Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

he would possess where the source of the power is statutory. In either case the act in question is the act of the executive.” 129 In dieselfde hofsaak gaan regter Diplock verder voort en verskaf die volgende redes vir die feit dat uitvoerende optrede onderhewig moet wees aan judisiële hersiening. Hierdie redes is soos volg - 1. Onregmatigheid (Illegality) 2. Onredelikheid (Irrationality) 3. Prosedurele onbillikheid (Procedural Unfairness) ʼn Oorsig van bogemelde gesag toon duidelik aan dat al die gronde van hersiening wel van toepassing is op prerogatiewe magte. Indien die wetgewer wel enige bedoeling gehad het om prerogatiewe funksies en bevoegdhede uitsluitlik aan die oppergesag toe te vertrou, sonder dat die uitvoering van die funksies en bevoegdhede onderhewig sal wees aan hersiening deur die howe, is dit nie as sodanig in die Grondwet vervat nie. Die teendeel is egter waar, aangesien dit ingevolge Artikel 84 statutêr uitgespel word. Die administratiewe-geregtigheidsklousule, vervat in Artikel 33, vind wel toepassing op bogemelde prerogatiewe funksies en bevoegdhede, wanneer gekyk word na Artikel 8(1), wat bepaal dat die Handves van Menseregte van toepassing is op die totale reg. Dit bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane. In die SARFU-saak het die hof ʼn gulde geleentheid gehad om die hersieningsbevoegdheid van die howe aangaande die oppergesag se prerogatiewe regte onder die oë te neem. Die hof het egter ʼn analise van die magte van die president gemaak, veral die vergelyking van die historiese ontwikkeling en die statutêre magte wat tans in die Grondwet vervat word. Dit is verder te betwyfel of daar nog prerogatiewe is wat nie in die Grondwet vervat is nie. Indien daar tog nog sulke prerogatiewe is, is dit vatbaar vir hersiening? In die hofuitspraak in President of the Republic of South Africa v Hugo282 is dit duidelik gestel dat die Suid-Afrikaanse President nie meer oor magte, afgelei vanaf die ”Royal Prerogative”, beskik as wat daar aan hom verleen word in Artikel 82(1) van die Interim- Grondwet nie. Artikel 82(1) van die Interim-Grondwet is intussen vervang deur Artikel 84 van die Finale-Grondwet. 282 1997(4) SA 1 (CC).

130 Wat is die siening van ons skrywers oor die aspek van geregtelike kontrole oor die prerogatiewe van die president? Devenish en andere is van mening dat dit duidelik is dat die Grondwet nie die argaïese prerogatiewe magte bewaar het nie en dat daar geredeneer kan word dat die konsep van prerogatiewe onversoenbaar is met die Finale-Grondwet. 283 Rautenbach en Malherbe verklaar weer dat prerogatiewe, soos vervat in Artikel 84(2), nou statutêre magte geword, wat wel onderhewig is aan geregtelike hersiening. 284 Die skrywers is egter van mening dat die President, as oppergesag, vanweë sy amp geen magte beklee nie. Hy is hoof van die staat, hoof van die nasionale uitvoerende gesag en hoofbevelvoerder van verdediging. Die skrywers is egter van mening dat al sy magte vanaf die Grondwet of nasionale wetgewing, wat versoenbaar is met die Grondwet, verkry is. Barrie sê die volgende 285 : “It must be kept in mind, however, that certain powers vested in the head of state (in practice, the head of state acting as part of the executive) by virtue of the common law. Some of these powers were referred to as ‘acts of state’. 286 In general, acts of state were seen as non-justifiable acts of a high executive nature. 287 One such act of state was the prerogative relating to foreign affairs.” Hy vra tereg sekere vrae oor hierdie staatsprerogatief : “(1) The question arises of whether this prerogative referred to as the ‘act of state relating to the conduct of foreign affairs’ does not still exist in South Africa? (2) The second question which arises is whether the exercise of this prerogative is justifiable, and if so, to what degree?” Wat die eerste vraag aanbetref, kan dit bevestig word dat daar wel so ʼn prerogatief bestaan. Rakende Vraag 2, laat Barrie homself soos volg uit : “I cannot see this judicial reviewability going any further than as stated above, viz determining whether the prerogative power exists, whether it has been exercised, in the appropriate form, whether it was exercised within its limits etc. I do not see the court, when it comes to judicially reviewing the prerogative of acts of state relating to foreign relations, being component to examine the disability, appropriateness, 283 Devenish et al, 2001:53. 284 Rautenbach en Malherbe, 1999:212. 285 Barrie, 2001:410. 286 Carpenter, 1987:172. 287 Beckman v Minister of the Interior 1962(2) SA 223 (E), Bam v Minister of Justice 1976(4) SA 643 (TK); Inter-Science Research and Development Services (Pty) Limited v Republica Popular de Mocambique 1980(2) SA 111 (T); Booysen 1980:225; Dugard 2000:67.

he would possess where the source of the power is statutory. In either case the act in

question is the act of the executive.”

129

In dieselfde hofsaak gaan regter Diplock verder voort en verskaf die volgende redes vir die

feit dat uitvoerende optrede onderhewig moet wees aan judisiële hersiening. Hierdie redes

is soos volg -

1. Onregmatigheid (Illegality)

2. Onredelikheid (Irrationality)

3. Prosedurele onbillikheid (Procedural Unfairness)

ʼn Oorsig van bogemelde gesag toon duidelik aan dat al die gronde van hersiening wel van

toepassing is op prerogatiewe magte.

Indien die wetgewer wel enige bedoeling gehad het om prerogatiewe funksies en

bevoegdhede uitsluitlik aan die oppergesag toe te vertrou, sonder dat die uitvoering van

die funksies en bevoegdhede onderhewig sal wees aan hersiening deur die howe, is dit nie

as sodanig in die Grondwet vervat nie. Die teendeel is egter waar, aangesien dit ingevolge

Artikel 84 statutêr uitgespel word.

Die administratiewe-geregtigheidsklousule, vervat in Artikel 33, vind wel toepassing op

bogemelde prerogatiewe funksies en bevoegdhede, wanneer gekyk word na Artikel 8(1),

wat bepaal dat die Handves van Menseregte van toepassing is op die totale reg. Dit bind

die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.

In die SARFU-saak het die hof ʼn gulde geleentheid gehad om die hersieningsbevoegdheid

van die howe aangaande die oppergesag se prerogatiewe regte onder die oë te neem.

Die hof het egter ʼn analise van die magte van die president gemaak, veral die vergelyking

van die historiese ontwikkeling en die statutêre magte wat tans in die Grondwet vervat

word.

Dit is verder te betwyfel of daar nog prerogatiewe is wat nie in die Grondwet vervat is nie.

Indien daar tog nog sulke prerogatiewe is, is dit vatbaar vir hersiening?

In die hofuitspraak in President of the Republic of South Africa v Hugo282 is dit duidelik

gestel dat die Suid-Afrikaanse President nie meer oor magte, afgelei vanaf die ”Royal

Prerogative”, beskik as wat daar aan hom verleen word in Artikel 82(1) van die Interim-

Grondwet nie. Artikel 82(1) van die Interim-Grondwet is intussen vervang deur Artikel 84

van die Finale-Grondwet.

282 1997(4) SA 1 (CC).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!