Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

145 voorwaar billikheid wat hier geopenbaar is teenoor Hugo, waar hy op die Handves van Menseregte gesteun het? Respek, vryheid en waardigheid is waardes wat ʼn mens toekom. Indien dit in ʼn gemeenskap nagekom word, sal dit daartoe lei dat die waardesisteem sal verbeter en bydra tot ʼn sterk demokratiese bestel. Die beskerming van hierdie waardes, veral waar die individu teenoor die staat in ʼn verhouding te staan kom, moet met die grootste omsigtigheid deur die Konstitusionele Hof beskerm word. In die SARFUsaak is die appèl nie eens teëgestaan deur SARFU nie, aangesien beswaar aangeteken is teen die samestelling van die regbank, 307 met ander woorde, daar was nie veel vertroue in die Konstitusionele Hof om die saak te bereg nie. Dit is ontstellend dat, hoewel prerogatiewe magte ingevolge die Grondwet hersienbaar is, die remedie feitlik onprakties is. 307 Sien in besonder die bespreking van minagting van die hof deur Woolman 2000:352.

Hoofstuk 4 DIE IMPAK VAN DIE PUBLIEKREG OP DIE PRIVAATREG, MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE HANDVES VAN MENSEREGTE 1. HOU DIE PUBLIEKREG WERKLIK ʼn BEDREIGING VIR DIE PRIVAATREG IN? 146 Marinus Wiechers maak die volgende stelling in die eerste hoofstuk van sy werk oor die administratiefreg : “Indien daar uitgegaan word van die primaat van die privaatreg, word die bestaan en die groei van die publiekreg gesien as ʼn inbreukmaking op die grondslae van gelykheid en wilswysheid waarop die privaatreg berus. So beskou word die publiekreg ʼn uitsonderingsreg of, erger nog, ʼn bedreiging vir die privaatreg.” 308 Daar moet egter onthou word dat hierdie stelling wel gemaak is teen die agtergrond van die wantroue en misnoeë waarmee die ontwikkeling van die administratiefreg vroeër in Engeland bejeën is. Vandat hierdie stelling gemaak is, het daar egter geweldige ontwikkeling plaasgevind op die gebied van die administratiefreg . Hou die publiekreg werklik ʼn bedreiging vir die privaatreg in? Is dit nie maar net dat die howe, wanneer dit gekonfronteer word met ʼn totale nuwe dimensie van die reg, naamlik die toepassing van ʼn Handves van Menseregte op die privaatreg en private verhoudings, dat dit ʼn mate van ongemak of onsekerheid meebring nie. Het ons nie maar net te doen met ʼn ander invalshoek en nuwe rolspelers, te wete Artikel 33 en die Handves van Menseregte nie? Terwyl almal aanvaar dat die Handves as deel van die hoogste reg in die land die privaatreg op die een of ander manier moet beïnvloed, word daar veral bedenkinge geopper in argumente teen die sogenaamde direkte gelding van die Handves op privaatreg en private verhoudings. 309 Dit is egter te begrype dat die klassieke sistematiek van die moderne reg op ʼn duidelike onderskeid tussen die privaatreg en die publiekreg berus. Maatskaplike verwikkelinge sedert die laaste dekades van die negentiende eeu het egter hierdie onderskeid al hoe meer problematies gemaak. Die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof het self onlangs die 308 Wiechers, 1984:4. 309 In Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996(5) BCLR 658 (CC), 1996(3) SA 850 (CC), die eerste beslissing van die konstitusionele hof oor hierdie aangeleentheid, is die volgende besware teen direkte gelding gestel:die Gemenereg moet inkrementeel ontwikkel word en nie deur nietigverklaring deur ʼn hof nie; drastiese veranderinge van die Gemenereg is tot dusver deur die Parlement aangebring, direkte toepassing van die Handves moet op wetgewende vlak plaasvind; alle privaat litigasie sal onderworpe gestel word aan die Handves; dit sal ʼn ontsaglike taak vir die konstitusionele hof wees om die gemenereg te hervorm; die Parlement sal elke keer die Grondwet moet wysig, indien daar ʼn ongeldigverklaring is, die handves word verander in ʼn kode van verpligtinge van private individue, sonder enige aanduiding hoe botsings tussen regte en verpligtinge opgelos moet word, of botsende regte afgeweeg moet word; die beperkingsbepaling van die handves kan nie toegepas word op die private regsverhoudings nie; direkte gelding het hoogs onwenslike gevolge, waarvan die belangrikste blykbaar is dat die private outonomie van die individu aangetas word.

145

voorwaar billikheid wat hier geopenbaar is teenoor Hugo, waar hy op die Handves

van Menseregte gesteun het?

Respek, vryheid en waardigheid is waardes wat ʼn mens toekom. Indien dit in ʼn

gemeenskap nagekom word, sal dit daartoe lei dat die waardesisteem sal verbeter

en bydra tot ʼn sterk demokratiese bestel. Die beskerming van hierdie waardes,

veral waar die individu teenoor die staat in ʼn verhouding te staan kom, moet met die

grootste omsigtigheid deur die Konstitusionele Hof beskerm word. In die SARFUsaak

is die appèl nie eens teëgestaan deur SARFU nie, aangesien beswaar

aangeteken is teen die samestelling van die regbank, 307 met ander woorde, daar

was nie veel vertroue in die Konstitusionele Hof om die saak te bereg nie.

Dit is ontstellend dat, hoewel prerogatiewe magte ingevolge die Grondwet

hersienbaar is, die remedie feitlik onprakties is.

307 Sien in besonder die bespreking van minagting van die hof deur Woolman 2000:352.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!