Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
145 voorwaar billikheid wat hier geopenbaar is teenoor Hugo, waar hy op die Handves van Menseregte gesteun het? Respek, vryheid en waardigheid is waardes wat ʼn mens toekom. Indien dit in ʼn gemeenskap nagekom word, sal dit daartoe lei dat die waardesisteem sal verbeter en bydra tot ʼn sterk demokratiese bestel. Die beskerming van hierdie waardes, veral waar die individu teenoor die staat in ʼn verhouding te staan kom, moet met die grootste omsigtigheid deur die Konstitusionele Hof beskerm word. In die SARFUsaak is die appèl nie eens teëgestaan deur SARFU nie, aangesien beswaar aangeteken is teen die samestelling van die regbank, 307 met ander woorde, daar was nie veel vertroue in die Konstitusionele Hof om die saak te bereg nie. Dit is ontstellend dat, hoewel prerogatiewe magte ingevolge die Grondwet hersienbaar is, die remedie feitlik onprakties is. 307 Sien in besonder die bespreking van minagting van die hof deur Woolman 2000:352.
Hoofstuk 4 DIE IMPAK VAN DIE PUBLIEKREG OP DIE PRIVAATREG, MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE HANDVES VAN MENSEREGTE 1. HOU DIE PUBLIEKREG WERKLIK ʼn BEDREIGING VIR DIE PRIVAATREG IN? 146 Marinus Wiechers maak die volgende stelling in die eerste hoofstuk van sy werk oor die administratiefreg : “Indien daar uitgegaan word van die primaat van die privaatreg, word die bestaan en die groei van die publiekreg gesien as ʼn inbreukmaking op die grondslae van gelykheid en wilswysheid waarop die privaatreg berus. So beskou word die publiekreg ʼn uitsonderingsreg of, erger nog, ʼn bedreiging vir die privaatreg.” 308 Daar moet egter onthou word dat hierdie stelling wel gemaak is teen die agtergrond van die wantroue en misnoeë waarmee die ontwikkeling van die administratiefreg vroeër in Engeland bejeën is. Vandat hierdie stelling gemaak is, het daar egter geweldige ontwikkeling plaasgevind op die gebied van die administratiefreg . Hou die publiekreg werklik ʼn bedreiging vir die privaatreg in? Is dit nie maar net dat die howe, wanneer dit gekonfronteer word met ʼn totale nuwe dimensie van die reg, naamlik die toepassing van ʼn Handves van Menseregte op die privaatreg en private verhoudings, dat dit ʼn mate van ongemak of onsekerheid meebring nie. Het ons nie maar net te doen met ʼn ander invalshoek en nuwe rolspelers, te wete Artikel 33 en die Handves van Menseregte nie? Terwyl almal aanvaar dat die Handves as deel van die hoogste reg in die land die privaatreg op die een of ander manier moet beïnvloed, word daar veral bedenkinge geopper in argumente teen die sogenaamde direkte gelding van die Handves op privaatreg en private verhoudings. 309 Dit is egter te begrype dat die klassieke sistematiek van die moderne reg op ʼn duidelike onderskeid tussen die privaatreg en die publiekreg berus. Maatskaplike verwikkelinge sedert die laaste dekades van die negentiende eeu het egter hierdie onderskeid al hoe meer problematies gemaak. Die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof het self onlangs die 308 Wiechers, 1984:4. 309 In Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996(5) BCLR 658 (CC), 1996(3) SA 850 (CC), die eerste beslissing van die konstitusionele hof oor hierdie aangeleentheid, is die volgende besware teen direkte gelding gestel:die Gemenereg moet inkrementeel ontwikkel word en nie deur nietigverklaring deur ʼn hof nie; drastiese veranderinge van die Gemenereg is tot dusver deur die Parlement aangebring, direkte toepassing van die Handves moet op wetgewende vlak plaasvind; alle privaat litigasie sal onderworpe gestel word aan die Handves; dit sal ʼn ontsaglike taak vir die konstitusionele hof wees om die gemenereg te hervorm; die Parlement sal elke keer die Grondwet moet wysig, indien daar ʼn ongeldigverklaring is, die handves word verander in ʼn kode van verpligtinge van private individue, sonder enige aanduiding hoe botsings tussen regte en verpligtinge opgelos moet word, of botsende regte afgeweeg moet word; die beperkingsbepaling van die handves kan nie toegepas word op die private regsverhoudings nie; direkte gelding het hoogs onwenslike gevolge, waarvan die belangrikste blykbaar is dat die private outonomie van die individu aangetas word.
- Page 105 and 106: sedert die Tweede Wêreldoorlog wel
- Page 107 and 108: 212 Boulle et al, 1989:174. 213 196
- Page 109 and 110: largely the creation of administrat
- Page 111 and 112: 100 omdat die hersieningsbevoegdhei
- Page 113 and 114: 102 wees. Indien dit nie die geval
- Page 115 and 116: 238 Govender, 1993:179. and maintai
- Page 117 and 118: 106 Bophuthatswana-howe krag en bet
- Page 119 and 120: 251 Nichol en Bell, 1997:6. assembl
- Page 121 and 122: not to avoid the influence of one
- Page 123 and 124: 112 Die huidige Finale-Grondwet bes
- Page 125 and 126: “Volgens my mening kan die admini
- Page 127 and 128: 116 administratiewe geregtigheid te
- Page 129 and 130: 118 openbare aksie binne ʼn bepaald
- Page 131 and 132: 120 Administratiewe Geregtigheid sa
- Page 133 and 134: of haar regte of belange raak, tens
- Page 135 and 136: “... is the power which under the
- Page 137 and 138: 126 wetgewende organe ingelyks teen
- Page 139 and 140: 128 getoets word aan die hand van d
- Page 141 and 142: 130 Wat is die siening van ons skry
- Page 143 and 144: 132 self die kommissie aan te stel
- Page 145 and 146: 292 2002(1) SA 204 (CPD) by 6. “N
- Page 147 and 148: 136 Kaap te vermoor. Dit het tot ʼn
- Page 149 and 150: Stawing hiervoor word in sy gevolgt
- Page 151 and 152: 140 Die billikheidsgevoel dui aan d
- Page 153 and 154: 142 funksies en bevoegdhede wat aan
- Page 155: The President’s conduct is constr
- Page 159 and 160: That you need me? If, it’s a thri
- Page 161 and 162: 150 vind dan ook direkte toepassing
- Page 163 and 164: 152 alle reg, is dit ook van toepas
- Page 165 and 166: 154 Die grootste probleem rakende h
- Page 167 and 168: 156 Dit is duidelik dat die aandste
- Page 169 and 170: 158 owerheidsorgaan benadeel is nie
- Page 171 and 172: 160 maar slegs gevind word in die o
- Page 173 and 174: 162 waar dit die ongebonde uitoefen
- Page 175 and 176: 164 (c) Die feit dat die tenderraad
- Page 177 and 178: 166 kontrakteer, in die onbenydensw
- Page 179 and 180: 371 2004 EWHC 472 by 25(100). 372 2
- Page 181 and 182: 170 Die verweerder moes die geleent
- Page 183 and 184: 172 kan word om die uitvoering en n
- Page 185 and 186: 174 Daar is ʼn groot verskil tussen
- Page 187 and 188: 382 Raath, 2005:149. 176 administra
- Page 189 and 190: 178 onregmatige of ultra vires optr
- Page 191 and 192: 180 Konstitusionele Hof om die waar
- Page 193 and 194: 182 tussen reg en geregtigheid, sal
- Page 195 and 196: 390 Bauman, 1993:54. 184 As voorbee
- Page 197 and 198: 186 die leerstuk van estoppel maak
- Page 199 and 200: 188 hulle daargestel het. ʼn Volgen
- Page 201 and 202: 190 die reg verbied nie, maar dit e
- Page 203 and 204: 401 1984(4) SA 874 (A). 402 1989(1)
- Page 205 and 206: 408 Artikel 1 van die grondwet. 194
Hoofstuk 4

DIE IMPAK VAN DIE PUBLIEKREG OP DIE PRIVAATREG, MET

SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE HANDVES VAN MENSEREGTE

1. HOU DIE PUBLIEKREG WERKLIK ʼn BEDREIGING VIR DIE PRIVAATREG IN?

146

Marinus Wiechers maak die volgende stelling in die eerste hoofstuk van sy werk oor die

administratiefreg :

“Indien daar uitgegaan word van die primaat van die privaatreg, word die bestaan en

die groei van die publiekreg gesien as ʼn inbreukmaking op die grondslae van

gelykheid en wilswysheid waarop die privaatreg berus. So beskou word die

publiekreg ʼn uitsonderingsreg of, erger nog, ʼn bedreiging vir die privaatreg.” 308

Daar moet egter onthou word dat hierdie stelling wel gemaak is teen die agtergrond van

die wantroue en misnoeë waarmee die ontwikkeling van die administratiefreg vroeër in

Engeland bejeën is.

Vandat hierdie stelling gemaak is, het daar egter geweldige ontwikkeling plaasgevind op

die gebied van die administratiefreg . Hou die publiekreg werklik ʼn bedreiging vir die

privaatreg in? Is dit nie maar net dat die howe, wanneer dit gekonfronteer word met ʼn

totale nuwe dimensie van die reg, naamlik die toepassing van ʼn Handves van Menseregte

op die privaatreg en private verhoudings, dat dit ʼn mate van ongemak of onsekerheid

meebring nie. Het ons nie maar net te doen met ʼn ander invalshoek en nuwe rolspelers,

te wete Artikel 33 en die Handves van Menseregte nie?

Terwyl almal aanvaar dat die Handves as deel van die hoogste reg in die land die

privaatreg op die een of ander manier moet beïnvloed, word daar veral bedenkinge

geopper in argumente teen die sogenaamde direkte gelding van die Handves op privaatreg

en private verhoudings. 309

Dit is egter te begrype dat die klassieke sistematiek van die moderne reg op ʼn duidelike

onderskeid tussen die privaatreg en die publiekreg berus. Maatskaplike verwikkelinge

sedert die laaste dekades van die negentiende eeu het egter hierdie onderskeid al hoe

meer problematies gemaak. Die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof het self onlangs die

308 Wiechers, 1984:4.

309 In Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996(5) BCLR 658 (CC), 1996(3) SA 850 (CC), die eerste beslissing van die konstitusionele hof oor

hierdie aangeleentheid, is die volgende besware teen direkte gelding gestel:die Gemenereg moet inkrementeel ontwikkel word en nie deur nietigverklaring

deur ʼn hof nie; drastiese veranderinge van die Gemenereg is tot dusver deur die Parlement aangebring, direkte toepassing van die Handves moet op

wetgewende vlak plaasvind; alle privaat litigasie sal onderworpe gestel word aan die Handves; dit sal ʼn ontsaglike taak vir die konstitusionele hof wees om

die gemenereg te hervorm; die Parlement sal elke keer die Grondwet moet wysig, indien daar ʼn ongeldigverklaring is, die handves word verander in ʼn kode

van verpligtinge van private individue, sonder enige aanduiding hoe botsings tussen regte en verpligtinge opgelos moet word, of botsende regte afgeweeg

moet word; die beperkingsbepaling van die handves kan nie toegepas word op die private regsverhoudings nie; direkte gelding het hoogs onwenslike

gevolge, waarvan die belangrikste blykbaar is dat die private outonomie van die individu aangetas word.