar die staat en die individu in die privaatregtelike hoedanigheid ʼn ooreenkoms sluit, en die individu met die amptenary onderhandel, waar laasgenoemde nie by magte was om te kon onderhandel nie. Estoppel kan nie gedurigdeur ten gunste van die staat aangewend word, net om te verseker dat die amptenary nie ultra viresbesluite neem en uitvoer nie. 380 Word daar gekyk na die meriete van die Peter Klein Investments-saak, kan berus word in die aspek dat estoppel nie toegepas is nie, aangesien die staat sy statutêre verpligting hier moes nakom. 379 1964(3) SA 402 (A) op 415 H in fin tot 416 C. 380 In die saak van Eastern Metropolitan Substructure v Peter Klein Investments 2001(1) ALL SA 187 (W) word dit op bladsy 205(H) soos volg gestel : “Various grounds of justification have been advanced for maintaining the common-law principle even where this results in undue hardship to the individual. The principal reasons for denying an estoppel is the fear that it would threaten the ultra vires doctrine, it would allow public authorities to extend their powers by making representations outside the scope of their statutory or common-law powers which would be binding on them. The principle of legality would be undermined by giving such bodies powers which they do not in law possess. Thus, individual interests have always yielded to the higher rights and interests of the State (see Hoisain v Town Clerk, Wynberg 1916 AD 236 at 240; Strydom v Die Land- en Landboubank van Suid-Afrika 1972(1) SA 801 (A) at 815G- 816B, 817D. Sien ook Baxter, 1984:400.”

without saying that a local authority is not obliged to sue every

debtor. The Constitution requires only that its debt collection policy

be rational and not constitute unfair discrimination.” 377

173

Die verweerder het gepoog om aan te voer dat die hof se fokuspunt moes

verskuif. Die hof moes nie uitsluitlik konsentreer op die nakoming van ʼn

statutêre verpligting nie, maar moes eerder ʼn belange-opweging toepas. Dit

moes verder in aanmerking neem dat indien estoppel nie toegelaat word nie,

die verweerder benadeel sou word. In plaas daarvan om lukraak ʼn hindernis

daar te stel vir die toepassing van estoppel, moes die gemenereg ontwikkel

word om die billikheidsaard van die leerstuk van estoppel uit te brei.

Wanneer die uitspraak van die hof in bogemelde saak bestudeer word, is dit

duidelik dat die hof geen meriete gevind het om die billikheidsaard van

estoppel uit te brei nie.

Die korrekte benadering word sekerlik deur G.M. Ferreira soos volg

verduidelik :

“Die werking van estoppel op publiekregtelike terrein behoort nie

sonder meer afgewys te word nie, maar die afweging van individuele

en openbare belange behoort deurslaggewend te wees in die

beantwoording van die vraag of estoppel in ʼn gegewe geval

toepassing behoort te vind, al dan nie. Is dit duidelik dat die

individuele belang die swaarste weeg, behoort erkenning aan die

werking van estoppel verleen te word. In die afwegingsproses moet

daar natuurlik deeglik rekening gehou word met die regte en belange

van derdes.” 378

Die voordeel van hierdie benadering is geleë in die buigsaamheid daarvan. In

plaas van ʼn streng legalistiese benadering word elke geval op meriete

beoordeel, sonder om skuld as vereiste te stel. Daar moet egter in gedagte

gehou word dat die ultra vires-geaardheid van die owerheidsoptrede

vasstaan. Die werking van estoppel bring slegs mee dat die gevolge van die

owerheid se optrede in besondere gevalle in stand gehou word. ʼn

Owerheidsorgaan sou dus nie op so ʼn geval kan steun, ten einde voortaan vir

homself kompetensies toe te eien, waaroor hy andersins nie sou beskik nie.

Alhoewel hierdie benadering nie in alle gevalle daarin slaag om die nadeel

wat deur die individu gelei word ongedaan te maak nie, lyk dit na die

eenvoudigste en billikste oplossing vir die probleem.

377 Eastern Metropolitan Substructure v Peter Klein Investments 2001(1) ALL SA 187 (W) by 21.

378 Ferreira, 1991:398. Sien ook Cockrell, 1993:239.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!