Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

127 geestesongesteldheid. Die howe kon ook die bevoegdheid hê om die nakoming van konvensies en dan veral van konvensies wat in die Grondwet vervat is, teen die Staatspresident af te dwing. Alhoewel ʼn duidelike verpligting teen die Staatspresident afgedwing sou kon word, is die houding ingeneem dat die Staatspresident se politieke diskresie weens die politieke geaardheid daarvan, nie deur die howe hersienbaar sou wees nie. Volgens die 1983-Grondwet het die howe, wat betref die uitoefening van die prerogatiewe mag deur die Staatspresident, slegs die bevoegdheid gehad om die omvang van die Staatspresident se diskresie te bepaal, maar nie die manier waarop dit uitgeoefen word nie. Hierdie toedrag van sake was veral te wyte aan die feit dat die staatshoof se funksievervulling onder die 1983-Grondwet in baie gevalle teruggevoer kan word na die gemeenregtelike prerogatiewe. Gedurende die 1980’s het die Staatspresident veral van tyd tot tyd ʼn noodtoestand afgekondig, wat soms tot groot omstredenheid gelei het. Die Finale-Grondwet bepaal in Artikel 37 die vereistes vir die afkondiging van ʼn noodtoestand. Dit mag nou slegs ingevolge ʼn parlementswet verklaar word en slegs wanneer - (a) die voortbestaan van die nasie deur oorlog, ʼn inval, algemene oproer, wanorde, ʼn natuurramp of ʼn ander openbare noodgeval bedreig word, en (b) die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel. Die immuniteit rakende administratiewe regskontrole ten opsigte van die uitoefening van die funksies van die staatshoof, het sy ontstaan te wyte aan die aard van die magte en funksies eerder as dat dit deur die Staatspresident uitgeoefen word. De Ville279 is die mening toegedaan dat daar wel grense is rakende die President se bevoegdhede, veral soos in die artikels hierbo vervat. Waar die Grondwet sekere prosedurele vereistes stel, moet dit streng nagekom word. Waar hierdie vereistes nie streng nagekom word nie, sal ʼn benadeelde weldra die bevoegdheid hê om die administratiewe uitvoerende owerheid tot verantwoording te roep. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is toe die Staatspresident die adjunk minister Winnie Mandela van haar pos onthef het, sonder dat die nodige prosedurele vereistes nagekom is. Die optrede het geskied sonder konsultasie met sekere politieke figure. Toe die onreëlmatigheid aan die lig gebring is, is die ontslag van die adjunk minister tersyde gestel. Voordat die fout herstel is, het sy egter self besluit om te bedank. Kan daar egter nog vandag beweer word dat die prerogatiewe wat aan die Staatspresident verleen is, veral met verwysing na die verlede, nog steeds van toepassing is? Kan dit 279 De Ville, 1995:264.

128 getoets word aan die hand van die administratiewe geregtigheidsklousule soos vervat in Artikel 33 van die Grondwet? “Royal Prerogative” soos dit in die verlede, veral in Engeland, bestaan het, is egter tans ʼn uitgediende konsep, wat veral die Suid-Afrikaanse Reg betref. Dit is grootliks te wyte aan die nuwe Grondwet en veral die daarstelling van Artikels 83 en 84, gelees saam met Artikel 33. Die volgende staaf hierdie stelling. In die Patriotic Front-saak280 (ʼn Zimbabwiese saak) maak Hoofregter Dumbutshena die volgende bewering : “In my view, the arbitrary exercise by the executive of a prerogative, regardless of its effects on those who may be deprived of their rights or interests or who have legitimate expectations, is nowadays subject to judicial review.” Die regter verskaf veral redes vir die judisiële inbreukmaking op die prerogatiewe magte. In die verskaffing van die redes noem die regter die volgende waardevolle komponente, wat veral beïnvloed word deur administratiewe optrede, te wete die individu se regte, belange en regmatige verwagtinge. Die hof het duidelik daarop gewys dat uitoefening van prerogatiewe magte wel onderhewig is aan judisiële kontrole en hersiening, veral waar daar bewys is dat die uitoefening van hierdie prerogatiewe magte op ʼn onbillike wyse ʼn persoon weerhou het van sy regte, belange of regmatige verwagtinge. Die regter is van mening dat die audi alteram partem-reël wel in die saak van toepassing was. Na aanleiding van hierdie saak, is dit duidelik dat prerogatiewe magte op dieselfde vlak geplaas word as statutêre magte. In die Boesak-saak 281 benadruk regter Friedman dié stelling, as hy die volgende te sê het : “... if the decision-maker (being the executive) failed to apply his mind to the question when he was called upon to decide, that would constitute a ground for review. Similarly, if his decision was so grossly unreasonable that it warranted ... inference of mala fides or of an ulterior motive or that no reasonable person could, in the circumstances, have arrived at such a decision, the court would review the decision and set it aside.” Lord Roskill maak die volgende opmerking in die Council of Civil Service Union-saak : “... I am unable to see, subject to what I shall say later, that there is any logical reason why the fact that the source of the power is the prerogative and not a statute should today deprive the citizen of that right of challenge to the manner of its exercise which 280 Patriotic Front - ZAPU v Minister of Justice, Legal and Parliamentary Affairs 1986(1) SA 532 (ZS); Council of Civil Service Unions v Minister for the Civil Service 1984(3) ALL ER 935(HL), SARFU v The President of the Republic of South Africa 1998(10) BCLR 1256 (T); Boesak v Minister Home Affairs and Another 1987(3) SA 665 (CPD). 281 1987(3) SA 665 (CPD) by 674.

127

geestesongesteldheid. Die howe kon ook die bevoegdheid hê om die nakoming van

konvensies en dan veral van konvensies wat in die Grondwet vervat is, teen die

Staatspresident af te dwing. Alhoewel ʼn duidelike verpligting teen die Staatspresident

afgedwing sou kon word, is die houding ingeneem dat die Staatspresident se politieke

diskresie weens die politieke geaardheid daarvan, nie deur die howe hersienbaar sou

wees nie.

Volgens die 1983-Grondwet het die howe, wat betref die uitoefening van die prerogatiewe

mag deur die Staatspresident, slegs die bevoegdheid gehad om die omvang van die

Staatspresident se diskresie te bepaal, maar nie die manier waarop dit uitgeoefen word

nie. Hierdie toedrag van sake was veral te wyte aan die feit dat die staatshoof se

funksievervulling onder die 1983-Grondwet in baie gevalle teruggevoer kan word na die

gemeenregtelike prerogatiewe.

Gedurende die 1980’s het die Staatspresident veral van tyd tot tyd ʼn noodtoestand

afgekondig, wat soms tot groot omstredenheid gelei het. Die Finale-Grondwet bepaal in

Artikel 37 die vereistes vir die afkondiging van ʼn noodtoestand. Dit mag nou slegs

ingevolge ʼn parlementswet verklaar word en slegs wanneer -

(a) die voortbestaan van die nasie deur oorlog, ʼn inval, algemene oproer, wanorde, ʼn

natuurramp of ʼn ander openbare noodgeval bedreig word, en

(b) die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel.

Die immuniteit rakende administratiewe regskontrole ten opsigte van die uitoefening van

die funksies van die staatshoof, het sy ontstaan te wyte aan die aard van die magte en

funksies eerder as dat dit deur die Staatspresident uitgeoefen word.

De Ville279 is die mening toegedaan dat daar wel grense is rakende die President se

bevoegdhede, veral soos in die artikels hierbo vervat. Waar die Grondwet sekere

prosedurele vereistes stel, moet dit streng nagekom word. Waar hierdie vereistes nie

streng nagekom word nie, sal ʼn benadeelde weldra die bevoegdheid hê om die

administratiewe uitvoerende owerheid tot verantwoording te roep.

ʼn Goeie voorbeeld hiervan is toe die Staatspresident die adjunk minister Winnie Mandela

van haar pos onthef het, sonder dat die nodige prosedurele vereistes nagekom is. Die

optrede het geskied sonder konsultasie met sekere politieke figure. Toe die

onreëlmatigheid aan die lig gebring is, is die ontslag van die adjunk minister tersyde gestel.

Voordat die fout herstel is, het sy egter self besluit om te bedank.

Kan daar egter nog vandag beweer word dat die prerogatiewe wat aan die Staatspresident

verleen is, veral met verwysing na die verlede, nog steeds van toepassing is? Kan dit

279 De Ville, 1995:264.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!