Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Hoofstuk 3 ʼn KRITIESE ANALISE VAN DIE ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEIDSKLOUSULE, SOOS VERVAT IN ARTIKEL 33 VAN DIE FINALE-GRONDWET 121 Vanuit die staanspoor moet begryp word dat die administratiewe geregtigheidsklousules in sowel die Interim- en die Finale-Grondwette nie ʼn kodifikasie van die administratiefreg daarstel nie. Die klousule poog eerder om die basiese elemente van administratiewe geregtigheid in die Grondwet te vervat. Die vraag kan egter gevra word welke voordele en nadele so ʼn toevoeging dan inhou. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat dit die hoofdoel van die Grondwet is om te verseker dat die staat verantwoordbaar gehou kan word vir sy administratiewe handelinge. Rakende toerekenbaarheid huldig Corder die volgende standpunt : “Accountability can be achieved through a range of structures and can, theoretically at least, be attained through the exercise of other constitutionally guaranteed rights such as the right to equality and through the individual’s constitutional right to challenge all justifiable matters in a court of law.” 271 Soos die outeur dit duidelik stel272 , is die feit dat Suid-Afrika se Grondwet op so ʼn laat stadium geskryf is, voordelig, aangesien die relatiewe moderne kwelpunte rakende administratiewe geregtigheid by alle partye ʼn wesentlike konsensus tuisgebring het om te verseker dat die menseregte-akte wel voorwaardes bevat wat die reg op administratiewe geregtigheid waarborg. Die reg op administratiewe geregtigheid is nóú verskans in Artikel 33 van die Handves van Menseregte, wat in Hoofstuk 3 van die Finale-Grondwet, vervat is. Voordat die administratiewe geregtigheidsklousule aan die hand van die Grondwet geanaliseer kan word, moet eers gekyk word na die samestelling van die klousule. Die teks van die eerste grondwetlike verskansing van die reg op administratiewe geregtigheid in Suid-Afrika het aanvanklik soos volg gelees : "Elke persoon het die reg- (a) op regsgeldige administratiewe optrede waar enige van sy of haar regte of belange geraak of bedreig word; (b) op prosedureel billike administratiewe optrede waar enige van sy of haar regte of regmatige verwagtings geraak of bedreig word; (c) om skriftelik voorsien te word van redes vir administratiewe optrede wat enige van sy 271 Van Wyk et al, 1994:388. 272 Van Wyk et al, 1994:390.

of haar regte of belange raak, tensy die redes vir sodanige optrede openbaar gemaak is; en (d) op administratiewe optrede wat regverdigbaar is met betrekking tot die redes wat daarvoor gegee word, waar enige van sy of haar regte geraak of bedreig word.” 122 Administratiewe geregtigheid aan die hand van Artikel 24 van die Interim-Grondwet is vroeër reeds bespreek, toe dit vergelyk is met die Namibiese administratiewe geregtigheidsklousule. Regverdige administratiewe optrede word soos volg in Artikel 33 van die Finale-Grondwet uiteengesit : “(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is. (2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes. (3) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie regte gevolg te gee, en moet - (a) voorsiening maak vir die hersiening van administratiewe optrede deur ʼn hof of, waar dit gepas is, ʼn onafhanklike en onpartydige tribunaal; (b) die staat verplig om aan die regte in Subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en (c) ʼn doeltreffende administrasie bevorder.” Dit is bondiger as die Artikel 24-weergawe. Die aspek van geregverdigde verwagting word glad nie aangeraak nie en moet klaarblyklik ingelees word by Artikel 33(1) van die Finale-Grondwet. 1. ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID EN DIE STAATSREGTELIKE PREROGATIEWE 273 Wade, 1959. Daar kan sekerlik geargumenteer word dat die hoofrede vir die verskansing van administratiewe geregtigheid gebaseer was op die beginsel van billikheid. Artikel 33 van die Grondwet wou juis meebring dat, wanneer die staat sekere handelinge uitvoer, dit geskoei kan word op ʼn grondslag van billikheid. Dit wil egter voorkom asof administratiewe geregtigheid daadwerklik bots met die toepassing van prerogatiewe optrede wat aan die oppergesag of hoof van die regering verleen word. Selfs ʼn skrywer soos Dicey het gerieflikheidshalwe hierdie kontroversiële aspek van prerogatiewe beskerming vermy. Hy het nie ag geslaan op die ekstensiewe beskerming en privilegie wat die staat geniet het, toe hý geskryf het nie. Kritici soos Wade 273 , het uitgewys dat dit besonder moeilik sou wees om hierdie voordele wat die staat geniet het te kan versoen met die idee van gelykheid, selfs wanneer die behoefte aan ʼn effektiewe

Hoofstuk 3

ʼn KRITIESE ANALISE VAN DIE ADMINISTRATIEWE

GEREGTIGHEIDSKLOUSULE, SOOS VERVAT IN ARTIKEL 33 VAN

DIE FINALE-GRONDWET

121

Vanuit die staanspoor moet begryp word dat die administratiewe geregtigheidsklousules in sowel

die Interim- en die Finale-Grondwette nie ʼn kodifikasie van die administratiefreg daarstel nie. Die

klousule poog eerder om die basiese elemente van administratiewe geregtigheid in die Grondwet

te vervat. Die vraag kan egter gevra word welke voordele en nadele so ʼn toevoeging dan inhou.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat dit die hoofdoel van die Grondwet is om te verseker dat

die staat verantwoordbaar gehou kan word vir sy administratiewe handelinge.

Rakende toerekenbaarheid huldig Corder die volgende standpunt :

“Accountability can be achieved through a range of structures and can, theoretically at least,

be attained through the exercise of other constitutionally guaranteed rights such as the right

to equality and through the individual’s constitutional right to challenge all justifiable matters in

a court of law.” 271

Soos die outeur dit duidelik stel272 , is die feit dat Suid-Afrika se Grondwet op so ʼn laat stadium

geskryf is, voordelig, aangesien die relatiewe moderne kwelpunte rakende administratiewe

geregtigheid by alle partye ʼn wesentlike konsensus tuisgebring het om te verseker dat die

menseregte-akte wel voorwaardes bevat wat die reg op administratiewe geregtigheid waarborg.

Die reg op administratiewe geregtigheid is nóú verskans in Artikel 33 van die Handves van

Menseregte, wat in Hoofstuk 3 van die Finale-Grondwet, vervat is.

Voordat die administratiewe geregtigheidsklousule aan die hand van die Grondwet geanaliseer

kan word, moet eers gekyk word na die samestelling van die klousule.

Die teks van die eerste grondwetlike verskansing van die reg op administratiewe geregtigheid in

Suid-Afrika het aanvanklik soos volg gelees :

"Elke persoon het die reg-

(a) op regsgeldige administratiewe optrede waar enige van sy of haar regte of belange

geraak of bedreig word;

(b) op prosedureel billike administratiewe optrede waar enige van sy of haar regte of

regmatige verwagtings geraak of bedreig word;

(c) om skriftelik voorsien te word van redes vir administratiewe optrede wat enige van sy

271 Van Wyk et al, 1994:388.

272 Van Wyk et al, 1994:390.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!