Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
“Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek, enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligting daardeur opgelê, moet nagekom word.” 125 In Hoofstuk 5, wat handel oor die President en Nasionale Uitvoerende Gesag, word die volgende rakende die President in Artikel 83 bepaal : “Die President - (a) is die Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag; (b) moet die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig en eerbiedig; en (c) bevorder die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat vooruitgaan.” Dit is derhalwe duidelik dat die Staatspresident in die uitvoering van sy ampspligte ondergeskik is aan die Grondwet. Die Suid-Afrikaanse staatsdiens en sy amptenare funksioneer hoofsaaklik in ʼn politieke omgewing. Die toepassing van die gedagte van ʼn grondwetlike staat of “rule of law” wat in die Interim- en Finale-Grondwette tot stand gekom het, is ʼn wesentlike aanvaarding dat politieke oppergesag nou in die Grondwet gesetel is. Hierdie feit is van allergrootste belang, aangesien dit aansluit by die invloed wat die Interim- en Finale-Grondwette op die funksies en strukture van die Suid-Afrikaanse staatsadministrasie het. Die feit dat die Grondwet ʼn produk van ʼn besondere politieke konteks was en steeds is, moet egter altyd in gedagte gehou word. Kragtens die 1983-Grondwet het die wetgewende instellings soos die parlement op sentrale regeringsvlak die oppergesag oor die funksionele aktiwiteite van elke politieke ampsdraer, naamlik die Staatspresident, ministers en staatsamptenare in die regeringsbedeling tot gevolg gehad. Een van die eerste uitvloeisels van die Interim- en Finale-Grondwette was dat wetgewende instellings op nasionale en provinsiale vlakke, soos tans omvat in die parlement en die nasionale vergadering, aan die oppergesag van die Grondwet ondergeskik is. Funksionele aktiwiteite van alle publieke ampsdraers, naamlik die president, premiers, ministers en publieke amptenare in die regeringsbedeling word deur die Grondwet bepaal. Uitvoerende organe, wat met die implementering van nasionale beleid gemoeid is, vorm ʼn integrale deel van die politieke struktuur en funksies in ʼn politieke omgewing. Dit word dus van staatsamptenare verwag om sensitief teenoor die politiek te staan, sonder om polities partydig te wees. Politieke oppergesag bestaan steeds in dié sin dat uitvoerende organe teenoor wetgewende organe aanspreeklik is. Dit beteken dat demokratiese beginsels en die vereiste van publieke aanspreeklikheid steeds in aanmerking geneem moet word in die optrede van openbare amptenare. Die oppergesag van die Grondwet beteken dus dat
126 wetgewende organe ingelyks teenoor die Grondwet aanspreeklik is. Wetgewers is kragtens demokratiese beginsels tot diens van die gemeenskap en is dus ook steeds teenoor die onderdane van die land aanspreeklik. Dit is duidelik dat die Grondwet gewis die hoogste gesag in die land is. Dit gee mag aan ʼn wetgewende gesag wat wette kan maak, onderhewig aan die voorskrifte van die Grondwet, wat gesaghebbend deur die howe uitgelê word. Die parlement, soos gemanifesteer in die nasionale vergadering en die senaat, is die gesaghebbende bepaler van die waardes en standaarde, waarkragtens die openbare administrasie moet funksioneer. Grondwetlike oppergesag (die Grondwet) is as ʼn basis vir alle regeringsoptrede beskikbaar. Die grondwet voorsien riglyne vir die optrede van openbare amptenare. Die Staatspresident, as staatshoof, is egter ook ʼn amptenaar in die uitvoering van sy grondwetlike pligte. Artikel 84 van die Grondwet bepaal die bevoegdhede en funksies van die President. Hierdie funksies en bevoegdhede word aan die President verleen vanweë sy ampshoedanigheid en as hoof van die nasionale uitvoerende gesag. Artikel 85 verleen weer sekere funksies en bevoegdhede vanweë die uitvoerende gesag wat hy beklee. Dit is belangrik om te vermeld dat hierdie funksies en bevoegdhede nie uitsluitlik deur die President uitgeoefen word nie, maar wel saam met ander lede van die Parlement. 278 Die Staatspresident is in die uitvoering van sy bevoegdhede en funksies sekerlik ondergeskik aan die Grondwet. Artikel 83(b) is duidelik hieroor : “die Staatspresident moet die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig en eerbiedig ....” Met die daarstelling van die Grondwet wil dit nou blyk dat die Staatspresident in die uitvoering van sy bevoegdhede en funksies deur die howe tot verantwoording geroep sal kan word. Sekere prerogatiewe kom die Staatspresident nog steeds toe, maar dit kan nou getoets word aan die hand van die administratiewe geregtigheidsbeginsel, soos vervat in Artikel 33 van die Grondwet. Hierdie nuwe bepalings om veral administratiewe geregtigheid op die voorgrond te plaas, is ʼn radikale breuk met die verlede. Wat die 1983-Grondwet aanbetref, was die groot vraag natuurlik in hoeverre ʼn geregshof die bevoegdheid sou hê om die Grondwet se verpligtinge teen die Staatspresident te kon afdwing. ʼn Hof kon die Staatspresident van sy amp onthef, indien hy onderhewig sou raak aan sekere diskwalifikasies in die Grondwet genoem, byvoorbeeld insolvensie of 278 Hierdie funksies behels die volgende : (a) Om nasionale wetgewing uit te voer, behalwe waar die Grondwet of ʼn parlementswet anders bepaal; (b) Om nasionale beleid te ontwikkel en uit te voer; (c) Om funksies van staatsdepartemente en -administrasies te koördineer; (d) Om wetgewing op te stel en te inisieer; en (e) enige ander uitvoerende funksie waarvoor in die Grondwet of in nasionale wetgewing voorsiening gemaak word. te verrig.
- Page 85 and 86: English Dictionary lists seven majo
- Page 87 and 88: onredelik genoeg was om op gronde v
- Page 89 and 90: esondere verdeeldheid tot gevolg ge
- Page 91 and 92: gestel kan word. 180 Alhoewel ons r
- Page 93 and 94: 190 Soos aangehaal deur Barrie, 198
- Page 95 and 96: 194 Wiechers, 1967:325. 195 Chaskal
- Page 97 and 98: 197 Sien Wiechers, 1984:330. onder
- Page 99 and 100: en The issue is whether we can reta
- Page 101 and 102: 206 Wiechers, 1993: 262. Daar kan m
- Page 103 and 104: Afdeling D Hoofstuk 1 ADMINISTRATIE
- Page 105 and 106: sedert die Tweede Wêreldoorlog wel
- Page 107 and 108: 212 Boulle et al, 1989:174. 213 196
- Page 109 and 110: largely the creation of administrat
- Page 111 and 112: 100 omdat die hersieningsbevoegdhei
- Page 113 and 114: 102 wees. Indien dit nie die geval
- Page 115 and 116: 238 Govender, 1993:179. and maintai
- Page 117 and 118: 106 Bophuthatswana-howe krag en bet
- Page 119 and 120: 251 Nichol en Bell, 1997:6. assembl
- Page 121 and 122: not to avoid the influence of one
- Page 123 and 124: 112 Die huidige Finale-Grondwet bes
- Page 125 and 126: “Volgens my mening kan die admini
- Page 127 and 128: 116 administratiewe geregtigheid te
- Page 129 and 130: 118 openbare aksie binne ʼn bepaald
- Page 131 and 132: 120 Administratiewe Geregtigheid sa
- Page 133 and 134: of haar regte of belange raak, tens
- Page 135: “... is the power which under the
- Page 139 and 140: 128 getoets word aan die hand van d
- Page 141 and 142: 130 Wat is die siening van ons skry
- Page 143 and 144: 132 self die kommissie aan te stel
- Page 145 and 146: 292 2002(1) SA 204 (CPD) by 6. “N
- Page 147 and 148: 136 Kaap te vermoor. Dit het tot ʼn
- Page 149 and 150: Stawing hiervoor word in sy gevolgt
- Page 151 and 152: 140 Die billikheidsgevoel dui aan d
- Page 153 and 154: 142 funksies en bevoegdhede wat aan
- Page 155 and 156: The President’s conduct is constr
- Page 157 and 158: Hoofstuk 4 DIE IMPAK VAN DIE PUBLIE
- Page 159 and 160: That you need me? If, it’s a thri
- Page 161 and 162: 150 vind dan ook direkte toepassing
- Page 163 and 164: 152 alle reg, is dit ook van toepas
- Page 165 and 166: 154 Die grootste probleem rakende h
- Page 167 and 168: 156 Dit is duidelik dat die aandste
- Page 169 and 170: 158 owerheidsorgaan benadeel is nie
- Page 171 and 172: 160 maar slegs gevind word in die o
- Page 173 and 174: 162 waar dit die ongebonde uitoefen
- Page 175 and 176: 164 (c) Die feit dat die tenderraad
- Page 177 and 178: 166 kontrakteer, in die onbenydensw
- Page 179 and 180: 371 2004 EWHC 472 by 25(100). 372 2
- Page 181 and 182: 170 Die verweerder moes die geleent
- Page 183 and 184: 172 kan word om die uitvoering en n
- Page 185 and 186: 174 Daar is ʼn groot verskil tussen
126

wetgewende organe ingelyks teenoor die Grondwet aanspreeklik is. Wetgewers is

kragtens demokratiese beginsels tot diens van die gemeenskap en is dus ook steeds

teenoor die onderdane van die land aanspreeklik.

Dit is duidelik dat die Grondwet gewis die hoogste gesag in die land is. Dit gee mag aan ʼn

wetgewende gesag wat wette kan maak, onderhewig aan die voorskrifte van die Grondwet,

wat gesaghebbend deur die howe uitgelê word. Die parlement, soos gemanifesteer in die

nasionale vergadering en die senaat, is die gesaghebbende bepaler van die waardes en

standaarde, waarkragtens die openbare administrasie moet funksioneer. Grondwetlike

oppergesag (die Grondwet) is as ʼn basis vir alle regeringsoptrede beskikbaar. Die

grondwet voorsien riglyne vir die optrede van openbare amptenare.

Die Staatspresident, as staatshoof, is egter ook ʼn amptenaar in die uitvoering van sy

grondwetlike pligte. Artikel 84 van die Grondwet bepaal die bevoegdhede en funksies van

die President. Hierdie funksies en bevoegdhede word aan die President verleen vanweë

sy ampshoedanigheid en as hoof van die nasionale uitvoerende gesag. Artikel 85 verleen

weer sekere funksies en bevoegdhede vanweë die uitvoerende gesag wat hy beklee. Dit

is belangrik om te vermeld dat hierdie funksies en bevoegdhede nie uitsluitlik deur die

President uitgeoefen word nie, maar wel saam met ander lede van die Parlement. 278

Die Staatspresident is in die uitvoering van sy bevoegdhede en funksies sekerlik

ondergeskik aan die Grondwet. Artikel 83(b) is duidelik hieroor : “die Staatspresident moet

die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig en eerbiedig ....”

Met die daarstelling van die Grondwet wil dit nou blyk dat die Staatspresident in die

uitvoering van sy bevoegdhede en funksies deur die howe tot verantwoording geroep sal

kan word. Sekere prerogatiewe kom die Staatspresident nog steeds toe, maar dit kan nou

getoets word aan die hand van die administratiewe geregtigheidsbeginsel, soos vervat in

Artikel 33 van die Grondwet.

Hierdie nuwe bepalings om veral administratiewe geregtigheid op die voorgrond te plaas,

is ʼn radikale breuk met die verlede.

Wat die 1983-Grondwet aanbetref, was die groot vraag natuurlik in hoeverre ʼn geregshof

die bevoegdheid sou hê om die Grondwet se verpligtinge teen die Staatspresident te kon

afdwing.

ʼn Hof kon die Staatspresident van sy amp onthef, indien hy onderhewig sou raak aan

sekere diskwalifikasies in die Grondwet genoem, byvoorbeeld insolvensie of

278 Hierdie funksies behels die volgende :

(a) Om nasionale wetgewing uit te voer, behalwe waar die Grondwet of ʼn parlementswet anders bepaal;

(b) Om nasionale beleid te ontwikkel en uit te voer;

(c) Om funksies van staatsdepartemente en -administrasies te koördineer;

(d) Om wetgewing op te stel en te inisieer; en

(e) enige ander uitvoerende funksie waarvoor in die Grondwet of in nasionale wetgewing voorsiening gemaak word. te verrig.