Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

348 Schlag, 1996:3. 159 gelykheid en omvat deur die Handves van Menseregte. Grondwetlike dokumentasie het deur die eeue nogal daarin geslaag om geweldige spanning tussen die verskillende regte wat dit omvat te veroorsaak. Die spanningslyn tussen vryheid en gelykheid is ʼn goeie voorbeeld. Hierdie spanning vergestalt die uiters “bruikbare” en “onstabiele” ideaal vervat in ʼn sogenaamde “konstitusionele demokrasie”. Ons kan slegs maar vasklou aan die “ideale belofte”, in die vertroue dat ons waardigheid as mens onlosmaaklik verbonde hieraan, maar dat ons self tot die besef sal kom dat dit net ʼn vergesogte droom is van ʼn onmoontlike geregtigheid. Andersyds kan ons op sinistere wyse die normatiewe houding ten gunste van óf vryheid óf gelykheid kies en dan daarin berus, wat ookal die gevolge van hierdie keuse is en dit afmaak as iemand anders se slegte geluk. Hierdie opsie sal vir ons die gerief daarstel van ʼn heldere en ondubbelsinnige konstitusionele teks, aangesien ons reeds vantevore besluit het wat dit bedoel. Die “ideale belofte” sal weer meebring dat dit ons blootstel aan ʼn oneindige onsekerheid en ʼn pynigende verantwoordelikheid om oor en oor te besluit wat die Grondwet tans van ons verlang. Ten slotte kan na Schlag verwys word : “There are noble moments in law. There are ignoble moments in law. It is difficult intellectually to identify their ratios and relations. But there is absolute no reason to suppose that the ‘Law’ ... is necessarily or generally an admirable thing. To think that it is, is a category mistake.” 348 3.2 DIE BESEF DAT PUBLIEKREG EN PRIVAATREG SLEGS VERSKILLENDE REËLS VIR DIE REGULERING VAN STAATSORGANE EN PRIVAAT PARTYE DAARSTEL Ons sal dadelik besef dat ons nie werklik met die publiekreg en die privaatreg en waar beide regte oorvleuel, met ʼn vreemde gevolg te doen kry nie. Dit is tog steeds regsreëls wat inderdaad ʼn hele gemeenskap orden, hetsy of daar te doen gekry word met ʼn staatsorgaan-onderdaan of privaatorgaan-private-partyverhouding nie. Die enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat die toepassing van die reëls waar dit in die verskillende kaders toegepas word, is dat dit vir ons onsekerheid meebring en dat die Grondwet en sy eie reëls en invloed nou ʼn totaal nuwe speelvak ingelyf het tot die bestaande en duidelik uitgekristalliseerde regsreëls. Is dit egter nodig dat daar spesiale privaatreg-reëls daargestel moet word om die aanspreeklikheid van publieke owerheidsorgane te reël? Die antwoord hierop kan

160 maar slegs gevind word in die onderskeid tussen die privaatreg- versus die publiekregdebatvoering. ʼn Daadwerklike bestudering van die twee tipes regsreëls sal dadelik aantoon dat die gewone reëls van privaatreg tog maar steeds opgelê was om die juridiese optrede van publieke organe te reël. 349 Die publieke aard van die owerheidsorgaan het wel ʼn invloed gehad op die toepassing van die privaatregreëls, aangesien die howe selfs in die verlede verwys het na “publiekregtelike aanspreeklikheid”. 350 ʼn Goeie voorbeeld waarna verwys kan word is dat owerheidsorgane moet optree “in gemeenskapsbelang”. Dit is veral hierdie onderskeidende instellingshandeling wat deur die owerheid verrig word, wat dui op die reëls vir spesiale aanspreeklikheid. Baie van die spesiale reëls is geleë daar waar die privaatregreëls van aanspreeklikheid oorvleuel met die Publiekregtelike ultra vires-leerstelling. Die beter siening hier is dat Publiekregtelike owerheidsorgane nie beskik oor die vryheid om handelinge uit te voer wat deur die Wet verbied word nie, maar dat die organe slegs hul bevoegdheid om op te tree verkry uit bronne van gesag wat die toepassing van administratiefregtelike standaarde van begrensde rasionaliteit aantrek. Kom ons kyk na twee voorbeelde van die reg wat inpas by die bogemelde oorvleueling tussen die beginsels van judisiële hersiening en die reëls van privaatregtelike aanspreeklikheid, te wete estoppel by voorstelling en regmatige verwagting. 351 3.2.1 OWERHEIDSORGANE EN ESTOPPEL Daar word soms daarop aanspraak gemaak dat owerheidsorgane oor immuniteit beskik, wanneer met estoppel by voorstelling te doen gekry word. Estoppel wat op ʼn individu toegepas word, kan nie as verweer teenoor owerheidsorgane geopper word nie. ʼn Goeie voorbeeld hiervan word gevind in Collector of Customs v Cape Central Railways Limited352 . Die Eerste Minister van die Kaapkolonie het verkeerdelik die versekering gegee dat ingevoerde sement nie onderhewig sou wees aan doeanebelasting nie. Die doeanedepartement het die sement sonder belastingheffing laat deurgaan. Dit is later uitgevind dat die sement wel belasbaar was en die invoerder is aangesê om die belasting te betaal. Die invoerders voer toe aan dat hulle nie aanspreeklik gehou kon word nie weens van die voorstelling wat die Eerste Minister gemaak het en dat die 349 Sien die Wet op Staatsaanspreeklikheid, 20 van 1957: Enige eis teen die Staat, waar sodanige eis ingestel kan word teen 'n persoon, en 'n aksiegrond sou vorm in enige bevoegde Hof, sal van kennis gedra word deur die Hof. Sodanige eis kan maar ontstaan het uit enige ooreenkoms wat onregmatig gesluit is ten behoewe van die Staat, of uit enige nadeel wat veroorsaak is deur 'n staatsamptenaar, as dienaar van die Staat, handelende in sy/haar bevoegdheid en binne die raamwerk van sy bevoegdheid as amptenaar. 350 Sien byvoorbeeld Oertel en Andere NNO v Direkteur van Plaaslike Bestuur en Andere 1983(1) SA 354 (A) by 369(D) (Publiekregtelike vorderingsregte). 351 Nog voorbeelde is die owerheidsorgaan en kontraktuele/deliktuele aanspreeklikheid, wat hierna in meer besonderhede aandag sal geniet. 352 1889(6) SC 402.

348 Schlag, 1996:3.

159

gelykheid en omvat deur die Handves van Menseregte. Grondwetlike dokumentasie

het deur die eeue nogal daarin geslaag om geweldige spanning tussen die

verskillende regte wat dit omvat te veroorsaak. Die spanningslyn tussen vryheid en

gelykheid is ʼn goeie voorbeeld. Hierdie spanning vergestalt die uiters “bruikbare” en

“onstabiele” ideaal vervat in ʼn sogenaamde “konstitusionele demokrasie”. Ons kan

slegs maar vasklou aan die “ideale belofte”, in die vertroue dat ons waardigheid as

mens onlosmaaklik verbonde hieraan, maar dat ons self tot die besef sal kom dat dit

net ʼn vergesogte droom is van ʼn onmoontlike geregtigheid.

Andersyds kan ons op sinistere wyse die normatiewe houding ten gunste van óf

vryheid óf gelykheid kies en dan daarin berus, wat ookal die gevolge van hierdie

keuse is en dit afmaak as iemand anders se slegte geluk. Hierdie opsie sal vir ons

die gerief daarstel van ʼn heldere en ondubbelsinnige konstitusionele teks,

aangesien ons reeds vantevore besluit het wat dit bedoel. Die “ideale belofte” sal

weer meebring dat dit ons blootstel aan ʼn oneindige onsekerheid en ʼn pynigende

verantwoordelikheid om oor en oor te besluit wat die Grondwet tans van ons

verlang.

Ten slotte kan na Schlag verwys word :

“There are noble moments in law. There are ignoble moments in law. It is

difficult intellectually to identify their ratios and relations. But there is absolute

no reason to suppose that the ‘Law’ ... is necessarily or generally an admirable

thing. To think that it is, is a category mistake.” 348

3.2 DIE BESEF DAT PUBLIEKREG EN PRIVAATREG SLEGS VERSKILLENDE

REËLS VIR DIE REGULERING VAN STAATSORGANE EN PRIVAAT PARTYE

DAARSTEL

Ons sal dadelik besef dat ons nie werklik met die publiekreg en die privaatreg en

waar beide regte oorvleuel, met ʼn vreemde gevolg te doen kry nie. Dit is tog steeds

regsreëls wat inderdaad ʼn hele gemeenskap orden, hetsy of daar te doen gekry

word met ʼn staatsorgaan-onderdaan of privaatorgaan-private-partyverhouding nie.

Die enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat die toepassing van die reëls

waar dit in die verskillende kaders toegepas word, is dat dit vir ons onsekerheid

meebring en dat die Grondwet en sy eie reëls en invloed nou ʼn totaal nuwe

speelvak ingelyf het tot die bestaande en duidelik uitgekristalliseerde regsreëls.

Is dit egter nodig dat daar spesiale privaatreg-reëls daargestel moet word om die

aanspreeklikheid van publieke owerheidsorgane te reël? Die antwoord hierop kan

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!