Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

373 1981(3) SA 274 (A) by 291 D-F. 171 Die verweerder voer ook aan dat, indien die verweer van estoppel nie slaag nie, die gemenereg ontwikkel moes word om die gees en bedoeling van die Handves van Menseregte te bevorder. Die hof skenk vervolgens aandag aan die grondwetlike beginsels en bevind dat die korrekte benadering sou wees om die individuele en publieke belang teen mekaar op te weeg, en om hierop te besluit of die werking van estoppel in die huidige saak toegelaat moes word. In stede dat daar voortgegaan word om ʼn hindernis daar te stel dat estoppel nie opgewerp kan word teenoor ʼn openbare liggaam in die uitoefening van sy publieke verpligtinge nie, moes die gemenereg sodanig ontwikkel word om klem te plaas op die billikheidsaard van estoppel. Die hof skenk oorweging aan die aspek en kom tot die bevinding dat die eksepsie van die hand gewys word en dat die relevante wysiging van die pleitstukke toegelaat word. (iii) Die aspek van verjaring Die eiser se eksepsie teen die pleit van verjaring was dat die vorderings die vorm van belasting aangeneem het. Ingevolge Artikel 11(a) van die Verjaringswet, Wet 68 van 1969, is die termyn van verjaring ingevolge die vorderings 30 jaar. Die vraag was of die vorderings inderdaad neergekom het op belasting, of ʼn vordering vir dienste gelewer. Die aard van die vorderings kon egter nie uit die pleitstukke duidelik vasgestel word nie. Bewyse is verlang om die aard van die vorderings vas te stel. Die eksepsie word van die hand gewys. Estoppel by wyse van voorstelling (estoppel by representation) word soos volg deur appèlregter Corbett in Aris Enterprises (Finance) (Pty) Limited v Protea Assurance Co Limited omskryf : “The essence of the doctrine of estoppel by representation is that a person is precluded, i.e. estopped from denying the truth of a representation previously made by him to another person if the latter, believing in the truth of the presentation, acted thereon to his prejudice …..” 373 Die eksepsie wat die eiser teen bogemelde estoppel geopper het is gefokus op die toepassing van estoppel by wyse van voorstelling soos dit in die publiekreg aangewend word, en in die besonder dat estoppel nie aangewend

172 kan word om die uitvoering en nakoming van ʼn statutêre opgelegde plig of diskresie te verhoed nie. 374 Die eiser voer aan dat daar ʼn statutêre verpligting op hom rus om inkomste in te samel, welke inkomste in die vorm van trustgelde is en om die inkomste toe te pas in ooreenstemming met die statutêre magte en pligte. Om estoppel te laat slaag, sou meebring dat die eiser verhoed word om sy statutêre verpligtinge na te kom. Sodanige optrede sou nie in belang van die publiek wees nie. Die eiser het ook na verskeie hofsake verwys waar daar nie met estoppel geslaag is nie, veral waar eise ingestel is vir die verhaling van agterstallige geld, of waar rekenings aangevul moes word as gevolg van verkeerde berekeninge. 375 In die saak Mercian Investments (Pty) Limited v Johannesburg City Council376 is beslis dat enige vermindering of kwytskelding van statutêre opgelegde fooie vir dienste ultra vires en onregmatig was. Die verweerder was verder nie suksesvol met die volgende argumente nie : (a) Dat die verweerder nie statutêr verhoed was om die pleit van estoppel te opper nie. (b) Alternatiewelik dat, indien die gemeenregtelike reël die verweerder verhoed om estoppel te opper, sodanige reël ontwikkeling moes ondergaan ooreenkomstig die vereistes neergelê in Artikel 39(2) van die Grondwet, om dienooreenkomstig die gees, doel en die oogmerke van die Grondwet te bevorder. Derhalwe moes estoppel toegelaat word. (c) Dat, indien die gemeenregtelike reël die verweerder sou verhoed om estoppel te pleit, daardie gemeenregtelike reël inbreuk maak op die grondwetlike reg en dat die reël nie ʼn regverdige beperking op die grondwetlike regte daarstel nie. Oor die aspek van die invordering van uitstaande gelde, beslis regter Large soos volg : “Whilst there can be no objection to a council taking into account the financial position of debtors in deciding whether to allow them extended credit, or whether to sue them or not, such differentiation must be based on a policy that is rational and coherent . It goes 374 Sien Bower en Turner, 1977:141; Baxter, 1984:400; Joubert, 1993:472 Sien ook die verwysing na Abbot Municipal Corporation in Roodepoort Settlement Committee v Retief 1951(1) SA 73 (O) at 81 A-B. 375 Sien Burghersdorp Municipality v Coney 1936 CPD 305 op 307-8; Commissioner for Inland Revenue v The Master 1957(3) SA 693 (C) op 701 D en 702 G-703A; Durban City Council v Glenmore Supermarket and Café 1981(1) SA 470 (D) op 475 A – 479 (G). 376 1990(1) SA 560 (W) op 566 F – 568 E.

373 1981(3) SA 274 (A) by 291 D-F.

171

Die verweerder voer ook aan dat, indien die verweer van estoppel nie

slaag nie, die gemenereg ontwikkel moes word om die gees en

bedoeling van die Handves van Menseregte te bevorder. Die hof

skenk vervolgens aandag aan die grondwetlike beginsels en bevind dat

die korrekte benadering sou wees om die individuele en publieke

belang teen mekaar op te weeg, en om hierop te besluit of die werking

van estoppel in die huidige saak toegelaat moes word. In stede dat

daar voortgegaan word om ʼn hindernis daar te stel dat estoppel nie

opgewerp kan word teenoor ʼn openbare liggaam in die uitoefening van

sy publieke verpligtinge nie, moes die gemenereg sodanig ontwikkel

word om klem te plaas op die billikheidsaard van estoppel. Die hof

skenk oorweging aan die aspek en kom tot die bevinding dat die

eksepsie van die hand gewys word en dat die relevante wysiging van

die pleitstukke toegelaat word.

(iii) Die aspek van verjaring

Die eiser se eksepsie teen die pleit van verjaring was dat die

vorderings die vorm van belasting aangeneem het. Ingevolge Artikel

11(a) van die Verjaringswet, Wet 68 van 1969, is die termyn van

verjaring ingevolge die vorderings 30 jaar. Die vraag was of die

vorderings inderdaad neergekom het op belasting, of ʼn vordering vir

dienste gelewer. Die aard van die vorderings kon egter nie uit die

pleitstukke duidelik vasgestel word nie. Bewyse is verlang om die aard

van die vorderings vas te stel. Die eksepsie word van die hand gewys.

Estoppel by wyse van voorstelling (estoppel by representation) word soos

volg deur appèlregter Corbett in Aris Enterprises (Finance) (Pty) Limited v

Protea Assurance Co Limited omskryf :

“The essence of the doctrine of estoppel by representation is that a

person is precluded, i.e. estopped from denying the truth of a

representation previously made by him to another person if the latter,

believing in the truth of the presentation, acted thereon to his

prejudice …..” 373

Die eksepsie wat die eiser teen bogemelde estoppel geopper het is gefokus

op die toepassing van estoppel by wyse van voorstelling soos dit in die

publiekreg aangewend word, en in die besonder dat estoppel nie aangewend

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!