02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek, enige regsvoorskrif of

optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligting daardeur opgelê,

moet nagekom word.”

125

In Hoofstuk 5, wat handel oor die President en Nasionale Uitvoerende Gesag, word die

volgende rakende die President in Artikel 83 bepaal :

“Die President -

(a) is die Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag;

(b) moet die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig

en eerbiedig; en

(c) bevorder die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat

vooruitgaan.”

Dit is derhalwe duidelik dat die Staatspresident in die uitvoering van sy ampspligte

ondergeskik is aan die Grondwet.

Die Suid-Afrikaanse staatsdiens en sy amptenare funksioneer hoofsaaklik in ʼn politieke

omgewing. Die toepassing van die gedagte van ʼn grondwetlike staat of “rule of law” wat in

die Interim- en Finale-Grondwette tot stand gekom het, is ʼn wesentlike aanvaarding dat

politieke oppergesag nou in die Grondwet gesetel is. Hierdie feit is van allergrootste

belang, aangesien dit aansluit by die invloed wat die Interim- en Finale-Grondwette op die

funksies en strukture van die Suid-Afrikaanse staatsadministrasie het. Die feit dat die

Grondwet ʼn produk van ʼn besondere politieke konteks was en steeds is, moet egter altyd

in gedagte gehou word.

Kragtens die 1983-Grondwet het die wetgewende instellings soos die parlement op

sentrale regeringsvlak die oppergesag oor die funksionele aktiwiteite van elke politieke

ampsdraer, naamlik die Staatspresident, ministers en staatsamptenare in die

regeringsbedeling tot gevolg gehad. Een van die eerste uitvloeisels van die Interim- en

Finale-Grondwette was dat wetgewende instellings op nasionale en provinsiale vlakke,

soos tans omvat in die parlement en die nasionale vergadering, aan die oppergesag van

die Grondwet ondergeskik is. Funksionele aktiwiteite van alle publieke ampsdraers,

naamlik die president, premiers, ministers en publieke amptenare in die regeringsbedeling

word deur die Grondwet bepaal.

Uitvoerende organe, wat met die implementering van nasionale beleid gemoeid is, vorm ʼn

integrale deel van die politieke struktuur en funksies in ʼn politieke omgewing. Dit word dus

van staatsamptenare verwag om sensitief teenoor die politiek te staan, sonder om polities

partydig te wees. Politieke oppergesag bestaan steeds in dié sin dat uitvoerende organe

teenoor wetgewende organe aanspreeklik is. Dit beteken dat demokratiese beginsels en

die vereiste van publieke aanspreeklikheid steeds in aanmerking geneem moet word in die

optrede van openbare amptenare. Die oppergesag van die Grondwet beteken dus dat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!