Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

115 Konstitusionele reg hou hom besig met die skepping van ʼn regering, terwyl administratiefreg betrokke is by die administrasie van die regering. 3. ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID Hoe pas administratiewe geregtigheid in by die Grondwet en die administratiefreg? Burns laat haar soos volg uit oor die aspek van administratiewe geregtigheid : “One of the main reasons for the constitutional protection of the right to just administrative action can be traced back to the former ‘apartheid’ days when a powerful executive and administrative bureaucracy exerted a strong influence on individual lives. Legislative and administrative measures were used to implement the policy of the day and contraventions of the measures were dealt with swiftly and efficiently. The administrative justice clause serves to protect the individual from administrative abuse by ensuring that all administrative action is lawful (in that it is correctly performed) and that it adheres to certain standards of reasonableness and substantive and procedural fairness. The requirement that reasons must be provided for administrative action will go a long way towards ensuring administrative accountability, openness and transparency in government, since decisions taken by the administration which affect rights will have to be based on reasons which can be legally substantiated, or face the possibility of judicial review.” 264 Streng gesproke kry administratiewe geregtigheid sy ontstaan van die nie-judisiële komponent van die regering, veral staatsdepartemente, statutêre tribunale, rade, ens. Die begrip "administratiewe geregtigheid” is van relatiewe onlangse oorsprong in Suid- Afrika. Die 1983-Grondwet bevat ook nie ʼn klousule wat verwys na administratiewe geregtigheid nie. Hoewel daar geen direkte vermelding gemaak word van die begrip “administratiewe geregtigheid” nie, moet dit nie uit die oog verloor word nie dat ʼn sisteem van administratiewe geregtigheid wel bestaan het. Deur interne kontrolemaatreëls was dit nog altyd deel van die Suid-Afrikaanse administratiefreg. Geregtigheid is in die verlede steeds bevorder deur die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid. Boulle265 is van mening dat administratiewe geregtigheid in sowel ʼn prosedurele as ʼn substantiewe sin verstaan moet word. Prosedureel sal administratiewe geregtigheid reëls van billikheid of die nakoming van die reëls van natuurlike geregtigheid omvat (analoog aan die beginsel van "due process" in die Amerikaanse Reg). In die substantiewe sin het 264 Burns, 1999:125. 265 Boulle, 1986:136.

116 administratiewe geregtigheid te doen met die billikheid en rasionaliteit van ʼn uitslag, soos gesien volgens die persepsies van ʼn individu of die gemeenskap. 266 In ʼn artikel geskryf voor die promulgasie van die Interim-Grondwet, het Boulle die volgende definisie vir administratiewe geregtigheid daargestel : “Administrative justice denotes a system of public administration which upholds principles of fairness, reasonableness, equality, propriety and proportionality. These principles can be advanced through mechanisms of accountability and control, review and supervision, openness and consultation.” 267 Administratiewe geregtigheid word meer toeganklik gemaak vir diegene wat nadelig geraak word deur besluite van openbare liggame. Die benadeeldes het dan die geleentheid om deur finansiële vermoëns en prosedurele bekendheid en inligting, die beginsels van administratiewe geregtigheid af te dwing gedurende die besluitnemingsproses, of wanneer besluite klaar geneem is. Hierdie aspek is dan meer as die siening van administratiewe geregtigheid as blote abstrakte administratiewe norme, aangesien daar dan meer gekonsentreer word op die praktiese uitvoerbaarheid van die norme. In die breë gesien, verseker die toeganklikheid tot administratiewe geregtigheid ʼn reaktiewe, verantwoordelike en verantwoordbare sisteem van publieke administrasie. In die huidige Suid-Afrikaanse konteks moet hierdie begrip van administratiewe geregtigheid beskou word in die wyer konteks van pogings om demokratiese konstitusionalisme te verkry om sodoende ook die regsisteem te hervorm. Daar kan ook met Boulle saamgestem word dat dit wyd aanvaar word dat politieke en administratiewe prosesse, eerder as die howe, die kernpunt moet vorm om publieke administrasie meer verantwoordbaar te maak. 268 Baxter stel die beginsels van natuurlike geregtigheid gelyk aan die verpligting om billik op te tree. Hy is van oordeel dat sowel die reëls van natuurlike geregtigheid as die verpligting om billik op te tree deur prosedure beperk moet word. Die beginsels moet nie uitgebrei word na die wesentlikheid van die besluit nie, aangesien dit die begrip “billikheid” met “redelikheid” sal verwar. Die “equity”-beginsel het deur die eeue heen ʼn basis vir owerheidsoptrede daargestel. Die toepassing van die “equity”-beginsel het ook ʼn invloed op die individu gehad. Administratiefreg moet egter nie gesien word as ʼn geïsoleerde kader van die publiekreg nie. Die algemene beginsels onderliggend aan die administratiefreg word nog steeds afgelei van konstitusionele reg. 266 Boulle, 1986:137. 267 Boulle, 1993:138. 268 Boulle, 1993:139.

115

Konstitusionele reg hou hom besig met die skepping van ʼn regering, terwyl

administratiefreg betrokke is by die administrasie van die regering.

3. ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID

Hoe pas administratiewe geregtigheid in by die Grondwet en die administratiefreg?

Burns laat haar soos volg uit oor die aspek van administratiewe geregtigheid :

“One of the main reasons for the constitutional protection of the right to just

administrative action can be traced back to the former ‘apartheid’ days when a

powerful executive and administrative bureaucracy exerted a strong influence on

individual lives. Legislative and administrative measures were used to implement the

policy of the day and contraventions of the measures were dealt with swiftly and

efficiently.

The administrative justice clause serves to protect the individual from administrative

abuse by ensuring that all administrative action is lawful (in that it is correctly

performed) and that it adheres to certain standards of reasonableness and substantive

and procedural fairness. The requirement that reasons must be provided for

administrative action will go a long way towards ensuring administrative accountability,

openness and transparency in government, since decisions taken by the

administration which affect rights will have to be based on reasons which can be

legally substantiated, or face the possibility of judicial review.” 264

Streng gesproke kry administratiewe geregtigheid sy ontstaan van die nie-judisiële

komponent van die regering, veral staatsdepartemente, statutêre tribunale, rade, ens.

Die begrip "administratiewe geregtigheid” is van relatiewe onlangse oorsprong in Suid-

Afrika. Die 1983-Grondwet bevat ook nie ʼn klousule wat verwys na administratiewe

geregtigheid nie. Hoewel daar geen direkte vermelding gemaak word van die begrip

“administratiewe geregtigheid” nie, moet dit nie uit die oog verloor word nie dat ʼn sisteem

van administratiewe geregtigheid wel bestaan het. Deur interne kontrolemaatreëls was dit

nog altyd deel van die Suid-Afrikaanse administratiefreg. Geregtigheid is in die verlede

steeds bevorder deur die toepassing van die reëls van natuurlike geregtigheid.

Boulle265 is van mening dat administratiewe geregtigheid in sowel ʼn prosedurele as ʼn

substantiewe sin verstaan moet word. Prosedureel sal administratiewe geregtigheid reëls

van billikheid of die nakoming van die reëls van natuurlike geregtigheid omvat (analoog

aan die beginsel van "due process" in die Amerikaanse Reg). In die substantiewe sin het

264 Burns, 1999:125.

265 Boulle, 1986:136.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!